NASDAQ - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikers…
NASDAQ - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Geskiedenis 2 Besigheid 3 Eienaars 4 Markte 5 Indekse Wissel Indekse subafdeling 5.1 NASDAQ-100 Indeks 5.2 NASDAQ Finansiële-100 Indeks 5.3 NASDAQ Saamgestelde Indeks 5.4 NASDAQ Nasionale Mark Saamgestelde Indeks 5.5 NASDAQ-bankindeks 5.6 NASDAQ Biotegnologie Indeks 5.7 NASDAQ-rekenaarindeks Wissel die inhoudsopgawe NASDAQ 90 tale العربية مصرى Asturianu Azərbaycanca Башҡортса Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български বাংলা Bosanski Català Cebuano کوردی Čeština Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Français Galego עברית हिन्दी Hrvatski Magyar Հայերեն Bahasa Indonesia Íslenska Italiano 日本語 Jawa ქართული Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Кыргызча Lietuvių Latviešu Minangkabau Македонски മലയാളം मराठी Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ नेपाली Nederlands Norsk bokmål Occitan ਪੰਜਾਬੀ Polski پښتو Português Română Русский Саха тыла Sicilianu Scots سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Slovenščina Српски / srpski Sunda Svenska தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Türkçe Татарча / tatarça ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Tiếng Việt Winaray 吴语 მარგალური 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie NASDAQ se kenteken. NASDAQ ('n akroniem vir National Association of Securities Dealers Automated Quotations) is 'n elektroniese effektebeurs in die VSA. Dit is deur die National Association of Security Dealers (NASD) in die V.S.A gestig wat dit in 'n reeks transaksies in 2000 en 2001 van die hand gesit het. Dit word tans besit en bestuur deur The Nasdaq Stock Market Inc. wat in 2002 op sy eie beurs genoteer is. Die NASDAQ is die grootste elektroniese skermgebaseerde elektroniese effektebeurs in die Verenigde State. Meer maatskappye (~3200) is daar genoteer as op enige ander VSA-beurs en daar word daagliks ook meer aandele verhandel as op enige ander mark in die VSA. Die huidige uitvoerende direkteur is Robert Greifeld. Geskiedenis [wysig | wysig bron] Die NASDAQ-saamgestelde indeks, wat swaar gelaai is met tegnologieaandele, het sy hoogtepunt in Maart 2000 bereik, wat ooreengestem het met die hoogtepunt van die dotcom-borrel. In minder as 'n jaar het dit gedaal tot minder as die helfte van sy piekwaarde. Toe daar begin is met aandeleverhandeling op 8 Februarie 1971 was dit die wêreld se eerste elektroniese effektebeurs. Op 17 Julie 1995 het die NASDAQ vir die eerste keer die 1 000 punt merk verbygesteek. Die indeks het sy hoogtepunt van 5132.52 op 10 Maart 2000 bereik, wat dan ook die teken was dat die einde van die Dot-comvoorspoedgolf aangebreek het. Toe die borrel bars het die indeks die helfte van sy waarde in minder as 'n halwe jaar verloor en staan nog steeds op minder as die helfte van sy waarde tydens sy hoogtepunt. Geargiveer 26 Maart 2006 op Wayback Machine Die NASDAQ bly egter steeds die VSA se grootste elektroniese effektebeurs. Besigheid [wysig | wysig bron] Die NASDAQ laat veelvuldige markdeelnemers toe om handel te dryf oor sy elektroniese kommunikasie netwerkstukture, wat kompetisie verhoog. Die verwerkingstelsel vir klein bestellings is nog 'n kenmerk van die NASDAQ wat in 1984 bekend gestel is om te verseker dat klein bestellings in 'n besige mark nie vergete raak nie maar outomaties verwerk word. Met ongeveer 3200 maatskappy genoteer, lys dit meer maatskappy en verhandel dit ook meer aandele as enige ander beurs ter wêreld. Die maatskappye daar genoteer is leiers in allerlei besigheidsvelde insluitend tegnologie, kleinhandel, kommunikasie, finansiële dienste, vervoer, media, farmaseuties en biotegnologie. Eienaars [wysig | wysig bron] Yahoo! (Yahoo!