Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-13T19:39:05Z

1980 - Wikipedia

1980 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…

Open original source · Full cached text

1980 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan 1980 204 tale Аԥсшәа Alemannisch አማርኛ Aragonés العربية الدارجة مصرى Asturianu Авар Kotava Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Batak Toba Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български भोजपुरी Banjar বাংলা བོད་ཡིག বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Dolnoserbski Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge Gagauz 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego Avañe'ẽ Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Bahasa Indonesia Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Kabɩyɛ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Къарачай-малкъар Ripoarisch Kurdî Коми Kernowek Кыргызча Latina Lëtzebuergesch Лезги Limburgs Ligure Lombard Lingála Lietuvių Latviešu मैथिली Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Nāhuatl Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Nouormand Sesotho sa Leboa Occitan Livvinkarjala ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Pangasinan Kapampangan Papiamentu Deitsch Polski پنجابی Português Runa Simi Română Tarandíne Русский Русиньскый Саха тыла Sardu Sicilianu سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Soomaaliga Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Tetun Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça Reo tahiti Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Vahcuengh Zeêuws 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie 1980 ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1975 | 1976 | 1977 | 1978 | 1979 | ◄ 1980 ► | 1981 | 1982 | 1983 | 1984 | 1985 | ► | ► ► Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal Sien ook: Kategorie:1980 Kalenders   John Lennon Gregoriaanse kalender 1980 Ab urbe condita 2733 Armeense kalender 1429 ԹՎ Chinese kalender 4676 – 4677 丙未 – 丁申 Ethiopiese kalender 1972 –1973 Hebreeuse kalender 5740 – 5741 Hindoekalenders - Vikram Samvat 2035 – 2036 - Shaka Samvat 1902 – 1903 Irannese kalender 1358 –1359 Islamitiese kalender 1400 –1400 Die jaar 1980 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Gebeure [wysig | wysig bron] Januarie – Die goudprys bereik ’n rekordbedrag van 850,02 VSA-dollar per fynons. 22 Januarie – Andrei Sakharov, ’n sleutelargitek van die Sowjet waterstofbom en wenner van die 1975 Nobelprys vir Vrede word in Moskou gearresteer en na Gorki verban. 25 Januarie – Die Silverton-tak van Volkskas Bank in Pretoria word oorgeneem deur MK-vryheidsvegters. 1–7 Februarie – Die tweede Paralimpiese Winterspele word in Geilo, Noorweë, aangebied. 13–24 Februarie – Die 13de Olimpiese Winterspele word in Lake Placid, Verenigde State van Amerika, aangebied. 18 Maart - Tropiese sikloon Kolia, suid van Madagaskar, veroorsaak buitengewone deinings langs die Natalse kus. Golwe so hoog as 5 meter stort oor die seewalle van Laer Marine Parade in Durban en rig groot skade aan.[1] 18 April – Zimbabwe word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. Canaan Banana word die eerste president van die nuwe staat en Robert Mugabe die eerste Eerste Minister. 24 April – ’n Poging om VSA-gyselaars in die ambassade in Teheran te bevry eindig onsuksesvol. 2 Mei – Die Suid-Afrikaanse regering plaas 'n verbod op Pink Floyd se treffer Another Brick in the Wall.[2] 1 Junie – Agt brandstoftenks word vernietig deur Umkhonto we Sizwe (MK) by SASOL en NATREF in Sasolburg en Secunda. 21 Junie–5 Julie – Die sesde Paralimpiese Somerspele word in Arnhem, Nederland, aangebied. 13 Julie – Quett Masire volg Seretse Khama op as President van Botswana. 19 Julie–3 Augustus – Die 22ste Olimpiese Somerspele word in Moskou, Sowjetunie, aangebied. 30 Julie – Vanuatu word van Frankryk en die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 22 September – Die Iran-Irakse Oorlog breek uit. 13 Desember – Peter Mathebula word Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen toe hy vir Kim Tae-shik van Suid-Korea klop op punte. Geboortes [wysig | wysig bron] 19 Januarie – Jenson Button, Britse Formule Een-renjaer, 2009-wêreldkampioen. 27 Januarie – Marat Safin, Russiese tennisspeler. 28 Januarie – Nick Carter, Amerikaanse musikant. 6 Februarie – Coki Ramírez, Argentynse sangeres, aktrise en model. 22 Februarie – Jaco Jacobs, Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer. 24 Februarie – Janko de Beer, Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar, advokaat en natuurbewaarder. 2 Maart – Ingrid Bolsø Berdal, Noorse aktrise en vervaardiger. 