Protis - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikers…
Protis - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Samestelling 2 Voortplanting 3 Bronnelys Wissel die inhoudsopgawe Protis 121 tale Alemannisch አማርኛ Aragonés अंगिका العربية مصرى অসমীয়া Asturianu Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Boarisch Žemaitėška Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български বাংলা Bosanski Català کوردی Čeština Cymraeg Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Français Nordfriisk Gaeilge Galego Gaelg עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Kreyòl ayisyen Magyar Interlingua Bahasa Indonesia Interlingue Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 Patois Jawa ქართული Қазақша ಕನ್ನಡ Yerwa Kanuri 한국어 Kurdî Kernowek Latina Lëtzebuergesch Lingua Franca Nova Ligure Lietuvių Latviešu Madhurâ Malagasy Македонски മലയാളം Монгол Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Napulitano Plattdüütsch Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Occitan Oromoo ਪੰਜਾਬੀ Polski Piemontèis پنجابی Português Runa Simi Română Русский Саха тыла Sardu سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Soomaaliga Српски / srpski Sunda Svenska Kiswahili தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Tagalog Lea faka-Tonga Türkçe Татарча / tatarça Українська اردو Vepsän kel’ Tiếng Việt Winaray 吴语 ייִדיש 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikispesies Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie \n*'''[[Chromalveolata]]'''\n** [[Heterokont]]ofita\n** [[Haptophyte|Haptofita]]\n** [[Cryptomonad|kriptomonade]]\n** '''[[Alveolate]]'''\n*** [[Dinoflagellate]]\n*** [[Apikomplekse]]\n*** [[Siliate]]\n* '''[[Ekskavate]]'''\n** [[Euglenosoë]]\n** [[Perkolosoë]]\n** [[Metamonade]]\n* '''[[Rhisarieë]]'''\n** [[Radiolarieë]]\n** [[Foraminifera]]\n** [[Kerkosoë]]\n* '''[[Argaeplastide]] (gedeeltes)'''\n** [[Rhodofita]] (rooi alge)\n** [[Gloukofita]] (basale argaeplastide)\n* '''[[Unikonta]] (gedeeltes)'''\n** [[Amoebosoë]]\n** [[Goanosoë]]\n<center><br />Baie ander;<br />klassifikasie wissel</center></div>"}},"i":0}}]}'> Protiste Tydperk: Neoproterosoïes – Onlangs Wetenskaplike klassifikasie Domein: Eukaryota Koninkryk: Protista Haeckel, 1866 Tipiese fila Chromalveolata Heterokontofita Haptofita kriptomonade Alveolate Dinoflagellate Apikomplekse Siliate Ekskavate Euglenosoë Perkolosoë Metamonade Rhisarieë Radiolarieë Foraminifera Kerkosoë Argaeplastide (gedeeltes) Rhodofita (rooi alge) Gloukofita (basale argaeplastide) Unikonta (gedeeltes) Amoebosoë Goanosoë Baie ander; klassifikasie wissel Protiste is eensellige eukariote. Die bekendste protiste sluit in amoebas, Plasmodium spp., Giardia spp. en die Dinoflagellate, die organismes wat rooigety veroorsaak. Verskeie evolusieteorieë gaan van die veronderstelling uit dat hoër plante en diere uit hierdie primitiewe organismes ontwikkel het. Van die bykans 45 000 bekende spesies word 20 000 slegs in fossielvorm op aarde gevind. Eenselliges kom oral op aarde voor, en die plankton in die oseane huisves 'n groot aantal eenselliges. Ander spesies voer weer 'n parasitiese bestaan in ongewerwelde en gewerwelde diere. Eenselliges van die genus Trypanosoma is veral vir die mens van belang omdat die draers van tropiese slaapsiekte tot hierdie genus behoort. Ook malaria word deur 'n eensellige parasiet veroorsaak. Samestelling [wysig | wysig bron] Die ryk van die eenselliges (Protiste) bestaan uit eensellige diere (Protozoa) en eensellige plante (Protophyta). Soms is dit baie moeilik om vas te stel of 'n bepaalde eensellige tot die plante- of diereryk behoort. Sommige eenselliges van die klas Mastigophora (sweephaardiertjies), wat dikwels ook FlagelIata genoem word, het benewens hul tipies dierlike eienskappe, ook chlorofil, wat hulle in staat stel om op dieselfde manier as groen plante organiese stowwe uit water en koolsuurgas op te bou. Die meeste eenselliges is nie met die blote oog sigbaar nie, hoewel sekere van die groter spesies tot 1 cm groot kan word. Van die sowat 25 000 lewende spesies is daar ongeveer 7 000 wat as parasiete lewe. Alle lewensfunksies wat by meersellige organismes deur verskillende weefsel en organe behartig word, moet in die geval van eenselliges deur 'n enkele sel verrig word. Hierdie sel bestaan normaalweg uit twee plasmalae en kan soms deur 'n membraan omhul word. Die buitenste laag word die ektoplasma genoem en is gewoonlik helder en taai in vergelyking met die korrelrige, vloeibare endoplasma, wat binne die ektoplasma geleë is. In die endoplasma is daar een of meer kerne en 'n verskeidenheid selorganelle. Wat hul funksie betref, kan die organelle met organe van hoër organismes vergelyk word. Só is daar byvoorbeeld vakuole wat die osmotiese druk in die sel reguleer, asook voedingsvakuole wat die voedsel verteer wat deur die sel opgeneem word. Die voedselopname vind plaas deur die selwand (sitosoom) of deur middel van diffusie. Hiertydens diffundeer water met opgeloste voedingstowwe deur die selwand en dring só die liggaam binne. Vormverandering van die sel is alleen moontlik as die ektoplasma dun en baie elasties is. In die meeste gevalle bestaan die ektoplasma egter uit pektien, 'n verbinding wat ook in die selwande van hoër plante voorkom. Die selwand van eenselliges word dikwels die pellikel genoem. By baie spesies is die selwand met sellulose versterk en kan selfs ook deur 'n membraan van kiesel of kalk omsluit word. Omdat hulle so klein is, kan eenselliges genoeg suurstof deur middel van diffusie inneem. Die koolsuurgas wat tydens selmetabolisme vrygestel word, kan ook deur hierdie proses die sel verlaat. Voortplanting [wysig | wysig bron] Die algemeenste vorm van voortplanting by eenselliges is ongeslagtelike voortplanting, waar die sel deur middel van deling in twee dogterselle verdeel. Daarbenewens kan daar binne-in 'n sel meer as een kern gevorm word, waarná die sel in net soveel nuwe selle sal verdeel as die aantal kerne wat in die moedersel teenwoordig was. Eenselliges kan egter ook geslagtelik voortplant. In die geval van geslagtelike voortplanting versmelt twee geslagselle met mekaar. Hierdie geslagselle kan identies wees (isogamete) of hulle kan van mekaar'verskil (anisogamete). Bronnelys [wysig | wysig bron] Wêreldspektrum, Vol. 5, 195-198, ISBN 0 908409 46 X Taksonidentifiseerders Protista Wikidata: Q10892 Wikispecies: Protista AFD: Protista EPPO: 1PROTK NBN: NBNSYS0100004887 Paleobiology Database: 71298 Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Protis&oldid=2903750" Kategorie: Protiste Versteekte kategorieë: Artikels met spesiemikroformate Taksonbalksjablone sonder from-parameter Taksonbalkbladsye wat 'n Wikidata-item benodig Die bladsy is laas op 13 Mei 2026 om 18:15 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe Protis 121 tale Nuwe onderwerp