Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-17T14:47:07Z

Swam - Wikipedia

Swam - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…

Open original source · Full cached text

Swam - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Voortplanting 2 Bronnelys 3 Verwysings Wissel die inhoudsopgawe Swam 190 tale Alemannisch አማርኛ Aragonés अंगिका العربية الدارجة مصرى অসমীয়া Asturianu Atikamekw Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български বাংলা Brezhoneg Bosanski Буряад Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Cebuano ᏣᎳᎩ کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Чӑвашла Cymraeg Dansk Dagbanli Deutsch Dolnoserbski Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Nordfriisk Frysk Gaeilge Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego گیلکی Avañe'ẽ Gaelg 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Bahasa Indonesia Interlingue Ilokano ГӀалгӀай Íslenska Italiano 日本語 Patois Jawa ქართული Gĩkũyũ Қазақша ಕನ್ನಡ Yerwa Kanuri 한국어 Kurdî Kernowek Кыргызча Latina Lëtzebuergesch Лезги Lingua Franca Nova Limburgs Ligure Ladin Lombard Lingála Lietuvių Latviešu Мокшень Malagasy Македонски മലയാളം Монгол मराठी Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Nāhuatl Napulitano Plattdüütsch नेपाली नेपाल भाषा Li Niha Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Diné bizaad Occitan Livvinkarjala Oromoo Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Polski Piemontèis پنجابی پښتو Português Runa Simi Română Русский Русиньскый संस्कृतम् Саха тыла Sardu Sicilianu Scots سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски Taclḥit සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Soomaaliga Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் ತುಳು తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Tagalog Lea faka-Tonga Toki pona Türkçe Татарча / tatarça Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt Volapük Walon Winaray 吴语 Хальмг IsiXhosa მარგალური ייִדיש Yorùbá Vahcuengh 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 IsiZulu Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikispesies Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie {{cite journal |author = Moore RT. | year=1980| title=Taxonomic proposals for the classification of marine yeasts and other yeast-like fungi including the smuts | journal=Botanica Marine | volume=23 | pages=361–73}}</ref>"},"subdivision_ranks":{"wt":"Filums"},"subdivision":{"wt":":Ascomycota\n:Basidiomycota\n:Blastocladiomycota\n:Chytridiomycota\n:Glomeromycota\n:Microspora\n:Microsporidia\n:Neocallimastigomycota\n:Zygomycota"}},"i":0}}]}'> Swamme Wetenskaplike klassifikasie Domein: Eukaryota (geen rang): Opisthokonta Koninkryk: Fungi (L., 1753) R.T. Moore, 1980[1] Filums Ascomycota Basidiomycota Blastocladiomycota Chytridiomycota Glomeromycota Microspora Microsporidia Neocallimastigomycota Zygomycota 'n Swam of skimmel is enige lid van 'n groot groep eukariotiese organismes wat mikro-organismes soos gis en muf, asook die bekender sampioene insluit. Swamme vorm die koninkryk Fungi, 'n biologiese koninkryk wat apart is van die plante en diere. Een groot verskil tussen plante en swamme, is dat swamme se selle selwande het wat chitien bevat, terwyl plante se selwande sellulose bevat. Hierdie en ander verskille dui daarop dat swamme 'n aparte groep verwante organismes is, die sogenaamde Eumycota of "ware swamme"; 'n groep wat 'n gemeenskaplike voorouer deel. Daar word onderskeid getref tussen hierdie "ware swamme" en die soortgelyke slymswamme (die Mycetozoa) en waterswamme (die Oomycota). Die biologiese vakgebied wat hom besig hou met die studie van swamme heet "swamkunde" of "mikologie" en word dikwels as 'n vertakking van plantkunde beskou, alhoewel genetiese studies bewys het dat swamme eintlik nouer verwant is aan diere as aan plante. Swamme word dwarsdeur die wêreld aangetref en die meeste is onopvallend vanweë hul klein grootte en strukture, die manier waarop sommige hulself kamoefleer en as simbiote van plante, diere en ander swamme leef. Hulle kan opvallend word wanneer hulle vrugte dra: sogenaamde "sporokarpe", soos sampioene of muf. Swamme vertolk 'n belangrike rol in die ontbinding van organiese stowwe en het fundamentele rolle in die herwinning en verdeling van voedingstowwe in die natuur. Swamme word ook as 'n direkte bron van voedsel gebruik, soos sampioene en knolswamme (truffels), insuurmiddels vir brood en in die gissing van verskeie produkte, soos wyn, bier en sojasous. Sedert die 1940's word swamme ook aangewend in die vervaardiging van antibiotika en meer onlangs