Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-17T15:09:38Z

Sakse - Wikipedia

Sakse - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersp…

Open original source · Full cached text

Sakse - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Geskiedenis van die Vrystaat Sakse 2 Stede Wissel Stede subafdeling 2.1 Administratiewe verdeling 3 Verwysings 4 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Sakse 151 tale Alemannisch አማርኛ Aragonés Ænglisc العربية مصرى Asturianu Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български বাংলা Brezhoneg Bosanski Буряад Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Dagbanli Deutsch Zazaki Dolnoserbski Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Français Nordfriisk Frysk Gaeilge Gàidhlig Galego Avañe'ẽ Gaelg 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Hrvatski Hornjoserbsce Magyar Հայերեն Interlingua Bahasa Indonesia Interlingue Ido Íslenska Italiano 日本語 Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Kongo Қазақша 한국어 کٲشُر Ripoarisch Kurdî Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Limburgs Ligure Ladin Lombard Lietuvių Latviešu Мокшень Malagasy Македонски മലയാളം Монгол मराठी Bahasa Melayu مازِرونی Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Occitan Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Pälzisch Polski Piemontèis پنجابی پښتو Português Runa Simi Rumantsch Română Русский Sardu Scots سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Slovenščina Shqip Српски / srpski Seeltersk Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் Тоҷикӣ ไทย Tagalog Türkçe Татарча / tatarça Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt West-Vlams Volapük Winaray 吴语 ייִדיש Yorùbá Zeêuws 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Freistaat Sachsen (Duits) Swobodny stat Sakska (Opper-Sorbies) Vrystaat Sakse Landsvlag Landswapen (Besonderhede) (Besonderhede) Basiese gegewens Ampstaal: Duits en Opper-Sorbies Hoofstad: Dresden Stigting: 3 Oktober 1990 Volkslied (Landeshymne): geen Oppervlakte: 18 449,986 km²[1] (10de) Bevolking: 4 089 467[2] (6de) (31 Desember 2023) Bevolkingsdigtheid: 221 inwoners / km² (8ste) BBP  - Totaal (8ste)  - % Verandering teenoor vorige jaar  - per inwoner 2023 155,982 miljard €[3] 6,7% (2022) 38 142 € Totale skuldlas: 6,047 miljard €[4] (30 Junie 2024) Skuldlas per inwoner: 1 479 € (30 Junie 2024) Werkloosheidsyfer: 6,5[5] (November 2024) ISO 3166-2: DE-SN Amptelike webwerf: www.sachsen.de Politiek Eerste minister: Michael Kretschmer (CDU) (sedert 13 Desember 2017) Regerende partye: CDU en SPD Setels in die parlement (Landtag) (120 setels) (2019: 119 setels): CDU 41 (2019: 45) AfD 40 (38) BSW 15 (–) Bündnis 90/Grüne 7 (12) SPD 10 (10) Die Linke 6 (14) Freie Wähler 1 (–) Laaste verkiesing: 1 September 2024 Volgende verkiesing: 2029 Parlementêre verteenwoordiging Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 4 (van 69) Kaart Sakse (Duits: Sachsen, [zaksn̩], luister (hulp·inligting); Opper-Sorbies: Sakska), amptelik die Vrystaat Sakse (Freistaat Sachsen, afkorting: SN; Swobodny Stata Sakska), is 'n deelstaat in die suidooste van Duitsland. Dresden is die hoofstad en Leipzig is met 531 582 inwoners die grootste stad van Sakse. Gebiedsveranderinge in 1815 en die Vrystaat Sakse binne sy huidige grense vanaf 1990 Die deelstaat grens in die ooste aan Pole, aan die Tsjeggiese Republiek in die suide, die deelstate Brandenburg, Sakse-Anhalt en Thüringen in die noorde en weste, en – oor 'n afstand van sowat 25 km in die suide – aan die deelstaat Beiere. Duitse setlaars het hulle vanaf die 11de eeu in die gebied van die huidige deelstaat gevestig. In die volgende ses eeue het Sakse sy staatsgebied steeds verder uitgebrei om een van die magtigste moondhede binne die losse verbond van Duitse state te word wat gesamentlik die Heilige Romeinse Ryk gevorm het. Op die hoogtepunt van sy mag het die Koninkryk Sakse ook die gebied van die huidige deelstaat Thüringen en groot dele van Silesië ('n streek wat tans deel uitmaak van Pole) ingesluit. Ná die Napoleontiese Oorloë aan die begin van die 19de eeu is uitgestrekte landsdele in die weste en noorde in 1815 aan Sakse se groot politieke mededinger Pruise afgestaan, terwyl gebiede oos van die Neiße-rivier in 1945 onder Poolse administrasie gekom het. Die rivier vorm sedertdien 'n natuurlike oostelike grens met Pole. Die regerende dinastie van die Huis van Wettin het in 1919 met die ineenstorting van die politieke strukture van die Duitse Keiserryk afstand van die Saksiese troon gedoen. Sakse dra sedertdien – as een van slegs drie Duitse deelstate naas Beiere en Thüringen – die (suiwer seremoniële) titel Vrystaat.