Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-17T14:11:35Z

Beer - Wikipedia

Beer - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…

Open original source · Full cached text

Beer - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Gedrag 2 Eetgewoontes 3 Welpies 4 Genera 5 Bronnelys 6 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Beer 198 tale Адыгабзэ Alemannisch አማርኛ Pangcah Aragonés Ænglisc अंगिका العربية ܐܪܡܝܐ مصرى অসমীয়া Asturianu Atikamekw Авар Kotava Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Batak Toba Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български Bislama বাংলা བོད་ཡིག Brezhoneg Bosanski Batak Mandailing Буряад Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano ᏣᎳᎩ Tsetsêhestâhese کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Dagbanli Deutsch Zazaki Dolnoserbski Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Frysk Gaeilge 贛語 Gàidhlig Galego ગુજરાતી Wayuunaiki Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Jaku Iban Bahasa Indonesia ГӀалгӀай Ido Íslenska Italiano ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ / inuktitut 日本語 La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Taqbaylit Адыгэбзэ Kabɩyɛ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Перем коми کٲشُر Kurdî Коми Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Лакку Лезги Lingua Franca Nova Limburgs Ladin ລາວ Lietuvių Latviešu मैथिली Мокшень Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол ꯃꯤꯇꯩ ꯂꯣꯟ मराठी Кырык мары Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Napulitano Nedersaksies नेपाली नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Diné bizaad Occitan Oromoo Ирон ਪੰਜਾਬੀ Picard Polski پنجابی پښتو Português Runa Simi Română Armãneashti Русский Саха тыла ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ Sicilianu Scots سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Slovenščina ChiShona Soomaaliga Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili தமிழ் Tayal ತುಳು తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Tagalog Toki pona Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça Тыва дыл Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt West-Vlams Winaray 吴语 Хальмг ייִדיש Vahcuengh 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikispesies Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie ''Sien teks''</center>"}},"i":0}}]}'> Beer Ursus arctos arctos Wetenskaplike klassifikasie Koninkryk: Animalia Filum: Chordata Klas: Mammalia Orde: Carnivora Suborde: Caniformia Familie: Ursidae G. Fischer de Waldheim, 1817 Genera Sien teks Bere (Ursidae) vorm 'n familie binne-in die orde van die roofdiere (Carnivora). Hulle behoort saam die hondagtiges, seeroofdiere, wasbeeragtiges en marteragtiges tot die onderorde, Caniformia. Die eerste bere was nie groot nie, maar het mettertyd ontwikkel tot groot roofdiere. Die Kodiakbeer (Ursus arctos middendorffi) en die ysbeer (Ursus maritimus) is die twee grootste landroofdiere op aarde. Die huidige bere is groot diere, met stewige, kort ledemate en klein sterte. Bere is soolgangers: wanneer hulle loop sit hulle hul hele voet neer. Wanneer bere hardloop, kan hulle vir 'n kort periode hoë snelhede bereik. Hulle is oor die algemeen omnivore, met 'n voorkeur vir plantaardige voedsel. Uitsonderings is die vegetariese reuse panda, wat uitsluitend bamboes vreet, en die karnivoriese ysbeer, wat selde plantaardige voedsel vreet en afhanklik is van 'n dieet van seehonde en vis. Pasgebore beertjies is baie klein (tot 700 g), sonder hare en hulpeloos. Gedrag [wysig | wysig bron] 'n Beer lyk op die oog af lomp en gemoedelik, maar hy is 'n gevaarlike kalant, want hy is buitengewoon behendig en daarby uiters sterk. Bere het ook die reputasie dat hulle uiters nuuskierig is en byna alle vreemde voorwerpe besnuffel en ondersoek. Behalwe dat hulle nuuskierig is, is bere egter ook nukkerige diere. As hulle in hul slaap gesteur word, sal hulle die rusverstoorder sonder meer aanval. Die snuitbeer van Indië is berug vir sy veglus. Hy is nie groot nie, maar kan ernstige wonde met sy kragtige kloue toedien. 