Boston - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikers…
Boston - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Geografie 2 Klimaat 3 Sport 4 Verwysings 5 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Boston 180 tale Alemannisch አማርኛ Aragonés Ænglisc العربية ܐܪܡܝܐ مصرى Asturianu Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Žemaitėška Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български Bislama Bamanankan বাংলা བོད་ཡིག Brezhoneg Bosanski Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano Chamoru کوردی Corsu Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Dagbanli Deutsch Zazaki Dolnoserbski डोटेली Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Na Vosa Vakaviti Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Frysk Gaeilge 贛語 Gàidhlig Galego گیلکی 𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺 Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî Hawaiʻi עברית हिन्दी Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Bahasa Indonesia Interlingue Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 Jawa ქართული Taqbaylit Gĩkũyũ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 کٲشُر Kurdî Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Lingua Franca Nova Ligure Ladin Lombard Lingála ລາວ Lietuvių Latviešu Malagasy Олык марий Māori Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu Malti Mirandés မြန်မာဘာသာ مازِرونی नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Occitan Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Picard पालि Polski Piemontèis پنجابی Ποντιακά Português Runa Simi Romani čhib Română Русский संस्कृतम् Саха тыла Sardu Sicilianu Scots سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Soomaaliga Shqip Српски / srpski Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Tagalog Tolışi Toki pona Türkçe Татарча / tatarça Twi Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Vepsän kel’ Tiếng Việt Volapük Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Yorùbá Zeêuws 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Abstract Wikipedia Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek Koördinate: 42°22′N 71°03′W / 42.367°N 71.050°W / 42.367; -71.050 in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Boston Kaart Seël Vlag Land Verenigde State Deelstaat Massachusetts County Suffolk Koördinate 42°22′N 71°03′W / 42.367°N 71.050°W / 42.367; -71.050[[Geografiese koördinatestelsel|Koördinate]]: {{#parsoid\u0000fragment:2}}<span class=\"plainlinks nourlexpansion load-gadget\" data-gadget=\"WikiMiniAtlas\">[https://geohack.toolforge.org/geohack.php?pagename=Boston&language=af¶ms=42_22_N_71_03_W_ <span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\"><span class=\"latitude\">42°22′N <span class=\"longitude\">71°03′W<span class=\"geo-multi-punct\"> / <span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\">42.367°N 71.050°W<span style=\"display:none\"> / <span class=\"geo\">42.367; -71.050]"}}'/> Gestig op 17 September 1630 Geïnkorporeer op 4 Maart 1822 Oppervlakte: - Totaal 232,1 vk km - waarvan land 125,2 vk km Hoogte bo seevlak 43 m (gem.) Bevolking: - Totaal (2020) 675 647 - Bevolkingsdigtheid 5 396/vk km - Stedelik 4 382 009 - Metropolitaanse gebied 4 941 632 Tydsone UTC -5 (OST) - Somertyd UTC -4 (ODT) Klimaat - Tipe Kontinentale klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 10,7 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 2,0 / 28,0 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1090 mm Burgemeester Michelle Wu (D) Amptelike webwerf boston.gov Boston (Engels: [ˈbɒstən], luister (hulp·inligting)) is 'n stad aan die Atlantiese kus in die Verenigde State. Dit is die administratiewe sentrum en die grootste stad van sowel die deelstaat Commonwealth of Massachusetts asook die Nieu-Engeland-streek in die noordoostelike Verenigde State met 'n geskatte bevolking van 675 647 in 2020. Boston word as die ekonomiese en kulturele sentrum van Nieu-Engeland beskou en vorm ook die middelpunt van die metropolitaanse gebied van Groter Boston wat stede soos Cambridge en Quincy insluit en met 'n bevolking van 4,9 miljoen die 11de grootste demografiese sentrum van die VSA vorm. Sunset Parade tydens die Boston Navy Week in 2012 – een van die hoogtepunte van die tweehonderdjarige herdenking van die Brits-Amerikaanse Oorlog van 1812 'n Uitsig oor Back Bay en die Charlesrivier vanaf Longfellow-brug Die stad, wat in 1630 deur Engelse Puriteine van die Massachusetts Bay Company op die Shawmut-skiereiland gestig is, het in die laat 18de eeu 'n beduidende rol tydens die Amerikaanse Rewolusie gespeel. Net soos die Boston-slagting (Boston Massacre, 1770) en die Boston Teeparty (Boston Tea Party, 1773) het ook verskeie vroeë slae van die Rewolusionêre Oorlog soos die Slag van Bunker Hill en die Beleg van Boston hier en in die nabye omgewing plaasgevind. In die tydperk tussen 1830 en 1865 was Boston die sentrum van die Amerikaanse anti-slawerny-beweging. Ná die Amerikaanse onafhanklikheid het Boston tot 'n belangrike handelshawe en nywerheidsentrum ontwikkel. Boston het op verskeie terreine die voortou geneem en was byvoorbeeld die eerste Amerikaanse stad met 'n openbare skool (die Boston Latin School in 1635), 'n kollege (Harvard College in 1636 in die buurstad Cambridge) en 'n moltreinstelsel. Vanaf die 19de eeu het Boston as 'n sentrum van kunste en geleerdheid gefloreer wat aan die stad die bynaam "Athene van Amerika" besorg het. 