1926 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…
1926 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan 1926 198 tale Аԥсшәа Alemannisch አማርኛ Aragonés العربية الدارجة مصرى Asturianu Авар Kotava Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български भोजपुरी বাংলা বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Dolnoserbski Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge Gagauz 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego Avañe'ẽ Gaelg 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Bahasa Indonesia Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Italiano 日本語 La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Kabɩyɛ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Къарачай-малкъар Ripoarisch Kurdî Коми Kernowek Latina Lëtzebuergesch Лезги Limburgs Ligure Lombard Lingála Lietuvių Latviešu मैथिली Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Nāhuatl Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Nouormand Sesotho sa Leboa Occitan Livvinkarjala ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Polski پنجابی Português Runa Simi Română Armãneashti Tarandíne Русский Русиньскый Саха тыла Sardu Sicilianu Scots سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça Reo tahiti Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Vahcuengh Zeêuws 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie 1926 ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1921 | 1922 | 1923 | 1924 | 1925 | ◄ 1926 ► | 1927 | 1928 | 1929 | 1930 | 1931 | ► | ► ► Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal Sien ook: Kategorie:1926 Kalenders Koning Prajadhipok (Rama VII) by sy kroning Gregoriaanse kalender 1926 Ab urbe condita 2679 Armeense kalender 1375 ԹՎ Chinese kalender 4622 – 4623 壬丑 – 癸寅 Ethiopiese kalender 1918 –1919 Hebreeuse kalender 5686 – 5687 Hindoekalenders - Vikram Samvat 1981 – 1982 - Shaka Samvat 1848 – 1849 Irannese kalender 1304 –1305 Islamitiese kalender 1345 –1345 Die jaar 1926 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 26ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure [wysig | wysig bron] 25 Februarie – In Siam word koning Prajadhipok (Rama VII) gekroon. 25 Maart – Die Minister van Onderwys en Binnelandse Sake, D.F. Malan, gee toestemming dat prof. J.J. Smith die opstel van 'n Afrikaanse Woordeboek begin. 2 Mei – 'n Burgeroorlog breek uit in Nicaragua. 28 Mei – 'n Staatsgreep in Portugal word uitgevoer deur generaal Manuel Gomes da Costa. 31 Mei – Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië word volle lede van die Imperiale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR). 18 November – Pous Pius XI noem die Meksikaanse regering "barbaars" in sy ensikliek "Inquis Afflictisque". 7 Desember – Die vliegtuig Switzerland styg in Zürich op op pad na Kaapstad. Dit word die eerste vlug tussen Switserland en Suid-Afrika. Die vlieënier is Walter Mittelholzer. Diamante word aan die kus van Namakwaland ontdek. Generaal Jan Christian Smuts van Suid-Afrika ontwikkel ’n teorie van holisme in die boek "Holism and evolution" en word gevolglik deur baie gereken as die vader van stelselteorie. Die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad met 46 leerders en mnr. J.J. Jordaan as eerste hoof gestig. Geboortes [wysig | wysig bron] 13 Januarie – Carl von Hirschberg, 'n Suid-Afrikaanse diplomaat. († 2017). 16 Januarie – Salty du Rand, Suid-Afrika se vyf-en-twintigste Springbokkaptein († 1979). 10 Februarie – Nico Carstens, Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier († 2016). 10 Februarie – Győrgy Lehel, Hongaarse dirigent († 1989). 11 Februarie – Paul Bocuse, Franse sjef, gastronoom en skrywer van kookboeke († 2018). 22 Februarie – Daan Retief, Suid-Afrikaanse akteur, radio-omroeper, rolprentregisseur. Bekend as Staal Burger in sy vervolgreekse († 1990). 28 Februarie – Ernst Waldemar Bauer, Duitse televisie- en radiopublisis, bioloog, skrywer, politikus († 2015). 6 Maart – Andrzej Wajda, Poolse teater- en filmregisseur († 2016). 6 Maart – Alan Greenspan, Amerikaanse ekonoom († 2026). 7 Maart – Johan Degenaar, Suid-Afrikaanse filosoof en teoloog († 2015). 18 Maart – Peter Graves, Amerikaanse akteur en regisseur († 2010). 30 Maart – Ingvar Kamprad, Sweedse sakemagnaat en stigter van Ikea († 2018). 