Italiaans - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruik…
Italiaans - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Geskiedenis Wissel Geskiedenis subafdeling 1.1 Van Vulgêrlatyn tot vroeë vorme van Italiaans 1.1.1 Oorgang van sintetiese tot analitiese konstruksies 1.2 Middeleeuse Italiaans 1.2.1 Oksitaanse invloede 1.2.2 Sisiliaanse Skool 1.2.3 Toskane 1.2.4 Venesië 1.3 Bybelvertalings 1.4 Die Questione della lingua of taalkwessie – 16de eeuse Italiaanse taalstudies 1.5 Standaarditaliaans as nasionale ampstaal 1.6 Sardies en Korsies 2 Spelling 3 Italiaanse leenwoorde in ander tale Wissel Italiaanse leenwoorde in ander tale subafdeling 3.1 Invloed in Afrikaans 3.1.1 Kookkuns 3.1.2 Finansies 3.1.3 Musiek 3.1.4 Ander 4 Verwysings 5 Verdere leesstof 6 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Italiaans 238 tale Аԥсшәа Адыгабзэ Alemannisch አማርኛ Aragonés Ænglisc अंगिका العربية ܐܪܡܝܐ الدارجة مصرى Asturianu Авар Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Betawi Български Bamanankan বাংলা བོད་ཡིག বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Буряад Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano ᏣᎳᎩ کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Dolnoserbski ދިވެހިބަސް Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego گیلکی Avañe'ẽ Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî Hawaiʻi עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Jaku Iban Bahasa Indonesia Interlingue Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Medžuslovjansky Italiano 日本語 Patois Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Taqbaylit Адыгэбзэ Kabɩyɛ Kongo Kumoring Қазақша ភាសាខ្មែរ ಕನ್ನಡ 한국어 Перем коми Къарачай-малкъар کٲشُر Kurdî Коми Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Лезги Lingua Franca Nova Limburgs Ligure Ladin Lombard Lingála ລາວ Lietuvių Latviešu मैथिली Мокшень Malagasy Олык марий Māori Македонски മലയാളം Монгол ꯃꯤꯇꯩ ꯂꯣꯟ ဘာသာမန် मराठी Bahasa Melayu Malti Mirandés မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाली नेपाल भाषा Li Niha Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Nouormand Sesotho sa Leboa Occitan Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Picard Polski Piemontèis پنجابی پښتو Português Runa Simi Rumantsch Română Armãneashti Tarandíne Русский Русиньскый संस्कृतम् Саха тыла ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ Sardu Sicilianu Scots سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски Taclḥit සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Gagana Samoa Anarâškielâ ChiShona Soomaaliga Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Toki pona Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça Twi Reo tahiti Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Vepsän kel’ Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Yorùbá Zeêuws ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 IsiZulu Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Abstract Wikipedia Wikimedia Commons Wikifunctions Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Italianers. {{vlagland|Switserland}}
{{vlagland|San Marino}}
{{vlagland|Vatikaanstad}}
{{vlagland|Slowenië}}
{{vlagland|Kroasië}}
{{vlagland|Somalië}}
{{vlagland|Eritrea}}
{{vlagland|Libië}}
{{vlagland|Malta}}
{{vlagland|Kosovo}}
{{vlagland|Montenegro}}"},"streek":{"wt":"[[Suid-Europa]]"},"sprekers":{"wt":"64 miljoen (moedertaal)
{{vlagland|Italië}}
{{vlagland|Switserland}}
{{vlagland|San Marino}}
{{vlagland|Vatikaanstad}}
[[Lêer:Flag of the Order of St. John (various).svg|22px]] [[Orde van Malta]]"},"agentskap":{"wt":"Accademia della Crusca"},"iso1":{"wt":"it"},"iso2":{"wt":"ita"},"iso3":{"wt":"ita"},"kaart":{"wt":"[[Lêer:Idioma italiano.png|250px|Verspreiding van Italiaans]]"}},"i":0}}]}'> #ACE1AF;"}]]}'>Italiaans italiano, lingua italiana Uitspraak: [itaˈljaːno], [ˈliŋɡwa itaˈljaːna] Gepraat in: Italië Switserland San Marino Vatikaanstad Slowenië Kroasië Somalië Eritrea Libië Malta Kosovo Montenegro Gebied: Suid-Europa Totale sprekers: 64 miljoen (moedertaal) 3 miljoen (tweede taal)[1] Rang: 20 Taalfamilie: Indo-Europees Italies Romaans Wes-Romaans Italoromaans Italiaans Skrifstelsel: Latynse alfabet #ACE1AF;"}]]}'>Amptelike status Amptelike taal in: Europese Unie Italië Switserland San Marino Vatikaanstad Orde van Malta Gereguleer deur: Accademia della Crusca #ACE1AF;"}]]}'>Taalbedreigingstatus Uitgesterf EXUitgestorwe taal Bedreig CRKrities bedreigde SEErg bedreigde DEBedreigde VUKwesbare Veilig NENie bedreig nie #ACE1AF;"}]]}'>Taalkodes ISO 639-1: it ISO 639-2: ita ISO 639-3: ita Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. Die