Buenos Aires - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebr…
Buenos Aires - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Etimologie 2 Geskiedenis 3 Klimaat 4 Demografie 5 Bekende stadswyke (barrios) 6 Besienswaardighede 7 Kuns en kultuur Wissel Kuns en kultuur subafdeling 7.1 Argitektuur en stadsbeeld 8 Kookkuns 9 Internasionale verhoudings Wissel Internasionale verhoudings subafdeling 9.1 Susterstede 9.2 Unie van Ibero-Amerikaanse Hoofstede 10 Verwysings 11 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Buenos Aires 230 tale Аԥсшәа Acèh Адыгабзэ Alemannisch Алтай тил አማርኛ Aragonés Ænglisc العربية الدارجة مصرى অসমীয়া Asturianu Kotava Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български বাংলা བོད་ཡིག বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Буряад Català Chavacano de Zamboanga 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano Chamoru Tsetsêhestâhese کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Dolnoserbski डोटेली Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Na Vosa Vakaviti Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge Gagauz Gàidhlig Galego Avañe'ẽ 𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺 Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî Hawaiʻi עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Bahasa Indonesia Interlingue Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Italiano 日本語 Patois La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Taqbaylit Адыгэбзэ Kabɩyɛ Kongo Қазақша ಕನ್ನಡ Yerwa Kanuri 한국어 کٲشُر Kurdî Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Лезги Lingua Franca Nova Limburgs Ligure Lombard Lingála ລາວ Lietuvių Latviešu Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол ꯃꯤꯇꯩ ꯂꯣꯟ मराठी Bahasa Melayu Malti Mirandés မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Napulitano Plattdüütsch नेपाली नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Nouormand Diné bizaad Chi-Chewa Occitan Livvinkarjala ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Pangasinan Papiamentu Picard Deitsch Polski Piemontèis پنجابی پښتو Português Runa Simi Rumantsch Romani čhib Ikirundi Română Tarandíne Русский Русиньскый Ikinyarwanda Саха тыла ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ Sardu Sicilianu Scots سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina ChiShona Soomaaliga Shqip Српски / srpski Sesotho Seeltersk Svenska Kiswahili Ślůnski Sakizaya தமிழ் తెలుగు Tetun Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Toki pona Türkçe Татарча / tatarça ChiTumbuka Twi Reo tahiti Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Vepsän kel’ Tiếng Việt Volapük Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Yorùbá Vahcuengh Zeêuws 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 IsiZulu Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Ciudad Autónoma de Buenos Aires Outonome Stad Buenos Aires Kaart Wapen Vlag Land Argentinië Koördinate 34°36′S 58°23′W / 34.600°S 58.383°W / -34.600; -58.383 Deur Pedro de Mendoza gestig op 2 Februarie 1536 Deur Juan de Garay gestig op 11 Junie 1580 Oppervlakte: - Totaal 203 vk km - Stadswyke 48 Hoogte bo seevlak 25 m Bevolking: - Totaal (2021-skatting) 3 003 000 - Bevolkingsdigtheid 14 793/vk km - Metropolitaanse Gebied 15 624 000 - Ongeletterdheid 0,45% Tydsone UTC-3 (ART) Somertyd UTC -2 (ARST) Burgemeester Jorge Macri (PRO-JxC) Amptelike webwerf buenosaires.gob.ar Buenos Aires (Spaans: [ˈbwenos ˈajɾes], luister (hulp·inligting)), amptelik die Outonome Stad Buenos Aires (Ciudad Autónoma de Buenos Aires), is die hoofstad en ekonomiese, kulturele en nywerheidsentrum van Argentinië, ná Meksikostad die tweede grootste Spaanssprekende stad ter wêreld en die vierde grootste stad in die Amerikas (ná São Paulo, Meksikostad en New York),[1] met 'n bevolking van drie miljoen in die Distrito Federal (203 km²) en 15,6 miljoen in die metropolitaanse gebied (Gran Buenos Aires) met 'n oppervlakte van 4 758 km². Buenos Aires beteken “gunstige winde”, 'n ou skeepvaartterm vir winde wat voordelig is vir seilskepe. Nasa-satellietbeeld van die Río de la Plata, met Gran Buenos Aires aan die regterkant en links bo Montevideo, Uruguay Die stad is aan die mond van een van die grootste riviere ter wêreld, die Río de la Plata (Silwerrivier), geleë. Aangesien Gran Buenos Aires sowat 'n derde van die Argentynse bevolking en ook die meeste belangrike instellings en hoofkwartiere van ondernemings huisves, oorheers sy ekonomie die res van die land. Danksy talle winkels en boetieks, sy pragtige argitektuur, 'n ryk kulturele lewe, uitstekende restaurante en kosmopolitiese bevolking van oorwegend Italiaanse, Spaanse, Franse, Duitse, Engelse, Oos-Europese, Arabiese en Asiatiese herkoms staan Buenos Aires ook as die Parys van die Suide bekend. Die stad is een van die mees Europese van Suid-Amerika en ook die Suidelike Halfrond en het sy Goue Era in die tydperk tussen 1880 en 1920 beleef, toe Argentinië danksy ongekende ekonomiese groei tot een van die tien welvarendste lande wêreldwyd ontwikkel het. Buenos Aires het destyds nuwelinge uit Europa gelok wat hier 'n beter heenkome probeer vind het. Etimologie [wysig | wysig bron] Onse Dame van Buen Aire voor die Nasionale Migrasiedepartement Aragonese argiewe beskryf hoe Katalaanse sendelinge en Jesuïete onder die Kroon van Aragon in Cagliari (Sardinië) aangekom het, nadat dit in 1324 van Pisa verower is, en hul hoofkwartier bo-op 'n heuwel wat oor die stad uitkyk ingerig het.