Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-13T19:22:27Z

1946 - Wikipedia

1946 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…

Open original source · Full cached text

1946 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan 1946 200 tale Аԥсшәа Acèh Alemannisch አማርኛ Aragonés العربية الدارجة مصرى Asturianu Авар Kotava Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български भोजपुरी Banjar বাংলা বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Dolnoserbski Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge Gagauz 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego Avañe'ẽ Gaelg 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Bahasa Indonesia Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Kabɩyɛ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Къарачай-малкъар Ripoarisch Kurdî Коми Kernowek Latina Lëtzebuergesch Лезги Limburgs Ligure Ladin Lombard Lingála Lietuvių Latviešu मैथिली Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Nāhuatl Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Nouormand Sesotho sa Leboa Occitan Livvinkarjala ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Polski پنجابی Português Runa Simi Română Tarandíne Русский Русиньскый Саха тыла Sardu Sicilianu Scots سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Tetun Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça Reo tahiti Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Vepsän kel’ Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray მარგალური ייִדיש Vahcuengh Zeêuws 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie 1946 ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1941 | 1942 | 1943 | 1944 | 1945 | ◄ 1946 ► | 1947 | 1948 | 1949 | 1950 | 1951 | ► | ► ► Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal Sien ook: Kategorie:1946 Kalenders   Die Verenigde Nasies se hoofkwartier Gregoriaanse kalender 1946 Ab urbe condita 2699 Armeense kalender 1395 ԹՎ Chinese kalender 4642 – 4643 壬酉 – 癸戌 Ethiopiese kalender 1938 –1939 Hebreeuse kalender 5706 – 5707 Hindoekalenders - Vikram Samvat 2001 – 2002 - Shaka Samvat 1868 – 1869 Irannese kalender 1324 –1325 Islamitiese kalender 1365 –1365 Die jaar 1946 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 46ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure [wysig | wysig bron] 10 Januarie – Die eerste algemene vergadering van die Verenigde Nasies open in Londen. Altesaam 51 lidlande is verteenwoordig. 1 Februarie – Noorweegse politikus Trygve Lie word verkies tot die eerste VN-sekretaris-generaal. 18 Februarie – In sy eerste konsistorie stel Pous Pius XII 32 nuwe kardinale aan met veel nie-Italiane en geestelikes uit China, Indië en die Midde-Ooste. 24 Februarie – Kolonel Juan Perón word vir sy eerste termyn as president van Argentinië verkies. 16 April – Die ryk goudveld in die Vrystaatse Goudvelde word op die plaas Geduld ontdek. 17 April – Sirië word van Frankryk onafhanklik. 18 April – Die ná die Eerste Wêreldoorlog gestigte Volkebond word ontbind en met die VN vervang. 25 Mei – Jordanië word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 4 Julie – Die Filippyne word van die Verenigde State onafhanklik. 7 Julie – Moeder Frances Xavier Cabrini word die eerste Amerikaner wat heilig verklaar word deur die Rooms-Katolieke Kerk. 24 September – Die lugredery Cathay Pacific word in Hongkong gestig. 1 Oktober – Die Neurenberg-verhore kom tot 'n einde. 9 November – Die skip SS City of Lincoln strand by Quoin Point naby die Overberg. Geboortes [wysig | wysig bron] André Stander, Suid-Afrikaanse polisieoffisier en berugte bankrower († 1984). 5 Januarie – Diane Keaton, Amerikaanse aktrise, regisseur, draaiboekskryfster en vervaardiger († 2025). 6 Januarie – Syd Barrett, Engelse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die rockgroep Pink Floyd in 1965 gestig het († 2006). 8 Januarie – Whitey Basson, Suid-Afrikaanse sakeman en miljardêr. 11 Januarie – Naomi Judd, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2022). 18 Januarie – Jakes Gerwel, akademikus, politikus en sakeman († 2012). 19 Januarie – Julian Barnes, Engelse skrywer. 19 Januarie – Dolly Parton, Amerikaanse sanger en aktrise. 20 Januarie – David Lynch, Amerikaanse regisseur († 2025). 23 Januarie – Boris Berezovsky, Russiese oligarg en invloedryke († 2013). 30 Januarie – Paul Alexander, Amerikaanse verlamde polio-oorlewende, wat die laaste man was wat in 'n ysterlong geleef het († 2024). 31 Januarie – Stan Christodoulou, Suid-Afrikaanse boksskeidsregter. 31 Januarie – Jan Groenewald, Suid-Afrikaans akteur, televisieredakteur en dramaturg († 2024). 5 Februarie – Charlotte Rampling, Engelse aktrise. 21 Februarie – Alan Rickman, Britse akteur († 2016). 4 Maart – Diane Broeckhoven, Vlaamse skryfster. 5 Maart – Anton Goosen, Suid-Afrikaanse musikant. 5 Maart – Charles Fryer, Suid-Afrikaanse digter en uitgewer († 2014). 