taal Italiaans (italiano, [itaˈljaːno], luister (hulp·inligting) of lingua italiana, [ˈliŋɡwa itaˈljaːna]) is 'n lid van die Romaanse taalgroep. Net soos ander Romaanse tale was die gesproke Latynse taal of Vulgêrlatyn die uitgangspunt vir 'n taalkundige proses wat in die Middeleeue met die vestiging van Italiaans as selfstandige taal afgesluit is. Die oudste tekste, wat as Italiaans geklassifiseer word, dateer uit die tydperk tussen 960 en 963 en staan bekend as Placiti Cassinesi. Hulle is opgestel as juridiese dokumente vir die beslegting van 'n grondgeskil tussen drie Benediktynse-kloosters en 'n plaaslike grondeienaar in die omgewing van Capua, Kampanië. Blykbaar was ten minste een van die partye nie Latyn magtig nie sodat 'n vertaling in die volkstaal of volgare as nodig geag is.[2][3] 'n Inskrif op 'n marmertafel in Capua herinner aan die oudste bekende teks in Italiaans Italiaans word deur ongeveer 65 miljoen sprekers in Italië, San Marino, die Vatikaanstad, Switserland (hoofsaaklik in die kanton Ticino), Monaco, Frankryk (département Alpes-Maritimes), Italiaanse minderhede in dele van Kroasië en Slowenië asook Italiaanse gemeenskappe in die Europese en oorsese buiteland gepraat. So is dit danksy grootskaalse immigrasie vanaf die 19de eeu die tweede mees gesproke taal in Argentinië naas Spaans. Met die groot emigrasiegolwe van die laat 19de en vroeë 20ste eeu is Italiaans as een van die mees gesproke tale naas Engels in die Verenigde State gevestig. Wêreldwyd is tussen vyftien en twintig miljoen sprekers Italiaans as tweede taal magtig. Geskiedenis [wysig | wysig bron] Van Vulgêrlatyn tot vroeë vorme van Italiaans [wysig | wysig bron] Die ontwikkeling van Italiaans as Romaanse skryf- en literêre taal in eie reg het – in vergelyking met ander dele van die Romaanse taalgebied – relatief laat begin omrede Latyn nog betreklik lank maklik verstaanbaar was. Terwyl die Latynse stelsel van ses naamvalle of morfologiese kasus in Italiaans – net soos in ander Romaanse tale – verlore gegaan het, is die verbuigingstelsel bybehou. Opvallend is die oorgang van sintetiese tot analitiese konstruksies – 'n proses wat reeds in die Vulgêrlatynse taalfase begin het. Oorgang van sintetiese tot analitiese konstruksies [wysig | wysig bron] Klassieke Latyn Vulgêrlatyn Italiaans Afrikaans laudor laudatus sum sono lodato ek het lof ontvang cantavi habeo cantatum ho cantato ek het gesing Bron: Ursula Reutner/Sabine Schwarze: Geschichte der italienischen Sprache. Eine Einführung. Tübingen: Narr Francke Attempto 2011, bl. 24 Middeleeuse Italiaans [wysig | wysig bron] Oksitaanse invloede [wysig | wysig bron] 'n Reeks faktore het daartoe bygedra dat 'n literêre Italiaanse standaardtaal eers betreklik laat begin ontwikkel het. So het baie digters in Noord- en Suid-Italië aanvanklik voorkeur gegee het aan Oksitaans wat hulle nie net as 'n aantreklike taal beskou het nie, maar wat ook elders in Europa groot aansien geniet het en deur elites maklik verstaan en gelees kon word. Vroeë liriek in Suid-Italië is derhalwe in Oksitaans geskryf, terwyl in Noord-Italië naas Franko-Italiaanse chansons de geste (heldegedigte of epiese liedere wat die geïdealiseerde wêreld van ridders beskryf, in Afrikaans dikwels regstreeks vertaal ook Dadeliedere genoem) ook talle ander teksdokumente soos kronieke en ande geskiedkundige werke, digkuns, diergedigte en -fabels asook ander prosa in Oksitaans geskep is.[4] Selfs die Italiaanse meesterdigter Dante Alighieri het sy respek aan Oksitaans betoon en laat in Canto XXVI van sy Purgatorio die Oksitaanse trobador Arnaut Daniel (1150−1210), hoofverteenwoordiger van die sogenaamde donker en ingewikkelde styl van trobador-liriek (wat onder meer deur versteekte sinspelings gekenmerk is, bekend as trobar clus) wat deur hom as die "beste smid van die moedertaal" beskryf is, in sy eie taal optree. Sisiliaanse Skool [wysig | wysig bron] Die Normandiese gedeelte van die Palazzo dei Normanni of Palazzo Reale te Palermo, Sisilië. Hier, waar Frederik II grootgeword het, het later ook sy hof, die Magna Curia, vergader – 'n multikulturele sentrum van kunste en wetenskappe Die vroegste vorme van geskrewe literêre Italiaans dateer uit die 13de eeu en uit die suide van die taalgebied. Hier het Frederik II (1194−1250), keiser van die Heilige Romeinse Ryk en koning van Sisilië, 'n kunssinnige en intellektueel hoogstaande heerser wat ook self gedigte geskryf het, aan sy Sisiliaanse hof as beskermheer van digters opgetree. Die Sisiliaanse Skool (of Scuola siciliana) was 'n klein groep digters, naas enkele vastelanders meestal Sisili…