New York - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruike…
New York - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Etimologie 2 Geskiedenis 3 Geografie 4 Klimaat 5 Omgewingsake 6 Kultuur Wissel Kultuur subafdeling 6.1 Sport 6.2 Kookkuns 6.3 Mode 6.4 Museums 7 Boukuns 8 Panoramabeelde 9 Verwysings 10 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe New York 261 tale Аԥсшәа Alemannisch አማርኛ Aragonés Ænglisc العربية ܐܪܡܝܐ الدارجة مصرى অসমীয়া Asturianu Авар अवधी Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Betawi Български भोजपुरी Bislama Banjar বাংলা བོད་ཡིག Brezhoneg Bosanski Basa Ugi Буряад Català Chavacano de Zamboanga 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano Chamoru کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ Чӑвашла Cymraeg Dansk Dagbanli Deutsch Zazaki Dolnoserbski डोटेली Eʋegbe Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Fulfulde Suomi Võro Na Vosa Vakaviti Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge Gagauz 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego گیلکی Avañe'ẽ 𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺 ગુજરાતી Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî Hawaiʻi עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Jaku Iban Bahasa Indonesia Interlingue Igbo Iñupiatun Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Italiano 日本語 Patois La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Taqbaylit Kabɩyɛ Kumoring Gĩkũyũ Қазақша ភាសាខ្មែរ ಕನ್ನಡ Yerwa Kanuri 한국어 Къарачай-малкъар کٲشُر Kurdî Коми Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Лезги Lingua Franca Nova Limburgs Ligure Ladin Lombard Lingála ລາວ Lietuvių Latviešu मैथिली Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол ꯃꯤꯇꯩ ꯂꯣꯟ मराठी Кырык мары Bahasa Melayu Malti Mirandés မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाली नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Nouormand Sesotho sa Leboa Diné bizaad Chi-Chewa Occitan Livvinkarjala Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Picard Deitsch Pälzisch Polski Piemontèis پنجابی پښتو Português Runa Simi Rumantsch Romani čhib Română Armãneashti Tarandíne Русский Русиньскый संस्कृतम् Саха тыла ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ Sardu Sicilianu Scots سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски Taclḥit සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Gagana Samoa Anarâškielâ Soomaaliga Shqip Српски / srpski Sranantongo SiSwati Sesotho Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Lea faka-Tonga Toki pona Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça ChiTumbuka Twi Reo tahiti Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Vepsän kel’ Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Yorùbá Vahcuengh Zeêuws ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 IsiZulu Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Abstract Wikipedia Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek Koördinate: 40°42′N 74°00′W / 40.700°N 74.000°W / 40.700; -74.000 in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Hierdie artikel handel oor die stad New York. Vir die gelyknamige deelstaat, sien gerus New York (deelstaat), en vir ander gebruike New York (dubbelsinnig). Stad New York Seël Vlag Seël van New York Vlag van New York Basiese gegewens Stigting: 1614 Land: Verenigde State Deelstaat: New York Distrikte: The Bronx New York (Manhattan) Queens Kings (Brooklyn) Richmond (Staten-eiland) Koördinate: 40°42′N 74°00′W / 40.700°N 74.000°W / 40.700; -74.000[[Geografiese koördinatestelsel|Koördinate]]: {{#parsoid\u0000fragment:2}}<span class=\"plainlinks nourlexpansion load-gadget\" data-gadget=\"WikiMiniAtlas\">[https://geohack.toolforge.org/geohack.php?pagename=New_York&language=af¶ms=40_42_N_74_00_W_ <span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\"><span class=\"latitude\">40°42′N <span class=\"longitude\">74°00′W<span class=\"geo-multi-punct\"> / <span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\">40.700°N 74.000°W<span style=\"display:none\"> / <span class=\"geo\">40.700; -74.000]"}}'/> Tydsone: UTC -5 (OST) Somertyd: UTC -4 (ODT) Ligging in die deelstaat New York Die 5 boroughs van New York: ● (1) Manhattan, ● (2) Brooklyn, ● (3) Queens, ● (4) The Bronx, ● (5) Staten-eiland Bevolking: – Metropolitaanse gebied: 8 175 133 (2010-sensus)[1] 18,7 miljoen[2] Bevolkingsdigtheid: – Metropolitaanse gebied: 10 630 inwoners / km² 824 inwoners / km² Hoogte bo seevlak: 6 m Oppervlakte: 1 213 km² waarvan 784 km² land Administrasie: 5 stadswyke Poskodes (zip codes): 10001-10292 Skakelkode: 212 Amptelike webwerf: www.nyc.gov Politiek Burgemeester: Zohran Mamdani (Demokratiese Party) Satellietbeeld New York (Engels: [nuːˈjɔɹk ˈsɪɾi], luister (hulp·inligting)) of Nieu-York, amptelik Stad New York (City of New York) en dikwels New York Stad (New York City, [nuːˈjɔɹk]) genoem, geleë in die deelstaat New York, is die stad met die grootste bevolking in die Verenigde State. Dit is ook die digsbevolkte van die groter