Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-15T11:12:57Z

Ido - Wikipedia

Ido - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspor…

Open original source · Full cached text

Ido - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Klankleer 2 Spelling 3 Grammatika Wissel Grammatika subafdeling 3.1 Woordsoorte 3.1.1 Lidwoorde 3.1.2 Selfstandige naamwoorde en eiename 3.1.3 Byvoeglike naamwoorde en bywoorde 3.1.4 Voornaamwoorde 3.1.5 Werkwoorde 3.1.6 Telwoorde 3.2 Sinsbou 4 Verskille met Esperanto 5 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Ido 125 tale Аԥсшәа Alemannisch አማርኛ Aragonés العربية Asturianu Kotava Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български Català Cebuano Čeština Cymraeg Dansk Dagbanli Deutsch Zazaki Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Fulfulde Suomi Français Arpetan Frysk Gaeilge Galego Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Hrvatski Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Interlingua Bahasa Indonesia Interlingue Ilokano Ido Íslenska Medžuslovjansky Italiano 日本語 ქართული Karai-karai Kumoring Қазақша 한국어 Kurdî Коми Latina Ladino Lëtzebuergesch Lingua Franca Nova Limburgs Ligure Lietuvių Latviešu Македонски मराठी Bahasa Melayu Malti Mirandés مازِرونی Plattdüütsch Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Occitan ਪੰਜਾਬੀ Papiamentu Picard Polski Piemontèis پنجابی Português Runa Simi Rumantsch Romani čhib Română Русский ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ Sardu Scots Srpskohrvatski / српскохрватски සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Soomaaliga Shqip Српски / srpski SiSwati Svenska Kiswahili தமிழ் ไทย Tagalog Toki pona Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Vèneto Tiếng Việt Volapük 吴语 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikifunctions Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie #ACE1AF</span>;"}]]}'>Ido Gepraat in:   Gebied: Totale sprekers: Taalfamilie: Indo-Europees  Kunsmatige taal   Ido  Skrifstelsel: Latynse alfabet #ACE1AF</span>;"}]]}'>Taalkodes ISO 639-1: io ISO 639-2: ido ISO 639-3: ido  Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. Ido is 'n kunstaal wat daarop gemik is om kommunikasie tussen mense van verskillende taalgroepe te bevorder. Dit is ontstaan in 1907 as 'n hersiene of hervormde weergawe van Esperanto. Die voornaamste ontwerpers was Louis Beaufront en Louis Couturat. Andere vroeë aanhangers was Wilhelm Ostwald en Otto Jespersen. Dit is in die vroeë 1900's ontwikkel en het steeds 'n klein aantal aanhangers, veral in Europa. Die makers van Ido het 'n sisteem van ses brontale, Duits, Engels, Frans, Italiaans, Russies en Spaans, gebruik om die woordeskat van Esperanto aan te pas en meer internasionaal te maak. Ido lyk hierdeur baie veel op 'n Romaanse taal. Klankleer [wysig | wysig bron] Klinkers van Ido Voor Sentraal Agter Hoog i u Middel ɛ, e ɔ, o Laag a Medeklinkers van Ido Labiaal Alveolaar Postalveolaar Palataal Velaar Glottaal Plofklank p b t d k g Affrikatief ts tʃ Frikatief f v s z ʃ (d)ʒ h Nasaal m n Approksimant w l j w Tap of flap r Die klankleer van Ido lyk baie op die van Esperanto en die van Romaanse tale. Ido het vyf klinkers, net soos Spaans en Italiaans. Daar is twee tweeklanke, /au/ en /eu/. Die klemtoon is meestal op die voorlaaste lettergreep, tensy dit 'n i of u in 'n woord van drie of meer lettergrepe is voor die eindklinker (dan word die derde laaste lettergreep beklemtoon) of die woord 'n infinitief is (dan word die laaste lettergreep beklemtoon). Spelling [wysig | wysig bron] Ido gebruik alle letters van die Latynse alfabet en die digrawe ch, sh, qu, en au en eu. Die spelling