Sylt - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…
Sylt - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Kultuur en tradisies Wissel Kultuur en tradisies subafdeling 1.1 Seevaart 1.2 Tale 2 Vervoer 3 Verwysings 4 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Sylt 62 tale Aragonés العربية مصرى Български Brezhoneg Català Cebuano Čeština Dansk Deutsch Dolnoserbski Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Français Nordfriisk Frysk עברית Hrvatski Hornjoserbsce Magyar Հայերեն Bahasa Indonesia Interlingue Íslenska Italiano 日本語 ქართული 한국어 Ripoarisch Lietuvių Latviešu Malagasy Македонски Nedersaksies Plattdüütsch Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Polski پنجابی Português Română Русский Scots Српски / srpski Seeltersk Svenska ไทย Türkçe Українська Vèneto Tiếng Việt 吴语 მარგალური 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek Koördinate: 54°55′N 8°20′O / 54.917°N 8.333°O / 54.917; 8.333 in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Sylt Nasa-Satellietbeeld van Sylt"}'> Nasa-Satellietbeeld van Sylt Geografie Ligging Noord-Friesland, Sleeswyk-Holstein, Waddesee Koördinate 54°55′N 8°20′O / 54.917°N 8.333°O / 54.917; 8.333[[Geografiese koördinatestelsel|Koördinate]]: {{#parsoid\u0000fragment:30}}<span class=\"plainlinks nourlexpansion load-gadget\" data-gadget=\"WikiMiniAtlas\">[https://geohack.toolforge.org/geohack.php?pagename=Sylt&language=af¶ms=54_55_N_8_20_O_ <span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\"><span class=\"latitude\">54°55′N <span class=\"longitude\">8°20′O<span class=\"geo-multi-punct\"> / <span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\">54.917°N 8.333°O<span style=\"display:none\"> / <span class=\"geo\">54.917; 8.333]"}}'/> Oppervlakte 99,14 km² Hoogste punt Uwe-Düne 52,5 m Administrasie Duitsland Deelstaat Sleeswyk-Holstein Hoofstad Sylt Grootste stad Sylt (13 453) Demografie Bevolking 17 713 Bevolkingsgroepe Duitsers, Friese Sylt (Duitse uitspraak: [zʏlt], Deens: Sild, Fries: Söl) is die grootste van die Noord-Friese eilande met 'n oppervlakte van 99,14 km² en 'n bevolking van byna 17 713. Sylt, wat langs die weskus van die Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein geleë is, is die noordelikste en vierde grootste eiland van Duitsland asook sy grootste Noordsee-eiland. Dit strek oor 'n afstand van 38 kilometer in noord-suidelike rigting langs die Noordseekus. Die eiland staan bekend vir sy stranddorpe Westerland, Kampen en Wenningstedt en sy Wesstrand wat byna 40 kilometer ver strek. Sylt is aan die onstuimige Noordsee blootgestel, en ondanks die voortdurende stryd van sy bewoners teen die vloedbranders, word gedurende elke swaar stormvloed landverliese aangeteken. Die eiland word sedert 1927 deur die Hindenburgdamm met die vasteland verbind. Sylt het lank reeds tot een van die gewildste vakansiebestemmings in Duitsland ontwikkel – jaarliks bring sowat 850 000 toeriste 'n besoek aan die eiland.[1] Toerisme is dan ook die vernaamste inkomstebron vir die eilandbewoners nadat visvangs aan belangrikheid afgeneem het. Ook alle ander noemenswaardige bedrywe – oesterteelt, strandstoelvervaardiging, die bottelering van mineraalwater en kunshandewerk – is vertakkings van die toerismebedryf.[2] Kultuur en tradisies [wysig | wysig bron] Seevaart [wysig | wysig bron] 'n Strandtoneel op Sylt As kapteins en seemans het die Sylters hulle al vroeg by Nederlandse seevaarders aangesluit wat vanaf die vroeë 17de eeu kommersiële walvisvangs langs die kuste van Noorweë, Spitsbergen en Groenland beoefen het. Ander Sylters het seevaarte na verafgeleë wêreldstreke soos Afrika en Wes-Indië onderneem. Die seevaartbedryf was winsgewend, maar tegelykertyd gevaarlik. Mans wat teen Kerstyd nie weer saam met hul gesinne aan tafel kom sit het nie, sou nooit weer terugkeer nie. Sowat die helfte van alle Syltse seevaarders en vissers het met hul skepe vergaan, met ingrypende gevolge vir die bevolkingsamestelling van die eiland wat merendeels uit vroue en kinders bestaan het.[3] Geloof en bygeloof het hoogtyd gevier in só 'n kwesbare samelewing. Die fasades van baie huise is versier met 'n verskeidenheid Christelike en heidense simbole waarmee mense probeer het om bonatuurlike magte goedgesind te stem en om gevare af te weer. Tale [wysig | wysig bron] 'n Tweetalige Duits-Friese naambord op Sylt se Westerland-stasie Terwyl Hoogduits tans 'n oorheersende rol in die alledaagse lewe van Sylt speel, word Noord-Fries, Deens en Nederduits as die eiland se inheemse tale beskou. Die plaaslike Friese dialek, Sölring, vorm saam met die dialekte, wat op die buureilande Föhr en Amrum en op Helgoland gepraat word, die Noord-Friese Eilanddialekgroep wat merkbaar verskil van vastelandse Noord-Fries. Die besondere kenmerk van Sölring is die relatief groot aantal Deense