'n Verskeidenheid museums, biblioteke en simfonie-orkeste is in dié tyd gestig wat steeds 'n sentrale rol in Boston se kulturele lewe speel en aangevul word deur 'n lewendige moderne musiek- en kunsbedryf. Invloedryke akademiese instellings verseker dat Boston se leefstyl eerder deur innovatiewe kuns en argitektuur as deur geld of politiek gedryf word.[1] Die stad se ryk historiese en kulturele erfenis lok jaarliks meer as 16 miljoen toeriste. Danksy landaanwinningsprojekte en die inlywing van aangrensende nedersettings het Boston buite die skiereiland uitgebrei. Met sy talle kolleges en universiteite in die stads- en aangrensende gebiede is Boston vandag 'n sentrum vir hoër onderwys en gesondheidssorg. Die plaaslike ekonomie steun op navorsing, finansiële dienste en tegnologie (waaronder veral biotegnologie). As gevolg van sy opknappingsprogram het Boston talle stadsbuurte gerestoureer, maar tegelykertyd tot 'n stad met relatief hoë lewenskoste ontwikkel – veral nadat die beperking van huurvlakke deur owerheidsliggame in die 1990's gestaak is. Baie mense meen die stad is minder raserig en meer ontspanne as ander Amerikaanse stede. Dit is bekend vir sy mooi ou baksteengeboue (Boston brownstones). In en om Boston is daar vele beroemde universiteite en kolleges, onder meer Harvard en die Massachusetts Institute of Technology (MIT).[2] Geografie [wysig | wysig bron] Die middestad van Boston in Oktober 2015 Brownstone-huise, soos dié in Back Bay, is van die mees gesogte eiendomme in Boston 'n Venesiaanse droomwêreld as kunsmuseum – Isabella Stewart Gardner Museum (binnehof) As gevolg van sy vroeë stigting beslaan die stadsgebied van Boston in vergelyking met die meeste ander Amerikaanse metropole slegs 'n relatief klein oppervlakte van 232,1 vierkante kilometer (waarvan slegs 125,4 vk km land is). Van stede met 'n vergelykbare bevolking is net San Francisco en Washington, D.C. kleiner. Volgens amptelike statistieke lê Boston – soos gemeet by die Internasionale Logan-lughawe – 5,8 meter bo seevlak. Bellevue Hill is die hoogste punt in die stadsgebied met 101 meter, terwyl die laagste punt op seevlak lê. Die topografie van Boston word deur die Charlesrivier oorheers wat in die Bostonhawe uitmond en Boston van sy buurstad Cambridge skei. Boston word deur die Groter Bostongebied omring en grens aan stede soos Winthrop, Revere, Chelsea, Everett, Somerville, Cambridge, Watertown, Newton, Brookline, Needham, Dedham, Canton, Milton en Quincy. Groot dele van plekke soos Back Bay en South End het eers ná landwinningsprojekte ontstaan – hiervoor is die hele rotsinhoud van twee van Boston se vroeëre drie heuwels (die "Trimount") gebruik, en net die kleinste van die oorspronklike heuwels, Beacon Hill, het gedeeltelik bewaar gebly aangesien net sowat die helfte van sy vroeëre hoogte vir landwinning afgegrawe is. Die stadskern en sy onmiddellike omgewing word deur laeverdieping baksteen- of klipgeboue oorheers waarvan baie ouer geboue in die sogenaamde Federal style-argitektuur ontwerp is. Verskeie van hierdie historiese geboue meng met moderne wolkekrabbers, veral in die Finansiële Distrik, die Regeringsentrum, langs die waterfront van Suid-Boston en in Back Bay wat met talle bekende bakens soos die openbare biblioteek van Boston, die Christian Science Center met die moederkerk van die Church of Christ, Scientist, Copleyplein, Newburystraat en die twee hoogste geboue van Nieu-Engeland, die John Hancocktoring en die Prudentialtoring pronk. Kleiner sakegebiede is tussen woonhuise geleë. Die historiese South End-distrik is tans die grootste Victoriaanse kwartier in die VSA wat volledig bewaar gebly het.[3] Klimaat [wysig | wysig bron] Herfskleure: Boston tydens die Indian summer Boston is 'n streek geleë waar twee weerspatrone ontmoet – lugmassas uit die gebied van die Groot Mere en Kanada aan die een en gematigde lugstromings uit die Golfstroomgebied van die Atlantiese Oseaan aan die ander kant lei tot baie wisselvallige weer. Die klimaat in die stadsgebied kan ondanks Boston se ligging as kontinentaal en vogtig geklassifiseer word. September en Oktober word deur sonnige weer en baie blou-hemeldae gekenmerk, met oggende en aande wat al koeler raak, maar warm namiddae. Warmer weer kan tot in November voorkom en staan as Indian summer bekend. Alhoewel daar in vergelyking met ander gebiede in die oostelike Verenigde State met 104 sentimeter relatief min sneeuvalle (met enkele sneeustorms) aangeteken word, kan winters in Boston nogal baie koud raak. Lentetyd kan soms kort wees voordat Boston bedompige, warm weer beleef. Die stad is daarnaas winderiger as byvoorbeeld Chicago en kry meer neerslae as Seattle.[4] Sport [wysig | wysig bron] Boston was een van die gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026. Verwysings [wysig | wysig bron] ↑ (en) Mara Vorhees: Lonely Planet Boston City Guide. 6de hersiene uitgawe. Lonely Planet 2015, bl. 5 ↑ HAT Taal-en-feit…