Dier - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…
Dier - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Etimologie 2 Geskiedenis van klassifikasie 3 Eienskappe Wissel Eienskappe subafdeling 3.1 Struktuur 3.2 Voortplanting en ontwikkeling 3.3 Vermyding van inteling 3.4 Kos- en energiebronne 4 Oorsprong en fossielrekord 5 Groepe diere Wissel Groepe diere subafdeling 5.1 Diere sonder bilaterale simmetrie 5.2 Diere met bilaterale simmetrie 5.2.1 Deuterostomia en Protostomia 5.2.2 Ecdysozoa 5.2.3 Lophotrochozoa 6 Getal bestaande spesies 7 Kladogram 8 Sien ook 9 Verwysings 10 Bibliografie 11 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Dier 263 tale Аԥсшәа Acèh Адыгабзэ Alemannisch አማርኛ Aragonés Ænglisc अंगिका العربية ܐܪܡܝܐ الدارجة مصرى অসমীয়া Asturianu Atikamekw अवधी Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Batak Toba Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Betawi Български भोजपुरी Bislama Bamanankan বাংলা བོད་ཡིག Brezhoneg Bosanski Буряад Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano ᏣᎳᎩ Tsetsêhestâhese کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Kadazandusun डोटेली ཇོང་ཁ Eʋegbe Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Na Vosa Vakaviti Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Frysk Gaeilge Gagauz 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego Avañe'ẽ 𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺 ગુજરાતી Wayuunaiki Gungbe Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Interlingua Jaku Iban Bahasa Indonesia Interlingue Igbo Iñupiatun Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Italiano ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ / inuktitut 日本語 Patois La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Taqbaylit Jju Kabɩyɛ Tyap Kongo Kumoring Қазақша ಕನ್ನಡ Yerwa Kanuri 한국어 Перем коми کٲشُر Ripoarisch Kurdî Kʋsaal Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Лакку Лезги Lingua Franca Nova Limburgs Ligure Ladin Lombard Lingála ລາວ Lietuvių Latgaļu Latviešu मैथिली Basa Banyumasan Malagasy Олык марий Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол ဘာသာမန် मराठी Bahasa Melayu Malti Mirandés မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाली नेपाल भाषा Li Niha Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Nouormand Diné bizaad Occitan Oromoo ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Deitsch Polski Piemontèis پنجابی Nawat پښتو Português Runa Simi ရခိုင် Rumantsch Romani čhib Română Armãneashti Tarandíne Русский Русиньскый Ikinyarwanda संस्कृतम् Саха тыла ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ Sardu Sicilianu Scots سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски Taclḥit တႆး සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ ChiShona Soomaaliga Shqip Српски / srpski Sranantongo Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski Sakizaya தமிழ் Tayal తెలుగు Тоҷикӣ ไทย ትግርኛ Türkmençe Tagalog Tolışi Lea faka-Tonga Toki pona Tok Pisin Türkçe Xitsonga Татарча / tatarça ChiTumbuka Twi ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Tshivenda Vepsän kel’ Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray Wolof 吴语 IsiXhosa მარგალური ייִדיש Yorùbá Vahcuengh Zeêuws ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 IsiZulu Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Abstract Wikipedia Wikimedia Commons Wikispesies Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Diere Tydperk: Cryogenium – tans, 670–0 m. jaar gelede PreЄ Є O S D C P T J K Pg N Wetenskaplike klassifikasie Domein: Eukaryota (geen rang): Unikonta (geen rang): Obazoa (geen rang): Opisthokonta (geen rang): Holozoa (geen rang): Filozoa Koninkryk: Animalia Linnaeus, 1758 Onderkoninkryke Sien teks Sinonieme Metazoa Choanoblastaea Gastrobionta Zooaea Euanimalia Animalae Diere behoort tot Animalia, een van vyf (of soms ses) biologiese koninkryke. Dit word ook Metazoa genoem. Diere is oor die algemeen veelsellige, eukariotiese organismes wat ander organismes eet vir voeding. Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg. Diere bestaan reeds van die Prekambrium (PreЄ) af, maar die meeste bekende dierefilums het tydens die Kambriese ontploffing, sowat 542 miljoen jaar gelede, in die fossielrekord verskyn. Diere kan oor die algemeen in gewerweldes en ongewerweldes verdeel word. Gewerweldes het ’n ruggraat en maak minder as 5% van alle dierespesies uit. Dit sluit in visse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere. Die res is ongewerweldes; hulle het nie ’n ruggraat nie. Dit sluit in weekdiere (mossels, oesters, seekatte, pylinkvisse, slakke); geleedpotiges (insekte, spinnekoppe, skerpioene, krappe, krewe, garnale); ringwurms (erdwurms, bloedsuiers), rondewurms, platwurms, neteldiere (jellievisse, seeanemone, korale), ribkwalle en sponsdiere. Die studie van diere word dierkunde of soölogie genoem. Etimologie [wysig | wysig bron] Die naam "Animalia" kom van die Latynse animalis, wat beteken "het asem", "het ’n siel" of "lewende wese".[1] Die Afrikaanse woord "dier" sluit oor die algemeen mense uit – gewoonlik word soogdiere en ander gewerweldes bedoel. Die biologiese definisie verwys na alle lede van die koninkryk Animalia – so uiteenlopend soos sponse, jellievisse, insekte en mense.