Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-17T16:07:46Z

Wiki - Wikipedia

Wiki - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…

Open original source · Full cached text

Wiki - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Wiki 151 tale Alemannisch Aragonés अंगिका العربية مصرى অসমীয়া Asturianu Azərbaycanca Башҡортса Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български Banjar Bamanankan বাংলা Brezhoneg Bosanski Буряад Català Cebuano کوردی Corsu Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Võro Na Vosa Vakaviti Føroyskt Français Arpetan Furlan Gaeilge Kriyòl gwiyannen Galego Hausa עברית हिन्दी Hrvatski Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Interlingua Bahasa Indonesia Igbo Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Medžuslovjansky Italiano ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ / inuktitut 日本語 La .lojban. Jawa ქართული Taqbaylit Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Kurdî Кыргызча Latina Lëtzebuergesch Lingua Franca Nova Limburgs Lombard Lietuvių Latviešu Malagasy Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол मराठी Bahasa Melayu Malti မြန်မာဘာသာ مازِرونی Nāhuatl Nedersaksies Plattdüütsch नेपाली Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Nouormand Occitan ਪੰਜਾਬੀ Pangasinan Polski Piemontèis Ποντιακά پښتو Português Runa Simi Română Русский Русиньскый संस्कृतम् Sardu Sicilianu Scots Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Soomaaliga Shqip Српски / srpski Sunda Svenska Kiswahili தமிழ் ತುಳು తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Tagalog Toki pona Türkçe Татарча / tatarça Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Tiếng Việt Winaray 吴语 Хальмг მარგალური ייִדיש Yorùbá 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Meta-Wiki Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie 'n Wiki-Wiki-bus op die lughawe van Honolulu, Hawaii, VSA die oorsprong van die term. 'n Wiki of wiki (uitgespreek as "whiekie" of "wiekie") is 'n webwerf (of ander dokumentversameling) wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum. ’n Tipiese Wiki bestaan uit veelvuldige bladsye wat deur die publiek geredigeer en verander kan word (gewoonlik gratis en oopbron) of waarvan die redigering beperk is tot ’n spesifieke organisasie wat dit vir sy eie interne kennisdatabasis gebruik. Die term Wiki kan ook verwys na die samewerkende sagteware of Wiki-enjins wat ingespan word om só 'n webwerf te bedryf (sien Wiki-sagteware). ’n Wiki-enjin verskil van ander webgebaseerde sisteme soos blogsagteware en statiese webbladgenerators omdat die inhoud geskep word sonder enige aangestelde of gedefinieerde eienaar, deur enige ander gebruiker verander kan word en nie tot ’n spesifieke struktuur gebind is nie, maar aangepas kan word na aanleiding van die gebruikers se behoeftes. Wiki-enjins laat ook gewoonlik toe dat inhoud deur vereenvoudigde brontekstaal geskep kan word, wat dit meer toeganklik maak vir 'n groter groep gebruikers. Daar is honderdduisende Wiki’s tans in gebruik, beide privaat en publiek, insluitende Wiki’s wat as kennisbestuurhulpbronne, nota-aantekeningsgereedskap, gemeenskapswebwerwe en intranette funksioneer. Sommige laat beheer toe oor verskillende funksies (toegangsvlakke); byvoorbeeld, redigeerregte kan die verandering, byvoeging of verwydering van materiaal toelaat. Ander mag toegang toelaat sonder om toegangsbeheer af te dwing. Verdere reëls kan opgelê word om inhoud te organiseer. Ward Cunningham, skepper van die eerste Wiki-sagteware. Ward Cunningham, die ontwikkelaar van die eerste Wiki-sagteware, die WikiWikiWeb (ook soms na verwys as die Portland Pattern Repository), het ’n wiki oorspronklik beskryf as “die eenvoudigste moontlike aanlyn databasis” Die aanlyn ensiklopedieprojek Wikipedia, behalwe dat dit een van die populêrste webwerwe op die internet is, word sedert 2007 as een van die populêrste Wiki-gebaseerde webwerwe beskou. Wikipedia is nie ’n enkele wiki nie, maar eerder ’n versameling van honderde wiki’s wat elk tot ’n ander taal behoort. Die woord Wiki is afkomstig van "Wiki wiki", die Hawaiise term vir "flink", “snel” of "uiters vinnig". Soms word "wikiwiki" of "WikiWiki" gebruik in plaas van "wiki". Die terme is uitruilbaar, alhoewel daar verskil word oor die gebruik van letterkas. Eksterne skakels [wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Wiki. "Tour bus stop" by MeatballWiki WikiWikiWeb (die eerste wiki) Wiki Community List Wiki Engines EvoWiki: How wikis evolve Geargiveer 10 Februarie 2006 op Wayback Machine How did you come up with the idea for the Wiki? 'n Video-onderhoud met Ward Cunningham oor hoe hy met die idee van Wiki vorendag gekom het Wiki_Science: How to start a wiki Geargiveer 24 Junie 2004 op Wayback Machine (by Wikibooks) - help skryf aan die boek oor hoe om 'n wiki te begin. Normdata Internasionaal FAST Nasionaal Duitsland Verenigde State Wikis</span>"}]]}'>Frankryk Wikis</span>"}]]}'>BnF-data wiki</span>"}]]}'>Tsjeggië Israel Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wiki&oldid=2818613" Kategorieë: Hawaii Webtoepassings Wiki Die bladsy is laas op 5 Julie 2025 om 15:51 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe Wiki 151 tale Nuwe onderwerp