word sommige van die ensieme wat swamme produseer ook gebruik in die nywerheid en in reinigingsmiddels. Hulle word ook as "groener" alternatiewe vir die kontrolering van onkruid en peste gebruik. Baie swamspesies vervaardig bioaktiewe verbindings genaamd mikotoksiene (swamgiwwe), soos alkaloïede en poliketied, wat giftig vir mense en diere is. Die vrugstrukture van sommige spesies bevat psigotropiese verbindings wat hallusinasies veroorsaak en word in sommige kulture tydens tradisionele seremonies of vir ontspanning gebruik. Swamme is daartoe in staat om mensgemaakte materiale en geboue af te breek en kan ernstige siektes in mense en diere veroorsaak. Die verlies aan gewasse as gevolg van swamsiektes of verrotte voedsel kan 'n groot impak op die voedselvoorraad van mense en plaaslike ekonomieë hê. Die Fungi-koninkryk bevat 'n enorme diversiteit met betrekking tot taksonomiese groepe met verskillende ekologieë, lewensiklusse en morfologieë; van die eensellige, waterliewende Chytridiomycota tot reusesampioene. Daar is egter steeds min bekend oor die ware biodiversiteit van hierdie koninkryk, alhoewel daar beraam word dat daar ongeveer 1,5 miljoen spesies is, waarvan slegs 5% amptelik geklassifiseer is. Sedert die baanbrekende 18de en 19de eeuse werke van Carl Linnaeus, Christiaan Hendrik Persoon, en Elias Magnus Fries word swamme volgens hulle morfologie (d.w.s. hulle karaktereienskappe soos spoorkleur en mikroskopiese eienskappe) of fisiologie geklassifiseer. Vorderings in molekulêre genetika beteken dat DNS-analises vandag ook gebruik kan word om swamme te klassifiseer, wat soms die geskiedkundige groeperings (gebaseer op voorkoms, bou, ens.) in twyfel trek. Fossiele van sampioene word selde aangetref omdat hulle maklik verteer raak. In 2017 is egter van hulle in Myanmar se barnsteen aangetref. Dié fossiele se ouderdom word op 99 miljoen jaar geraam.[2] Voortplanting [wysig | wysig bron] Laer fungi plant voort deur spore, wat in die lug rondsweef en begin groei sodra hulle 'n geskikte bestaansmedium gevind het. Die voortplanting kan op ongeslagtelike of geslagtelike wyse plaasvind. In die eerste geval kan elke swam spore voortbring, maar in die tweede geval vind daar 'n versmelting tussen twee swamme of dele daarvan plaas. As voorbeeld kan ons die bekende broodskimmel neem, wat by plantkundiges as Mucor mucedo bekend staan. Die puntjies op die draadvormige uitgroeisels (hifes) verdik as hulle 'n sekere ontwikkelingstadium bereik. Hierdie verdikking is bekend as die sporedosie, en die spore word hierin gevorm. As die sporedosie ryp is, bars dit oop en die spore word vrygestel. Hier het ons met ongeslagtelike voortplanting te doen. Geslagtelike voortplanting vind slegs plaas as die verdikte punte van twee onafhanklike plantjies met mekaar in aanraking kom. Sodra twee hifes teen mekaar raak, verdik hul punte en vorm 'n sogenaamde gametangium. Twee gametangia smelt saam en vorm die sigospoor, wat dikkerige, donker wande bet. Wanneer die sigospoor 'n geskikte groeiplek gevind het, verdeel dit. 'n Draadvormige uitgroeisel verskyn, wat op sy beurt 'n sporedosie dra. By ongeslagtelike voortplanting vorm daar spore in die sporedosie, waaruit nuwe swamme dan groei. Bronnelys [wysig | wysig bron] KENNIS, 1980, ISBN 0798108266, volume 4, bl. 729 Verwysings [wysig | wysig bron] ↑ Moore RT. (1980). "Taxonomic proposals for the classification of marine yeasts and other yeast-like fungi including the smuts". Botanica Marine. 23: 361–73. ↑ "Fossielen paddenstoelen gevonden van bijna 100-miljoen jaar oud" (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2017. Normdata: Nasionaal Pilze</span>"}]]}'>Duitsland Fungi</span>"}]]}'>Verenigde State Champignons</span>"}]]}'>Frankryk Champignons</span>"}]]}'>BnF-data Japan houby</span>"}]]}'>Tsjeggië Spanje Israel Taksonidentifiseerders Fungi Wikidata: Q764 Wikispecies: Fungi AlgaeBase: 92070 AusLichen: 30016184 CoL: F EoL: 5559 EPPO: 1FUNGK GBIF: 5 iNaturalist: 47170 IndexFungorum: 90154 ITIS: 555705 MycoBank: 90157 NBN: NHMSYS0020535450 NCBI: 4751 NZOR: 65e8a38e-0267-43fc-8244-c73a0c8cf3d4 Open Tree of Life: 352914 Paleobiology Database: 151419 PPE: fungi SpeciesFungorum: 90154 WoRMS: 4 Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Swam&oldid=2877635" Kategorie: Swamme Versteekte kategorieë: Artikels met spesiemikroformate AS1-bronne in Nederlands (nl) Taksonbalksjablone sonder from-parameter Taksonbalkbladsye wat 'n Wikidata-item benodig Die bladsy is laas op 16 Februarie 2026 om 16:58 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe Swam 190 tale Nuwe onderwerp