[6] Tradisioneel vorm die streek rondom Chemnitz en Zwickau die industriële hartland van Sakse. Die oorspronge van die Saksiese motorbedryf, wat steeds meer as 'n derde van die deelstaat se uitvoere na die buiteland verteenwoordig en aangedryf word deur nuwe aanlegte van BMW en Porsche, strek terug tot in die laat 19de eeu. Ander belangrike bedrywe sluit masjienbou, chemie en biotegnologie in. Dresden het reeds in die tyd van die Duitse Demokratiese Republiek tot 'n spilpunt van die mikroëlektronikabedryf gegroei. Vandag word hier die grootste konsentrasie van ondernemings in dié bedryf in Europa (en vyfde grootste ter wêreld) aangetref wat aan die deelstaat die Engelse bynaam Silicon Saxony besorg het.[7] Geskiedenis van die Vrystaat Sakse [wysig | wysig bron] Dresden in die aandskemer Die eerste "Vrystaat Sakse" ontstaan in 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog en die troonsafstand van die Saksiese koning. In 1945, ná die Tweede Wêreldoorlog, word in die Sowjetse sone van die besette Duitsland die "Land Sakse" uit die ou Vrystaat en gebiede van die Pruisiese provinsie Silesië wes van die Neisserivier gevorm. Die Land Sakse is in 1952 ontbind en verdeel in drie kleiner administratiewe distrikte (Duits: Bezirke) van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR): Leipzig, Chemnitz (wat ná 'n naamswysiging Karl-Marx-Stadt genoem is) en Dresden. Met die ontbinding van die DDR in 1990 en die hereniging van die twee Duitse state is die Vrystaat Sakse as 'n deelstaat van Duitsland herstig. Stede [wysig | wysig bron] Stad Landgebied Bevolking 31 Julie 2005 Bevolking 31 Desember 2013 Leipzig Leipzig 499 199 531 582 Dresden Dresden 489 700 530 754 Chemnitz Chemnitz 247 460 242 022 Zwickau Zwickau 98 335 91 564 Plauen Plauen 69 281 63 967 Görlitz Görlitz 57 884 54 042 Freiberg Mittelsachsen 43 434 40 268 Bautzen Bautzen 42 294 39 607 Pirna Sächsische Schweiz–Osterzgebirge 40 178 37 645 Freital Sächsische Schweiz–Osterzgebirge 40 129 39 141 Riesa Meißen 39 367 36 848 Radebeul Meißen 32 246 33 026 Meissen Meißen 29 398 28 532 Limbach-Oberfrohna Zwickau 27 552 26 970 Zittau Görlitz 27 454 25 638 Glauchau Zwickau 27 285 26 179 Delitzsch¹ Nordsachsen 26 331 27 945 Weißwasser/O.L. Görlitz 26 107 21 797 Werdau Zwickau 26 077 24 430 Annaberg-Buchholz Erzgebirgsdistrik 24 495 23 123 Coswig Meißen 24 035 22 365 Reichenbach im Vogtland Vogt landelike distrik 23 469 22 164 Crimmitschau Zwickau 23 305 22 330 Markkleeberg Leipzig 23 157 23 718 Döbeln Mittelsachsen 23 128 21 356 Schwarzenberg/Erzgeb. Erzgebirgsdistrik 20 201 18 517 Auerbach/Vogtl. Vogt landelike distrik 20 042 21 246 Borna Leipzig 20 010 22 657 Administratiewe verdeling [wysig | wysig bron] (Die area-afkortings word tussen hakies aangedui) Die tien landelike distrikte van Sakse is: Bautzen (BZ) Erzgebirgs landelike distrik (ERZ) Görlitz (GR) Leipzig (L) Meißen (MEI) Mittelsachsen (FG) Nordsachsen (TDO) Sächsische Schweiz–Osterzgebirge (PIR) Vogt (V) Zwickau (Z) Landelike distrikskaart van Sachsen Verwysings [wysig | wysig bron] ↑ (de) "Flächennutzung". Statistisches Landesamt des Freistaates Sachsen. 2022. Besoek op 18 Desember 2024. ↑ (de) "Bevölkerungsstand, Einwohnerzahlen". Statistisches Landesamt des Freistaates Sachsen. 31 Desember 2023. Besoek op 18 Desember 2024. ↑ (de) "Bruttoinlandsprodukt von Sachsen von 1991 bis 2023". Statista. Maart 2024. Besoek op 18 Desember 2024. ↑ (de) "Vorläufiger Schuldenstand der Länder". destatis. 30 Junie 2024. Besoek op 18 Desember 2024. ↑ (de) "Arbeitslosenquoten im November 2024 – Länder und Kreise". Statistik der Bundesagentur für Arbeit. November 2024. Besoek op 18 Desember 2024. ↑ (de) Derek Lewis (red.): Contemporary Germany. A Handbook. London: Hodder Arnold 2001, bl. 57 ↑ (de) Standort Sachsen: Industriestandort. Besoek op 29 Mei 2018 Eksterne skakels [wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Sakse. (en) Toerisme-inligting oor Sakse op Wikivoyage (de) Amptelike webwerf (de) Onderwys (de) Verkiesings (en) "Saxony". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 Desember 2024. Deelstate van Duitsland Baden-Württemberg | Beiere | Berlyn | Brandenburg | Bremen | Hamburg | Hesse | Mecklenburg-Voorpommere | Nedersakse | Noordryn-Wesfale | Rynland-Palts | Saarland | Sakse | Sakse-Anhalt | Sleeswyk-Holstein | Thüringen Voormalige deelstate Baden | Wes-Berlyn (de facto) | Württemberg-Baden | Württemberg-Hohenzollern Normdata Internasionaal ISNI FAST Nasionaal Sachsen</span>"}]]}'>Duitsland Verenigde State Sasko (Německo)</span>"}]]}'>Tsjeggië Spanje Noorweë Israel Geografies MusicBrainz-area Ander IdRef Geskiedkundige Woordeboek van Switserland Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sakse&oldid=2723568" Kategorie: Sakse Die bladsy is laas op 18 Desember 2024 om 19:00 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe Sakse 151 tale Nuwe onderwerp