5 Maart – Martin van Creveld, Israeliese militêre historikus en teoretikus. 10 Maart – Peter Temple, Australies-Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer († 2018). 13 April – Ds. Frans Maritz, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en leier in die Sinode van Midde-Afrika († 2003). 18 April – Hayley Mills, Britse aktrise. 19 April – Leon Wessels, Suid-Afrikaanse prokureur, politikus, en blanke aktivis. 19 April – Tim Curry, Britse akteur en sanger. 25 April – Talia Shire, Amerikaanse aktrise. 27 April – Robert Anker, Nederlandse skrywer en digter († 2017). 29 April – John Waters, Amerikaanse filmregisseur. 30 April – Koning Carl XVI Gustaf van Swede van Swede. 2 Mei – David Suchet, Engelse verhoog- en televisieakteur. 2 Mei – Lesley Gore, Amerikaanse sangeres († 2015). 10 Mei – Trienke Laurie, Suid-Afrikaanse skrywer ((† 2023). 22 Mei – George Best, Noord-Ierse sokkerspeler († 2005). 2 Junie ̠– Peter Sutcliffe, Britse reeksmoordenaar († 2020). 7 Junie – Jan Engelen, Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur († 2018). 14 Junie – Donald Trump, 45ste/47ste President van die Verenigde State van Amerika. 15 Junie – Demis Roussos, Griekse sanger († 2015). 24 Junie – Ellison Onizuka, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986). 30 Junie – Serge-Henri Valcke, Belgiese akteur. 6 Julie – George W. Bush, 43ste President van die Verenigde State. 6 Julie – Peter Singer, Australiese morele filosoof. 10 Julie – Emma Huismans, Afrikaanse skrywer. 19 Julie – Lucas Malan, Afrikaanse digter († 2010). 22 Julie – Mireille Mathieu, Franse sangeres. 29 Julie – Stig Blomqvist, Sweedse kampioentydrenjaer. 17 Augustus – Hugh Baiocchi, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler. 19 Augustus – Bill Clinton, 42ste President van die Verenigde State. 19 Augustus – Elma Potgieter, Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en taalpraktisyn. 20 Augustus – Lerina Erasmus, Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer († 2018). 24 Augustus – Ray Moore, Suid-Afrikaanse tennisspeler. 5 September – Freddie Mercury, Britse musikant en die hoofsanger van die rockgroep Queen († 1991). 9 September – Aleksander Doba, Poolse kajakvaarder wat veral bekend was vir sy lang reise wat oseane oorsteek († 2021). 15 September – Mike Procter, Suid-Afrikaanse krieketkaptein en keurder († 2024). 28 September – Roelof Temmingh, Suid-Afrikaanse komponis († 2012). 30 September – George Ballot, Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur († 2023). 30 September – Jochen Mass, Duitse motorrenjaer en radiokommentator († 2025). 4 Oktober – Susan Sarandon, Amerikaanse aktrise. 6 Oktober – Tony Greig, Suid-Afrikaansgebore Engelse krieketspeler († 2012). 12 Oktober – Dalton Cathey, Amerikaanse akteur († 1990). 14 Oktober – Craig Venter, Amerikaanse molekulêre bioloog en sakeman († 2026). 20 Oktober – Elfriede Jelinek, Oostenrykse skryfster en wenner van die Nobelprys vir Literatuur in 2004. 29 Oktober – John Williams, Suid-Afrikaanse rugbyafrigter († 2024). 2 November – Giuseppe Sinopoli, Italiaanse komponis, arts en antropoloog († 2001). 30 November – Marina Abramović, Serwiese uitvoerende kunstenaar. 1 Desember – Rudolf Buchbinder, Oostenrykse pianis. 12 Desember – Emerson Fittipaldi, Brasiliaanse renjaer. 14 Desember – Jane Birkin, Engelse aktrise († 2023). 18 Desember – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en stigter van die Swart bewussynsbeweging sterf in polisie-aanhouding († 1977). 23 Desember – Susan Lucci, Amerikaanse aktrise. 25 Desember – Jimmy Buffett, Amerikaanse sanger ("Margaritaville") († 2023). 29 Desember – Marianne Faithfull, Engelse sangeres en aktrise († 2025) Sterftes [wysig | wysig bron] 8 Januarie – Dion Fortune, Walliese skryfster en okkultis (* 1890) 23 Januarie – Morris Alexander, lid van die Suid-Afrikaanse Volksraad vir Kaapstad-Kasteel (* 1877). 4 Februarie – Herbert Baker, Britse argitek (* 1862). 5 Februarie – George Arliss, Britse akteur (* 1868). 11 Februarie – John Langalibalele Dube, Suid-Afrikaanse essayis, filosoof, opvoedkundige, politikus, skrywer en digter (* 1871). 10 Maart – Karl Haushofer, akademikus, populariseer geopolitiek in Duitsland (* 1869). 12 Maart – Ferenc Szálasi, Hongaarse militêre offisier en politikus (* 1897). 1 April – Lionel Royce, Oostenrykse - Amerikaanse akteur (* 1891). 3 April – Masaharu Homma, Japannese luitenant-generaal en oorlogsmisdadiger (* 1887). 13 April – William Henry Bell, Suid-Afrikaanse komponis (* 1873). 21 April – John Maynard Keynes, Britse ekonoom (* 1883). 19 Mei – Booth Tarkington, Amerikaanse skrywer (* 1869). 27 Mei – Danie Bosman, Afrikaanse komponis van ligte liedjies (* 1907). 6 Junie – Gerhart Hauptmann, Duitse dramaturg en romansier (* 1862). 23 Junie – Arthur William Rogers, Suid-Afrikaanse geoloog en staatsamp…