'n Beer lyk totaal onskadelik as by rus of op sy gemak rondstap. Aangesien hy albei pote van die linker- of regterkant gelyktydig neersit of optel, lyk dit of hy aanskuifel oor die grond. Buitendien sit hy sy hele voet plat neer, wat die indruk van lompheid versterk. Maar dit is alles baie misleidend. In werklikheid kan bere flink en rats beweeg. Groterige bere kan voortvlugtende mense sonder veel moeite inhaal, en ondanks hul geweldige massa is bere goeie klimmers, veral die Maleise beer. Buitendien is hulle goeie swemmers en glad nie sku vir water nie. Die ysbeer is die kampioen-swemmer. Van alle landsoogdiere is hy die beste tuis in water. As beskerming teen die ysige koue water van die poolstreke het hy 'n kort, digte pels onder die lang, wit dekhare. Die lug wat deur die hare ingesluit word, beskerm hom teen die koue. Daarby het hy onder sy vel 'n dik vetlaag wat ook help om die koue af te weer. Ook bruinbere baljaar graag in die water. Die bruinbere van Alaska en Kamsjatka is die vistermanne onder die beerbevolking; hul lieflingsgereg is salm Bere is nie kuddediere nie, maar as alleenlopers bewaak hulle hul belange in die gebied wat hulle vir hulself toeëien. Die bere pas hulle sonder moeite by die omstandighede van hul verblyfplek aan. In bewoonde gebiede maak hulle selde bedags hul opwagting in die nabyheid van die nedersettings; hulle skakel dan heeltemal oor na 'n nagtelike leefwyse. Eetgewoontes [wysig | wysig bron] Alhoewel bere in- die reël vleisvreters is, is hul tande ook aangepas om plantevoedsel te kou. Hulle vreet alles voor die voet en is dus omnivore (dit wil sê “allesvreters"). Hul spyskaart sluit in bessies en wortels, jong blaartjies, muise, visse, groot vee en aas. Die here versmaai ook glad nie insekte nie. Hulle voorliefde vir heuning en soetigheid is spreekwoordelik. As 'n beer in 'n hol boomstam 'n byenes bykom, versplinter hy die boom en vreet gulsig die koeke. Hy steur hom bloedweinig aan die steke van die boosaardige bye. Die byelarwes in die heuningkoeke vind hy as 'n lekkerny en die bye wat so nou en dan in die slag bly, laat die hele snoepery blykbaar eers vorentoe smaak. Die ysbeer is nie so vraatsugtig nie. Hy bepaal homself by robbe, terwyl die Maleise beer voorkeur gee aan miere, en termiete. In die herfs vreet die diere totdat hulle baie vet is. Dan soek hulle skuiling waar hulle kan oorwinter terwyl hulle op die opgegaarde vet teer. Welpies [wysig | wysig bron] Die kleintjies word in die hartjie van die winter gebore in die beskutte grot waarin die beerwyfie haar winterrustydperk deurbring. By geboorte is die welpies se oë nog toe en is hulle net so groot soos rotte. Hulle word deur hul ma vertroetel en versorg. Eers na twee maande, dit wil sê in die lente, is hulle so groot dat hulle saam met haar buitentoe kan gaan. Onder die toesig van die ma leer hulle dan hul pad deur die wêreld vind, en as hulle iets verkeerd doen, word hulle met 'n taai klap tereggewys. Eers na 'n jaar is hulle in staat om 'n onafhanklike bestaan te voer. Genera [wysig | wysig bron] Ailuropoda (panda) Helarctos Melursus Ursus (bruinbere, ysbere en swartbere) Tremarctos Agriarctos† Amphicticeps† Amphicynodon† Arctodus† Cephalogale† Indarctos† Parictis† Plionarctos† Ursavus† Kolponomos† Bronnelys [wysig | wysig bron] KENNIS, 1980, ISBN 0798108258, volume 3, bl. 506 Wozencraft, W.C. 2005. Order Carnivora. bl. 532-628 in Wilson, D.E. & Reeder, D.M. (red.). Mammal Species of the World: a taxonomic and geographic reference. 3rde uitgawe. Baltimore: The Johns Hopkins University Press, 2 volumes, 2142 bl. ISBN 978-0-8018-8221-0 Eksterne skakels [wysig | wysig bron] Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir beer. Normdata Nasionaal Duitsland Verenigde State Frankryk BnF-data medvědovití</span>"}]]}'>Tsjeggië Israel Ander NARA Taksonidentifiseerders Ursidae Wikidata: Q11788 Wikispecies: Ursidae ADW: Ursidae BioLib: 1808 BOLD: 1408 CoL: HQQ EoL: 7664 EPPO: 1URSUF Fauna Europaea: 12635 Fauna Europaea (new): 9e3b44c5-bbfa-4884-930a-22039b1d7acd GBIF: 9681 iNaturalist: 41636 IRMNG: 104793 ITIS: 180540 MSW: 14000939 NBN: NHMSYS0000377309 NCBI: 9632 Open Tree of Life: 297458 Paleobiology Database: 41301 Taxonomicon: 66517 WoRMS: 136977 Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Beer&oldid=2850400" Kategorie: Bere Versteekte kategorieë: Artikels met spesiemikroformate Taksonbalksjablone sonder from-parameter Taksonbalkbladsye wat 'n Wikidata-item benodig Taksonbalke met 20-24 takson-ID's Die bladsy is laas op 10 November 2025 om 18:19 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe Beer 198 tale Nuwe onderwerp