[2] Hulle het die heuwel Bonaira (of Bonaria in Sardies) genoem, aangesien die vieslike reuk van die ou stad (rondom die kasteel), wat aan moerasland aangrens, nie hier voorgekom het nie. Tydens die beleg van Cagliari het die Katalane 'n heiligdom vir die Maagd Maria bo-op die heuwel opgerig. In 1335 het Alfons IV van Aragon die kerk geskenk aan die Orde van Onse Liewe Vrou van Weldadigheid wat 'n abdy gebou het wat steeds daar staan. In die jare daarna het 'n legende die rondte gedoen, waarvolgens 'n standbeeld van die Maagd Maria uit die see gehaal is, nadat dit op wonderlike wyse 'n storm in die Middellandse See gekalmeer het. Dié standbeeld is in die abdy geplaas. Spaanse seevaarders, veral Andalusiërs, het hierdie standbeeld vereer en die "gunstige winde" aangeroep om hulle met hul navigasie te help en skipbreuk te vermy. 'n Heiligdom vir die Maagd van Buen Ayre is later ook in Sevilla gebou.[2] Tydens die stigting van Buenos Aires het Spaanse seevaarders, wat die Río de la Plata bereik het, dank aan die seëninge van Santa Maria de los Buenos Aires ("Heilige Maria van die Gunstige Winde") gesê, wat hulle glo die gunstige winde gegee het om die kus van die huidige stad te bereik.[3] Pedro de Mendoza het die stad "Heilige Maria van die Gunstige Winde" genoem, 'n naam wat deur die kapelaan van Mendoza se ekspedisie voorgestel is – 'n toegewyde van die Maagd van Buen Ayre – na die Madonna van Bonaria in Sardinië[4] (wat tot vandag toe die beskermheilige van dié Middellandse eiland is[5]). Mendoza se nedersetting is dadelik deur inheemse mense aangeval en in 1541 verlaat.[3] Vir baie jare is die naam toegeskryf aan 'n Sancho del Campo, wat na bewering met sy aankoms uitgeroep het: "Hoe gunstig is die winde van hierdie land!". In 1882 het die Argentynse handelaar Eduardo Madero ná uitgebreide navorsing in Spaanse argiewe uiteindelik besef dat die naam pleks daarvan 'n noue verband het met die toewyding van die seevaarders aan Onse Dame van Buen Ayre.[6] In 1580 is 'n tweede (en permanente) nedersetting gestig deur Juan de Garay, wie die Río Paraná afgevaar het vanaf Asunción, die huidige hoofstad van Paraguay. Garay het die oorspronklike stadsnaam van Mendoza bewaar, en die stad Ciudad de la Santísima Trinidad y Puerto de Santa María del Buen Aire ("Stad van die Allerheiligste Drie-eenheid en hawe van die Heilige Maria van die Gunstige Winde"). Die kort vorm wat eindelik die stadsnaam sou word, "Buenos Aires", het in die 17de eeu algemeen gebruiklik geword.[7] Geskiedenis [wysig | wysig bron] Tradisionele Europese en moderne boustyle Buiteaansig van die Hotel de Inmigrantes in die stadsdeel Retiro. Vir honderdduisende Europese immigrante was dié gebou dekades gelede die toegangspoort tot 'n nuwe lewe in Argentinië. Dit huisves tans 'n museum Die eerste Europese seevaarder, wat in die jaar 1516 naby Buenos Aires voet aan wal gesit het, was die Spanjaard Juan de Solís. Hy het die groot rivier, wat hy teengekom het, Mar Dulce ("Die Soet See") genoem. Twintig jaar later het Pedro de Mendoza die eerste nedersetting in die gebied gestig, Santa Maria del Buen Aire. Die jaar 1536 word gevolglik as Buenos Aires se stigtingsdatum beskou. Weens die verset van vyandelik gesinde Indiane is die Spanjaarde egter gedwing om die kolonie enkele jare later na Asunción in Paraguay te verskuif. Die perde en beeste wat die Spanjaarde agtergelaat het, het die grondslag vir die Argentynse veeteelt gevorm, die belangrikste ekonomiese basis van die land. 'n Permanente vesting en dorp het uiteindelik in 1580 ontstaan toe 'n groep oorspronklike setlaars na die gebied teruggekeer het. Die stad het vir bykans tweehonderd jaar 'n onbenullige plek gebly, en aangesien die Spaanse regering die voorkeur aan ander hawens soos Lima gegee het, het talle bewoners 'n broodwinning uit smokkelary gemaak. Eers met die stigting van 'n Spaanse onderkoninkryk, wat groot dele van Argentinië, Chili, Uruguay en Bolivië ingesluit het, het die Buenos Aires 'n belangrike rol as administratiewe sentrum begin speel. Snelle ekonomiese vooruitgang het plaaslike nasionalisme bevorder; die gebied het in 1810 'n selfregerende status gekry, en in 1816 het die burgers van Buenos Aires onafhanklikheid van Argentinië verklaar. Dekades lank het die plaaslike regering gesukkel om gesag oor die hele land te verkry; aanhangers van 'n federale stelsel het met lede van politieke groeperings baklei wat eerder 'n eenheidstaat verkies het. In 1880 is Buenos Aires tot federale distrik (Distrito Federal) verklaar. Die regering van president Julio A. Roca het Europese stede, met name Parys, as voorbeeld vir die ontwikkeling van die stad geneem. Die Franse hoofstad het ook die aanleiding vir honderde nuwe geboue in Buenos Aires gegee wat volgens Paryse boustyle beplan is en aan die stad 'n Europese voorkoms gee. Grootskaalse immigrasie uit Ital…