[2] Geskiedenis van klassifikasie [wysig | wysig bron] Carl Linnaeus is bekend as die vader van moderne taksonomie.[3] Aristoteles het die lewende wêreld in diere en plante verdeel, en Carl Linnaeus het die eerste hiëragiese klassifikasie ingestel.[4] In Linnaeus se oorspronklike skema was diere een van drie koninkryke, en dit is verdeel in Vermes, Insecta, Pisces, Amphibia, Aves en Mammalia. Sedertdien is die laaste vier verenig onder die filum Chordata. In 1874 het Ernst Haeckel die diereryk in twee subkoninkryke verdeel: Metazoa (meerselliges) en Protozoa (eenselliges).[5] Die Protozoa is later na die koninkryk Protista geskuif, en Metazoa word nou beskou as ’n sinoniem vir Animalia.[6] Eienskappe [wysig | wysig bron] Diere het verskeie eienskappe wat hulle van ander lewensvorme onderskei. Hulle is eukarioties en meersellig,[7] wat hulle onderskei van bakterieë en die meeste Protista-organismes. Hulle is heterotrofies (verorber ander organismes vir voeding)[8] en verteer kos gewoonlik in ’n interne kamer, wat hulle onderskei van plante en alge.[9] Hulle verskil ook van plante, alge en swamme deurdat hulle nie rigiede selwande het nie.[10] Alle diere is beweeglik,[11]al is dit net in sekere lewenstadiums. By die meeste gaan embrio's deur ’n blastulastadium[12] (’n kiemblasiestadium wanneer die embrio die vorm het van 'n sfeer waarvan die wand uit een sellaag bestaan),[13] ’n eienskap wat eie aan diere is. Struktuur [wysig | wysig bron] Met ’n paar uitsonderings, soos die sponse, het diere liggame wat uit verskillende soorte weefsel bestaan. Dit sluit in spiere, wat kan saamtrek en beweging beheer, en senuwees, wat seine stuur en verwerk. Daar is ook gewoonlik ’n interne spysverteringskamer met een of twee openinge.[14] Alle diere het eukariotiese selle, omring deur ’n kenmerkende ekstrasellulêre matriks, wat bestaan uit kollageen en elastiese glukoproteïene.[15] Dit kan verkalk wees om strukture soos skulpe, bene en sponsnaalde te vorm.[16] Tydens ontwikkeling vorm dit ’n relatief buigbare raamwerk[17] waarop selle kan rondbeweeg en reorganiseer kan word, en dit maak ingewikkelde strukture moontlik. In teenstelling hiermee het ander meersellige organismes, soos plante en swamme, selle wat op plek gehou word deur selwande, en hulle ontwikkel so deur progressiewe groei.[14] Voortplanting en ontwikkeling [wysig | wysig bron] Sommige spesies landslakke gebruik "liefdespyltjies" as ’n vorm van seksuele seleksie.[18] Byna alle diere is gewikkel in die een of ander vorm van seksuele voortplanting.[19] Hulle vervaardig haploïede gamete deur meiose. Die kleiner, beweeglike gamete is spermselle en die groter, onbeweeglike gamete is eierselle.[20] Hulle smelt saam en vorm sigote, wat in nuwe individue ontwikkel.[21] Baie diere kan ook aseksueel voortplant.[22] Dit kan geskied deur middel van partenogenese, waar bevrugte eierselle geproduseer word sonder paring, knopvorming of verdeling.[23] Manlike sjimpansees bly dikwels in die gemeenskap waarin hulle gebore word, terwyl wyfies by ander groepe aansluit. ’n Sigoot ontwikkel aanvanklik in ’n hol sfeer, wat ’n blastula genoem word;[24] dit ondergaan herrangskikking en differensiasie. In sponse swem blastulalarwes na ’n nuwe ligging en ontwikkel in ’n nuwe spons.[25] In die meeste ander groepe ondergaan die blastula ’n meer ingewikkelde herrangskikking.[26] Dit vorm eers ’n invaginasie en dan ’n gastrula met ’n spysverteringskamer en twee aparte kiemlae – ’n eksterne ektoderm en ’n interne endoderm.[27] In die meeste gevalle ontwikkel daar ook ’n mesoderm tussenin.[28] Hierdie kiemlae differensieer dan om weefsel en organe te vorm.[29] Vermyding van inteling [wysig | wysig bron] By seksuele voortplanting lei inteling (met ’n nabye familielid) gewoonlik tot ’n afname in biologiese gehalte, soos die voorkoms van ’n vroeë dood by sekere spesies.[30] Diere het verskeie maniere ontwikkel om inteling te vermy en uitkruising te bevorder.[31] Sjimpansees gebruik byvoorbeeld verspreiding om te voorkom dat nabye familielede paar;[31] individuele diere versprei na verskillende groepe en weg van die groep waarin hulle gebore is. In verskeie spesies paar wyfies met verskillende mannetjies en bring dus kleintjies voort van ’n hoër genetiese gehalte. Dit gebeur veral by wyfies wat ’n paartjie gevorm het met ’n mannetjie van swak genetiese gehalte, soos ’n nabye familielid.[32] Kos- en energiebronne [wysig | wysig bron] Diere is heterotrofies, wat beteken hulle eet ander organismes, direk of indirek.[33] Hulle word gewoonlik ook verder verdeel in groepe soos karnivore, herbivore, omnivore en parasiete.[34] Predasie is ’n biologiese interaksie waar ’n roofdier (’n heteretroof wat jag) sy prooi (die organisme wat aangeval word) eet.[35] ’n Roofdier het dalk of dalk nie sy prooi doodgemaak voordat hy dit eet, maar die daad van predasie lei gewoonlik daartoe dat die prooi doodgemaak word.[36] Die ander belangrike kosbron is dooie organiese materiaal.[37] Dit is soms moeilik om tussen dié twee voedingsvorme te onderskei – soos wanneer ’n parasiet ’n gas-organisme eet en dan sy eiers daarop lê sodat sy kleintjies die verrott…