is amper fonemies. Letters van Ido Letter IFA a a b b c ts d d e ɛ, e f f g g h h i i j ʒ, dʒ k k l l m m Letter IFA n n o o, ɔ p p q k ( alleen in qu) r r s s t t u u v v w w x ks y j z z Digrawe van Ido Digraaf IFA ch tʃ sh ʃ qu kw Digraaf IFA au au eu ɛu, eu Grammatika [wysig | wysig bron] Woordsoorte [wysig | wysig bron] Ido het selfstandige naamwoorde, eiename, voornaamwoorde, byvoeglike naamwoorde, lidwoorde, determinators, telwoorde, bywoorde, werkwoorde, voorsetsels en voegwoorde. Lidwoorde [wysig | wysig bron] Ido het drie lidwoorde, wat verskillend gebruik word. Die lidwoord la word gebruik voor gewone selfstandige naamwoorde: la hundo, "die hond". Hy word ook gebruik vir taalname: la Franciana, "Frans". Lo word gebruik voor selfstandig gebruikte byvoeglike naamworde, maar nie voor tale nie: lo bela, "die mooie". Le word voor woorde sonder uitgang, soos telwoorde, gebruik om dit meervoud te maak: le ok, "die agte". Mens mag la afkort tot l' voor klinkers: la Afrikansa of l'Afrikansa, "Afrikaans". Selfstandige naamwoorde en eiename [wysig | wysig bron] Selfstandige naamwoorde het die uitgang -o in die enkelvoud, telbare selfstandige naamwoorde het -i in die meervoud. Die meeste selfstandige naamwoorde kan die lidwoord la kry, maar voor baie abstrakte begrippe is dit standaard weggelaat: cienco, "die wetenskap". Eiename lyk baie veel op selfstandige naamwoorde, maar hoef geen naamwoordsuitgang te hê nie. Die eindletter dui dus nie die woordsoort aan nie: Usa, "Verenigde State van Amerika", Irlando, "Ierland", Kazakstan, "Kasakstan". Hulle het vaak geen lidwoord nie, maar kan dit kry by spesifikasie: la Paris dil 19-ma yarcento, "die Parys van die negentiende eeu", la honesta Anna, "die eerlike Anna". Selfstandige naamwoorde en eiename kan die akkusatiefuitgang -n wanneer hulle lydende voorwerpe is en voor die onderwerp staan. Selfstandige naamwoord Enkelvoud Meervoud -o, floro -i, flori Byvoeglike naamwoorde en bywoorde [wysig | wysig bron] Alle byvoeglike naamwoorde eindig in hulle standaardvorm op -a, maar dit kan weggelaat word voor 'n klinker of aan die einde van 'n sin of bysin: la cher(a) automobilo, "die duur motor", La vivo esas bel(a), "Die lewe is mooi". Mens maak bywoorde van byvoeglike naamwoorde door die -a te vervang door -e: mala > male, "sleg". Alleen byvoeglike naamwoorde kan predikaat of attribuut wees, bywoorde kan dit nie (nie soos in Esperanto nie). Daar is geen aparte meervoudsvorm of akkusatiefvorm vir byvoeglike naamwoorde nie. Byvoeglike naamwoorde en bywoorde Byvoeglike naamwoord -a, bona Bywoord -e, bone Daar is ook 'n grote klasse bywoorde wat geen aparte uitgang het nie. Voornaamwoorde [wysig | wysig bron] Daar is verskillende voornaamwoorde in Ido. Hulle kan voorkom ooral waar selfstandige naamwoorde kan voorkom. Persoonlike voornaamwoorde funksioneer ongeveer soos in baie Europese tale. Hulle is gebaseer op die van Esperanto, maar is gesistematiseer. In die meervoud eindig hulle altyd op i, in die enkelvoud vaak op u. Die persoonlike voornaamwoorde van die derde persoon is gebaseer op lu of li, maar kry daarvoor e (Frans elle), i (Frans il) of o vir spesifiek vroulike, manlike of onsydige antesedente en in die enkelvoud mag die u in elu, ilu en olu wegbly. Om die geslag nie te spesifiseer nie gebruik mens lu of li. Net soos in Engels word die natuurlike geslag gebruik. Persoonlike voornaamwoorde Enkelvoud Meervoud Refleksief Onbepaald 1 2 3 1 2 3 3 informeel formeel manlik vroulik onsydig geen geslag manlik vroulik onsydig geen geslag me tu vu ilu, il elu, el olu, ol lu ni vi ili eli oli li su onu ek jy u hy sy dit ons julle, u hulle hom, haar mens Besitlike