-data) NATIONAL ASSOCIATION OF SEC. DEALERS INC.: 30 persent Markte [wysig | wysig bron] NASDAQ National Market NASDAQ Capital Market Indekse [wysig | wysig bron] Die volgende soorte effekte kwalifiseer vir insluiting by die indekse. Daar word nie onderskeid getref tussen die NASDAQ National Market of die NASDAQ SmallCap Market nie en ook nie tussen plaaslike en buitelandse effekte nie. Klas van Effekte American Depositary Receipts (ADRs) Common Limited Partnership Interests Gewone Aandele Vaste Eiendom Beleggingstrusts Shares of Beneficial Interest (SBIs) Tracking Stocks Die volgende tipes effekte kan nie by die indekse ingesluit word nie: geslote fondse, omskakelbare debenture, omruilbare verhandelde fondse, voorkeuraandele, regte, lasbriewe, eenhede en ander afgeleide sekuriteite. NASDAQ-100 Indeks [wysig | wysig bron] Die NASDAQ-100 Indeks sluit 100 van die grootste (volgens markkapitalisasie) nie-finansiële maatskappye in wat op die NASDAQ genoteer is. Die Indeks dek maatskappye oor hoof industriële sektore wat rekenaarhardeware en -sagteware, telekommunikasie, klein- en groothandel en biotegnologie insluit. Dit sluit geen finansiële maatskappye in nie. Die NASDAQ-100 indeks word bereken volgens 'n kapitalisasie geweegde metode. Op 31 Januarie 1985 het die NASDAQ-100 Indeks begin vanaf 'n basis van 250.00. Op 1 Januarie 1994 is die NASDAQ-100 basis herset na 125.00 deur dit met 'n faktor van 2.00 te deel. NASDAQ Finansiële-100 Indeks [wysig | wysig bron] Die NASDAQ Finansiële-100 indeks sluit 100 van die grootste finansiële maatskappye in wat op die NASDAQ effektebeurs genoteer is. Hulle sluit in maatskappye wat deur die ICB (Industry Classification Benchmark) geklassifiseer word as Finansiële maatskappye wat ook ingesluit is by die NASDAQ Bank, Versekering en ander Finansiële indekse. Op 31 Januarie 1985 het die NASDAQ Finansiële-100 Indeks begin vanaf 'n basis van 250.00 punte. NASDAQ Saamgestelde Indeks [wysig | wysig bron] Die NASDAQ Saamgestelde Indeks meet al die plaaslike en buitelandse aandele wat op die NASDAQ beurs genoteer is. Vandag sluit die NASDAQ Saamgestelde Indeks meer as 3000 maatskappye in. Omdat dit so 'n breë basis het, is dit een van die groot markindekse wat die meeste aangehaal word. Op 5 Februarie 1971 het die NASDAQ Saamgestelde Indeks afgeskop met 'n basis van 100.00 punte. NASDAQ Nasionale Mark Saamgestelde Indeks [wysig | wysig bron] Die NASDAQ Nasionale Mark Saamgestelde Indeks is 'n onderafdeling van die NASDAQ Saamgestelde Indeks en bestaan uit al die maatskappye wat in die op die Nasionale Mark groep van die NASDAQ genoteer is. Op 10 Julie 1984 het die NASDAQ Nasionale Mark Saamgestelde Indeks vanaf 'n 100.00 basispunte afgeskop. NASDAQ-bankindeks [wysig | wysig bron] Die NASDAQ-bankindeks sluit die NASDAQ genoteerde maatskappye in wat volgens die ICB as banke geklassifiseer is. Hulle sluit banke in wat 'n wye reeks finansiële dienste aanbied met 'n groot kleinhandelsbank- en geldwisselaarskomponent insluit. Op 5 Februarie 1971 het die NASDAQ Bank Indeks met 100.00 basispunte afgeskop. NASDAQ Biotegnologie Indeks [wysig | wysig bron] Die NASDAQ Biotegnologie indeks bevat maatskappye wat volgens die ICB as biotegnologies of farmaseuties geklassifiseer is. Die NASDAQ Biotegnologie Indeks word bereken volgens 'n kapitalisasie geweegde metode. Op 1 November 1993 het die NASDAQ Biotegnologie Indeks met 200.00 basispunte afgeskop. NASDAQ-rekenaarindeks [wysig | wysig bron] Die NASDAQ-rekenaarindeks bevat NASDAQ genoteerde maatskappye wat volgens die ICB as Rekenaarhardeware verskaffers, Halfgeleierkomponentvervaardigers asook Sagteware en Rekenaardiensteverskaffers geklassifiseer is. Hulle sluit ondernemings in wat rekenaars en verwante elektroniese dataproseseringstoerusting vervaardig, halfgeleierkapitaaltoerusting, vervaardigers en verskaffers van silikonskywe en geïntegreerde stroombane, verskaffers van rekenaardienste en IT konsultante, Internet toegangverskaffers, internet sagteware-ontwikkelaars en aanlyn diensteverskaffers asook vervaardigers en verspreiding van internetsagteware en internet diensteverskaffers. Op 1 November 1993 het die NASDAQ Rekenaarindeks afgeskop met 200.00 basispunte. Normdata Internasionaal Nasdaq</span>"}]]}'>ISNI VIAF FAST Nasionaal Duitsland Verenigde State Pole Israel Akademie CiNii Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=NASDAQ&oldid=2668140" Kategorieë: Effektebeurs-indekse Ekonomie van die Verenigde State van Amerika New York (stad) Die bladsy is laas op 4 Mei 2024 om 05:54 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe NASDAQ 90 tale Nuwe onderwerp