2 April – Jack Brabham, Australiese Grand Prix-renjaer († 2014). 3 April – Gus Grissom, Amerikaanse ruimtevaarder († 1967). 6 April – Ian Paisley, Noord-Ierse unionistiese politikus en Protestantse godsdienstige leier († 2014). 7 April – Gloria Warren, Amerikaanse aktrise († 2021). 8 April – Emma Renzi, Suid-Afrikaanse sopraan. 9 April – Hugh Hefner, Amerikaanse pornotydskrifuitgewer († 2017). 21 April – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk († 2022). 22 April – Charlotte Rae, Amerikaanse aktrise († 2018). 23 April – J. P. Donleavy, Iers-Amerikaanse skrywer en dramaturg († 2017). 28 April – Harper Lee, Amerikaanse skryfster van To Kill a Mockingbird en Pulitzerprys-wenner († 2016). 30 April – Cloris Leachman, Amerikaanse aktrise († 2021). 5 Mei – Ann B. Davis, Amerikaanse aktrise, The Brady Bunch († 2014). 7 Mei – Klaas Runia, Nederlandse joernalis en teoloog († 2006). 8 Mei – David Attenborough, Britse natuurkundige en TV-persoonlikheid. 8 Mei – C.F. Beyers-Boshoff, Afrikaanse skrywer († 1989). 10 Mei – Hugo Banzer, Boliviaanse politikus, generaal en president van Bolivië († 2002). 12 Mei – Marilyn Knowlden, Amerikaanse aktrise († 2025). 17 Mei – Dmitri Romanowitsj Romanof, Russiese prins, bankier, filantroop en skrywer († 2016). 23 Mei – Joe Slovo, Suid-Afrikaanse Kommunistiese Partyleier en ANC-politikus († 1995). 24 Mei – Christina Susanna van Zyl, Suid-Afrikaanse skryfster van jeugverhale († 2004). 1 Junie – Marilyn Monroe, Amerikaanse aktrise († 1962). 6 Junie – Klaus Tennstedt, Duitse dirigent († 1998). 25 Junie – Ingeborg Bachmann, Oostenrykse skryfster († 1973). 26 Junie – Louis Pienaar, Suid-Afrikaanse regter en diplomaat, die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika († 2012). 4 Julie – Amos Elon, Israelse skrywer en joernalis († 2009). 26 Julie – Lennox Sebe, Ciskei president († 1994). 31 Julie – Hilary Putnam, Amerikaanse filosoof († 2016). 11 Augustus – Aaron Klug, Britse skeikundige en biochemikus († 2018). 13 Augustus – Fidel Castro, Kubaanse rewolusionêr en staatsman († 2016). 15 Augustus – Julius Katchen, Amerikaanse pianis († 1969). 4 September – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog († 2002). 11 September – Gerrit Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2009). 17 September – Berta Smit, Suid-Afrikaanse uitgewer en Afrikaanse skrywer († 1997). 25 September – Stafford Beer, Britse stelseteoretikus en konsultant († 2002). 2 Oktober – Jan Morris, Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer († 2020). 11 Oktober – Thich Nhat Hanh, Viëtnamese Boeddhistiese monnik, vredesaktivis, digter en skrywer († 2022). 15 Oktober – Michel Foucault, Franse filosoof († 1984). 17 Oktober – Julie Adams, Amerikaanse aktrise († 2019). 24 Oktober – Désirée Talbot, Suid-Afrikaanse sopraan († 2020). 15 Desember – Dolf Bekker, Springbokrugbyspeler († 2012). 28 Desember – F.F. Odendal, Afrikaanse taalkundige en leksikograaf († 2013). Sterftes [wysig | wysig bron] 8 Maart – Ds. Daniël Jozua Pienaar, leier in die NG Kerk en onderwysman (* 1853). 11 Maart – Siener van Rensburg, Suid-Afrikaanse toekomsvoorspeller (* 1862). 15/16 Mei – Mehmet VI, die laaste sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1861) 23 Mei – Hans von Koessler, Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser. (* 1853). 8 Junie – Emily Hobhouse, Britse menseregteaktivis (* 1860). 20 Julie – Feliks Dzerzjinski, Russiese rewolusionêr en amptenaar (* 1877). 1 Augustus – John X. Merriman, langsdienende parlementslid en onder andere ook Eerste Minister van die Kaapkolonie (* 1841). 15 Oktober – Ferdie Aston, Suid-Afrika se vierde Springbokkaptein (* 1871). 31 Oktober – Die towenaar Harry Houdini sterf aan gangreen en buikvliesontsteking wat ontwikkel nadat sy blindederm gebars het. 26 November – John Browning (71), Amerikaanse vuurwapenontwerper (* 1855). 5 Desember – Claude Monet, impressionistiese kunsskilder van Giverny, Frankryk (* 1840). 29 Desember – Rainer Maria Rilke, Oostenrykse digter (* 1875). Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=1926&oldid=2913785" Kategorie: 1926 Die bladsy is laas op 25 Junie 2026 om 18:40 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek 1926 198 tale Nuwe onderwerp