persoonlike voornaamwoorde word van die gewone persoonlike voornaamwoorde gemaak door daar -a agter te voeg. Voornaamwoorde kan die akkusatiefuitgang -n kry wanneer hulle lydende voorwerpe is en voor die onderwerp staan. Werkwoorde [wysig | wysig bron] Alle werkwoorde in Ido is morfologies regelmatig, die enige opsionele uitsondering is dat esas "is" die newevorm es het. Daar is drie hoofwerkwoordtyde, teenwoordige tyd met -as, verlede tyd met -is en toekomende tyd met -os, 'n voltooide tyd met -abis en 'n voltooid toekomende tyd met -abos, 'n gebiedende wys met -ez en 'n kondisionele wys met -us. Daar is drie infinitiewe, vir teenwoordige tyd met -ar, verlede tyd met -ir en toekomende tyd met -or. La hundi promenas. "Die honde loop." Li voyajis ad Arabia per treno. "Hulle reis toe/het Arabië toe gereis met die trein." (soos die verlede vertelty in Afrikaans) Kande ni destruktabos l'anciena domo, ni konstruktos nova domi. "Wanneer ons die ou huis gesloop sal hê, sal ons nuwe huise bou." Donez la glaso a me. "Gee vir my die glas." Werkwoorde kan ook deelwoorde vorm, soos in Esperanto is daar 'n aktiewe en 'n passiewe vorm met elkeen drie tyde/aspekte. Daar is 'n agtervoegsel -es- vir passiewe vorme: uzas "gebruik", uzesas "word gebruik". Verbuiging van esar Aktief Indikatief teenwoordige esas, es verlede esis toekomende esos voltooide esabis voltooid toekomende esabos Gebiedende wys esez Kondisionele wys esus Infinitief teenwoordige esar verlede esir toekomende esor Deelwoord teenwoordige esanta, esante verlede esinta, esinte toekomende esonta, esonte Verbuiging van vidar Aktief Passief Indikatief teenwoordige vidas videsas verlede vidis videsis toekomende vidos videsos voltooide vidabis videsabis voltooid toekomende vidabos videsabos Gebiedende wys videz videsez Kondisionele wys vidus videsus Infinitief teenwoordige vidar videsar verlede vidir videsir toekomende vidor videsor Deelwoord teenwoordige vidanta, vidante vidata, vidate verlede vidinta, vidinte vidita, vidite toekomende vidonta, vidonte vidota, vidote Telwoorde [wysig | wysig bron] Getalle van 0 tot 10 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 zero un du tri quar kin sis sep ok non dek Die telwoorde van Ido kan as determinators en selfstandige naamwoorde gebruik word. Meertalle van tien word gevorm door + -a- + dek: duadek, "twintig". Kleinere nommers kom na grotere nommers, met gebruik van e ("en"): dek e quar of dek-e-quar, "veertien". Voor klinkers mag ed gebruik word: sisadek ed ok of sisadek e ok of sisadek-ed-ok of sisadek-e-ok, 68. Grotere getalle 100 1000 1000000 1000000000 1000000000000 cent mil miliono miliardo biliono Sinsbou [wysig | wysig bron] Die normale woordvolgorde is SVO, maar andere volgordes is moontlik. Tweeledige vraagsinne het dieselfde woordvolgorde maar kry die vraagpartikel ka of kad. In ope vraagsinne staan die vraagwoord (of vraend sinsdeel) aan die begin. As die lydende voorwerp vir die onderwerp staan, kry dit die uitgang -n. Verskille met Esperanto [wysig | wysig bron] Baie van die kenmerke van Esperanto kom ook in Ido voor. Selfstandige naamwoorde het in die enkelvoud die uitgang -o en byvoeglike naamwoorde het -a, maar die meervoudsvorm vir die selfstandige naamwoord is -i (Esperanto -oj). Ook deklineer die byvoeglike naamwoorde nie en word hulle uitgang vaak weggelaat voor 'n klinker of aan die einde van 'n sin. Die akkusatiefuitgang -n kom alleen voor as die lydende voorwerp voor die onderwerp staan. Die uitgange vir die hoofwerkwoordstyde en die kondisionele wys is dieselfde (teenwoordige tyd -as, verlede tyd -is, toekomende tyd -os), maar Ido gebruik -ez voor die gebiedende wys (Esperanto -u) en h…