leenwoorde, terwyl ook die Noord-Friese spelreëls nie op die eilanddialek toegepas word nie. As gevolg van massatoerisme, die permanente vestiging van vastelandse werknemers op Sylt en die relatief groot aantal eilandgesinne wat om finansiële redes na die vasteland verhuis, is die Noord-Friese dialekte grotendeels uit die alledaagse lewe verdring. Die aantal aktiewe dialeksprekers word op enkele honderd beraam. Die status van Fries is deur die "Wet op die Friese taal" van 2004 versterk. Intussen word die ou taal op verskillende terreine bevorder. Die wet maak voorsiening vir tweetalige Duitse en Friese straatborde en inskrifte op openbare geboue en die bevordering van Friese taalonderrig op skole en vir volwassenes. Die noorde van Sylt, die sogenaamde Listland, wat eeue lank as 'n besitting van die Deense Kroon geadministreer is, is tradisioneel Deenssprekend. Ondanks die oorheersende posisie van Duits is daar 'n Deenssprekende minderheid op Sylt wat die Deense taal en tradisies in verenigings en in skole lewendig hou. Naas 'n Deense kerkgemeente, die Vesterland Danske Kirke, is daar 'n Deensmedium-eilandskool met afdelings in Westerland en Keitum, 'n Deense crèche en 'n sentrum vir vryetydbesteding in Westerland asook 'n Deense kulturele sentrum, die List Kulturhus. Die Deense Sentraalbiblioteek in Flensburg verskaf met sy mobiele biblioteekbusse biblioteekdienste in Westerland en Keitum. In Sylt-Ost, 'n gebied met 'n landelike karakter, is Nederduits nog steeds die huistaal van baie gesinne. Vervoer [wysig | wysig bron] Die Hindenburgdamm, wat deur die Noord-Friese Waddesee loop, is Sylt se spoorverbinding met die Duitse vasteland Daar is geen regstreekse padverbinding met die vasteland nie. Motors en vragwaens word in Niebüll op treinwaens gelaai en oor die Hindenburgdamm, 'n spoorverbinding wat deur die Syltse Waddesee loop, na die eiland vervoer. Naas spesiale treine vir die vervoer van motors verbind streeks- en langafstandtreine die eiland met bestemmings op die vasteland. Sylt beskik oor drie treinstasies – Morsum, Keitum en Westerland. Die laasgenoemde dien as aansluitings- en hoofstasie. Die seeroete tussen die Deense buureiland Rømø en die seehawe in List word tot agt keer per dag deur veerbote van die redery Rømø-Sylt-Linie bedien wat passasiers en motors kan vervoer. Sylt se lughawe is 'n belangrike bestemming vir gereelde en huurvlugte. Veral gedurende die somermaande land hier daagliks vliegtuie wat toeriste uit verskeie groot stede op die Duitse vasteland regstreeks na Sylt neem. Die belangrikheid van Sylt se lughawe het sedert die 1990's merkbaar toegeneem sodat dit intussen die tweede grootste in die deelstaat Sleeswyk-Holstein volgens die aantal passasiers is (139 000 in 2015[4]). Verwysings [wysig | wysig bron] ↑ "www.sylt.de: Urlaubsmagazin Sylt 2016, bl. 6" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Junie 2016. Besoek op 27 April 2016. ↑ Elisabeth Schnurrer: Sylt · Amrum · Föhr · Helgoland · Hallig Hooge. Hersiene uitgawe. München: ADAC Verlag 2007, bl. 138 ↑ Mortimer – Das Reisemagazin: Keitum – Sylts Dorf der Kapitäne ↑ "www.destatis.de: Luftverkehr Dezember 2015. Besoek op 28 April 2016" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 November 2016. Besoek op 28 April 2016. Eksterne skakels [wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Sylt. (en) Toerisme-inligting oor Sylt op Wikivoyage (de) Amptelike webwerf l b w Waddesee-eilande Wes-Friese Eilande (Nederland) Noorderhaaks Texel Vlieland Richel Griend Engelschhoek Terschelling Robbenbank Ameland Rif Engelsmanplaat Schiermonnikoog Simonszand Rottumerplaat Rottumeroog Zuiderduin Voormalige eilande Wieringen Eierland Bosch Monnikenlangenoog Oos-Friese Eilande (Duitsland) Borkum Lütje Hörn Brauerplate Kachelotplate Memmert Juist Norderney Baltrum Langeoog Spiekeroog Wangerooge Minsener Oog Voormalige eilande Bant Buise Helgolandbaai se eilande (Duitsland) Mellum Hoher Knechtsand Neuwerk Nigehörn Scharhörn Trischen Blauort Noord-Friese Eilande (Duitsland) Nordfriesische Außensände Pellworm Amrum Föhr Sylt Uthörn Halligen Gröde Habel Hamburger Hallig Hooge Langeneß Norderoog Nordstrandischmoor Oland Süderoog Südfall Voormalige eilande Hainshallig Nordstrand Strand Deense Waddesee-eilande (Denemarke) Rømø Koresand Fanø Halligen Langli Mandø Voormalige eilande Jordsand Normdata Internasionaal VIAF WorldCat Nasionaal Duitsland Verenigde State Frankryk BnF-data Sylt (Německo<span typeof=\"mw:DisplaySpace\" id=\"mwhQ\"> : ostrov)"}]]}'>Tsjeggië Israel Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sylt&oldid=2497833" Kategorieë: Eilande in die Duitse Waddesee Sleeswyk-Holstein Versteekte kategorie: Koördinate op Wikidata Die bladsy is laas op 11 Mei 2022 om 09:35 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe Sylt 62 tale Nuwe onderwerp