stede in Noord-Amerika. New York het ook in die tydperk van die groot weswaartse migrasie sy status as grootste stedelike nedersetting in die VSA gehandhaaf Die stad is 'n sentrum vir internasionale handel, politiek, vermaaklikheid, en kultuur, en is een van die wêreld se groot globale stede (saam met Londen, Tokio en Parys). Die stad beskik oor 'n versameling van museums, kunsgalerye, teaters, mediaondernemings, internasionale organisasies en korporasies, en effektebeurse. Die stad is ook die tuiste van die Verenigde Nasies, tesame met al die internasionale takke wat daarmee geassosieer word. New York het 'n bevolking van 8,55 miljoen in 'n area van ongeveer 800 km². Dit is geleë in die hart van die New Yorkse Metropolitaanse Gebied, wat met 'n bevolking van ongeveer 22 miljoen een van die grootste stedelike konglomerasies ter wêreld vorm. Die stad beskik oor vyf boroughs: The Bronx, Brooklyn, Manhattan, Queens en Staten-eiland. Elkeen van hierdie boroughs, behalwe vir Staten-eiland, bevat oor 'n miljoen inwoners en sou elkeen as een van die VSA se grootste stede gesien word, indien elkeen afsonderlik in ag geneem word. New York lok groot getalle immigrante van oor die 180 lande, sowel as groot getalle migrante van dwarsoor die VSA, wat na die stad kom vir die stad se kultuur, energie, kosmopolitiese karakter, en met die hoop om 'n sukses te wees in die "Big Apple." Die stad word ook beskou as een van die veiligste groot stede in die VSA, ten spyte van sy grootte en bevolkingsdigtheid. New York dien ook as 'n reuse aandrywer van die wêreld se ekonomie – met 'n geskatte bruto metropolitaanse produk van ongeveer $500 miljard binne die stad se grense. New York is ook die tuiste van meer Fortune 500-maatskappye as enige ander plek in die VSA. As die stad 'n land op sy eie was, sou dit die 17de grootste bruto binnelandse produk in die wêreld gehad het, groter as dié van Switserland ($377 miljard) en amper gelyk aan dié van Rusland ($586 miljard). Etimologie [wysig | wysig bron] In 1664 is New York na die destydse hertog van York genoem (die latere koning Jakobus II van Engeland) genoem.[3] Jakobus se ouer broer, koning Karel II, het hom as eienaar van die voormalige gebied Nieu-Nederland benoem, insluitende die stad Nieu-Amsterdam, toe die Koninkryk van Engeland dit van Nederland oorgeneem het.[4] Geskiedenis [wysig | wysig bron] Laer Manhattan in 1660, toe dit deel uitgemaak het van Nieu-Amsterdam Die Vryheidstandbeeld in New York Boubedrywighede by die Empire State-gebou (1930) Die Wêreldhandelsentrum in Julie 2001 Toe die gebied van die huidige New York deur die eerste Europeër, die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazzano verken is,[5] is dit deur die Lenape-Indiane bewoon. 'n Nederlandse pelshandelspos, wat later Nieuw Amsterdam genoem is, het in 1614 as die eerste Europese nedersetting aan die mees suidelike punt van die skiereiland Manhattan ontstaan. Die koloniale direkteur-generaal Peter Minuit het die skiereiland in 1626 na bewering vir glaskraletjies ter waarde van 24$ van die inheemse Canarsie-stam gekoop.[6] In 1664 is die Nederlandse kolonie deur die Britte verower, en ter ere van die destydse Britse troonopvolger, die hertog van York en latere koning Jakobus II van Engeland, is die stadnaam verander in New York. Onder die Britse heerskappy het New York tot 'n belangrike handelshawe ontwikkel. In 1754 het die Columbia-universiteit, tans een van die oudste tersiêre instellings in die VSA, 'n oktrooi van koning George II as King's College in Laer Manhattan gekry. Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog was die stad die toneel van 'n reeks belangrike veldslae, wat later as die New Yorkse Veldtog bekend sou staan. Die Kontinentale Kongres het in New York vergader, en in 1789 is die eerste President van die Verenigde State, George Washington, in die Federal Hall in Wall-straat ingesweer. New York is op 13 September 1788 tot hoofstad van die Verenigde State verklaar en het tot 1790, toe Philadelphia hierdie funksie oorgeneem het, as die administratiewe sentrum gedien.[7] Gedurende die 19de eeu is die stad deur grootskaalse immigrasie, 'n visionêre ontwikkelingsplan (die Commissioner's Plan van die jaar 1811, wat die stad se straatrooster oor die hele Manhattan uitgebrei het) en die opening van die Eriekanaal in 1819, wat die Atlantiese seehawe met die groot landboumarkte van die Amerikaanse binneland verbind het, volledig verander. In 1835 het New York die Pennsilvaniese metropool Philadelphia as die grootste stad in die Verenigde State verbygesteek. Die plaaslike politiek het destyds onder die sterk invloed van Ierse immigrante gekom, terwyl welvarende koopmanne en handelaars die stigting van Central Park bevorder het – die eerste landskapstuin in 'n Amerikaanse stad, wat in 1857 geopen is. Die ontsteltenis van burgers oor die verpligte krygsdiens gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865) het aanleiding gegee tot die New Yorkse Dienspligonluste van die jaar 1863, van die ergste o…