21 Maart – Ronaldinho, beroemde Brasiliaanse professionele sokkerspeler. 22 Maart – Kandyse McClure, Kanadese aktrise. 9 April – Lika Berning, Suid-Afrikaanse aktrise. 9 April – Lindiwe Mazibuko, Suid-Afrikaanse politikus. 10 April – Charlie Hunnam, Britse akteur. 10 April – Kasey Kahne, Amerikaanse NASCAR-renjaer. 11 April – Keiji Tamada, Japannese sokkerspeler. 12 Mei – Rishi Sunak, Britse politikus en voormalige Eerste minister van die Verenigde Koninkryk. 12 Mei – Nadia G, Kanadese aktrise. 13 Mei – Jaco Peyper, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter. 1 Junie – Johann Muller, Suid-Afrika se drie-en-vyftigste Springbokkaptein. 6 Junie – Mmusi Maimane, voormalige leier van die Demokratiese Alliansie. 6 Junie – Pete Hegseth, die 29ste Amerikaanse sekretaris van verdediging. 17 Junie – Venus Williams, Amerikaanse tennisspeler. 20 Junie – Tika Sumpter, Amerikaanse aktrise. 5 Julie – Eva Green, Franse aktrise. 20 Julie – Gisele Bündchen, Brasiliaanse fotomodel en aktrise. 22 Julie – Dirk Kuyt, Nederlandse professionele sokkerspeler. 26 Julie – Jacinda Ardern, Nieu-Seelandse politikus en Eerste Minister. 6 Augustus – Vitantonio Liuzzi, Italiaanse professionele renjaer. 27 Augustus – CJ van der Linde, Springbokrugbyspeler. 28 Augustus – Johny Klein, Suid-Afrikaanse akteur. 5 September − Pita Limjaroenrat, Thaise politikus en sakeman. 8 September – Mbulaeni Mulaudzi, voormalige 800m wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner († 2014). 10 September − Jurga Šeduikytė, Litause popsangeres en liedjieskryfster. 14 September − Tersia Marshall, Suid-Afrikaanse politikus († 2026). 15 September − Jolin Tsai, Taiwannese sangeres, liedjieskrywer en aktrise. 18 September − Francois van Coke, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. 24 September − Tanit Phoenix, Suid-Afrikaanse model en aktrise. 4 November – Jerry Collins, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2015). 12 November – Ryan Gosling, Kanadese akteur en musikant. 25 November – Aaron Mokoena, Suid-Afrikaanse sokkerspeler. 3 Desember – Suléne Pilon, taalkundige aan die Universiteit van Pretoria se Departement Afrikaans en voorsitter van die Taalkommissie. Sterftes [wysig | wysig bron] 7 Februarie – Margaret Ballinger, 'n kragtige en invloedryke spreker, voorstander van gelykheid in Suid-Afrika en stigterslid van die Liberale Party (* 1894). 13 Februarie – David Janssen, Amerikaanse akteur, (* 1931). 31 Maart – Jesse Owens, Amerikaanse atleet (* 1913). 15 April – Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, dramaturg, skrywer, biograaf en aktivis (* 1905). 24 April – W.E.G. Louw, Afrikaanse digter (* 1913). 29 April – Alfred Hitchcock, Britse regisseur (* 1899). 4 Mei – Josip Broz Tito, president van Joego-Slawië (* 1892). 26 Mei – Willie Maree, Suid-Afrikaanse boer en politikus, leier van die Nasionale Party in Natal (* 1920). 7 Junie – Henry Miller, Amerikaanse novelis en essayis (* 1891). 21 Junie – Pierre Fourie, Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1943). 7 Julie – Johannes Meintjes, Suid-Afrikaanse kunsskilder en skrywer (* 1923). 12 Julie – Sir Seretse Khama, eerste president van Botswana sterf aan pankreaskanker (* 1921). 27 Julie – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran (* 1919). 31 Augustus – Chris Burger, heelagter van die WP, sterf nadat hy sy nek die vorige dag in 'n rugbywedstryd teen die Vrystaat gebreek het (* 1952). 23 September – Jim Fouché, Suid-Afrikaanse politikus en tweede Staatspresident van Suid-Afrika (1968–1975) (* 1898). 7 November – Steve McQueen, Amerikaanse rolprentakteur en -regisseur (* 1930). 8 November – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf (* 1901). 22 November – Mae West, Amerikaanse aktrise en draaiboekskrywer (* 1893). 24 November – George Raft, Amerikaanse akteur (* 1901). 8 Desember – John Lennon, Britse sanger en liedjieskrywer (The Beatles) (* 1940). 12 Desember – Jean Lesage, Kanadese advokaat, politikus en hervormer (* 1912). 24 Desember – Karl Dönitz, Duitse admiraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1891). 31 Desember – Marshall McLuhan, Kanadese mediakenner (* 1911) Verwysings [wysig | wysig bron] ↑ "'n Geskiedenis van besondere Weergebebeurtenisse in Suid-Afrika: 1500-1990". CAELUM: 88. Desember 1991. ↑ 35 Years Ago: Pink Floyd’s ‘Another Brick in the Wall’ Banned in South Africa, besoek op 17 Junie 2015 Verwysings [wysig | wysig bron] Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=1980&oldid=2917886" Kategorieë: 1980 20ste eeu Die bladsy is laas op 16 Julie 2026 om 22:26 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek 1980 204 tale Nuwe onderwerp