Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-13T19:29:04Z

1961 - Wikipedia

1961 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…

Open original source · Full cached text

1961 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan 1961 202 tale Аԥсшәа Alemannisch አማርኛ Aragonés العربية الدارجة مصرى Asturianu Авар Kotava Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български भोजपुरी Banjar বাংলা বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Dolnoserbski Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge Gagauz 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego Avañe'ẽ Gaelg 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Bahasa Indonesia Interlingue Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Italiano 日本語 La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Kabɩyɛ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Къарачай-малкъар کٲشُر Ripoarisch Kurdî Коми Kernowek Latina Lëtzebuergesch Лезги Limburgs Ligure Lombard Lingála Lietuvių Latviešu मैथिली Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Nāhuatl Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Nouormand Sesotho sa Leboa Occitan Livvinkarjala ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Deitsch Polski پنجابی Português Runa Simi Română Armãneashti Tarandíne Русский Русиньскый Саха тыла Sardu Sicilianu سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Soomaaliga Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Tetun Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça Reo tahiti Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Vahcuengh Zeêuws 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie 1961 ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1956 | 1957 | 1958 | 1959 | 1960 | ◄ 1961 ► | 1962 | 1963 | 1964 | 1965 | 1966 | ► | ► ► Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal Sien ook: Kategorie:1961 Kalenders   Fidel Castro met Joeri Gagarin Gregoriaanse kalender 1961 Ab urbe condita 2714 Armeense kalender 1410 ԹՎ Chinese kalender 4657 – 4658 丁子 – 戊丑 Ethiopiese kalender 1953 –1954 Hebreeuse kalender 5721 – 5722 Hindoekalenders - Vikram Samvat 2016 – 2017 - Shaka Samvat 1883 – 1884 Irannese kalender 1339 –1340 Islamitiese kalender 1381 –1381 Die jaar 1961 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 61ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Die jaar was die eerste "onderstebo" jaar – met ander woorde, 'n jaartal wat dieselfde lyk wanneer dit omgedraai en bekyk word, as wanneer dit regop staan – sedert 1881, en is die laaste jaar wat só lyk tot die jaar 6009! Gebeure [wysig | wysig bron] Januarie en Februarie [wysig | wysig bron] 1 Januarie – Die oortjie, 'n muntstuk in gebruik sedert die dertiende eeu, word nie meer as geldeenheid in die Verenigde Koninkryk gebruik nie. 3 Januarie – President Dwight Eisenhower kondig aan dat die Verenigde State diplomatiese en konsulêre verhoudings met Kuba verbreek. 3 Januarie – SL-1, 'n atoomreaktor, ontplof by die National Reactor Testing Station in Idaho Falls, Idaho, en drie militêre tegnici sterf daarin. 7 Januarie – Ná 'n vierdaagse konferensie in Casablanca, kondig vyf Afrika-staatshoofde hul plan aan om 'n NATO-agtige Afrika-organisasie te stig om sodoende saam hulself te kan verdedig. Die Handves van Casablanca word geskryf deur Marokko, die Verenigde Arabiese Republiek, Ghana, Guinee, en Mali. 17 Januarie – Patrice Lumumba sterf in 'n sluipmoordaanval. 20 Januarie – John F. Kennedy word die vyf-en-dertigste President van die Verenigde State. 24 Januarie – 'n Amerikaanse B-52-bomwerper met twee 24-megaton atoombomme stort neer naby Goldsboro, Noord-Carolina. 25 Januarie – In Washington, DC lewer John F. Kennedy die eerste lewende uitsending van 'n presidensiële nuuskonferensie. 25 Januarie – Om "linkse uitspattigheid" te beëindig, pleeg 'n junta wat uit twee weermagsoffisiere en vier burgerlikes bestaan, 'n staatsgreep in El Salvador, en skop só 'n ander junta uit wat slegs drie maande lank regeer het. 26 Januarie – John F. Kennedy stel Janet G. Travell aan om sy persoonlike arts te wees. Dit is die eerste keer dat 'n vrou hierdie posisie beklee. 31 Januarie – Ham, 'n sjimpanseemannetjie wat 17 kilogram weeg, word die ruimte ingestuur in Mercury-Redstone 2, as deel van 'n toets in die Mercury-program met die uiteindelike idee om Amerikaanse ruimtevaarders ook daar te kry. 4 Februarie – Die Portugese burgeroorlog begin in Angola. 11 Februarie – Die hofsaak teen Adolf Eichmann begin in Jerusalem. 13 Februarie – Die Kongolese regering kondig aan dat dorpenaars Patrice Lumumba vermoor het. 14 Februarie – Ontdekking van die chemiese elemente: Element nommer 103, Lawrencium, word die eerste keer vervaardig in Berkeley, Kalifornië. 15 Februarie – 'n Boeing 707-vliegtuig stort neer in België. Drie-en-sewentig mense sterf, onder andere al die lede van die Verenigde State se ysskaatsspan en 'n hele paar van hul afrigters. 26 Februarie – Hassan II word die koning van Marokko. Maart tot Mei [wysig | wysig bron] 1 Maart – John F. Kennedy stig die Vredeskorps. 1 Maart – Uganda word selfregerend, en hou die land se eerste algemene verkiesing. 15 Maart – Suid-Afrika onttrek van die Gemenebes van Nasies. 18 Maart – 'n Skietstilstand word in die Algerynse onafhanklikheidsoorlog verklaar. 29 Maart – Regter F.L. Rumpff bevind die dertig beskuldiges (onder wie Nelson Mandela en Walter Sisulu) van die ANC in die Hoogverraadsaak van 1956 onskuldig. 30 Maart – Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1961, waarin slegs wit kiesers kon stem, word deur die regerende Nasionale Party gewen. 12 April – Joeri Gagarin word die eerste persoon om om die aarde te wentel. Hy is gelanseer in die Vostok 1, wat binne een uur en 48 minute een keer rondom die aarde vlieg. 13 April – Die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering verklaar Apartheid 'n 'misdaad teen die mensdom'.[1] 17 April – Die Bay of Pigs-inval van Kuba begin, maar misluk twee dae later. 24 April – Die berging van die Sweedse 1628-skip Vasa vind plaas in die Stockholmhawe. 27 April – Sierra Leone word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 5 Mei – Alan Shepard word die eerste Amerikaner wat 'n ruimtevaart meemaak in Mercury-Redstone 3. Sy ruimtevaart duur 15 minute, minder as 'n volledige omwenteling. 31 Mei – Suid-Afrika word 'n republiek en verlaat die Britse Statebond. Die geldeenheid verander van die Britse pond na die rand. Junie tot Augustus [wysig | wysig bron] 19 Junie – Koeweit word onafhanklik. 23 Junie – Die Antarktiese Verdrag word gesluit. 21 Julie – Amerika se tweede bemande ruimtetuig Mercury-Redstone 4 word lanseer. 13 Augustus – Die Duitse Demokratiese Republiek begin met die oprigting van die Berlynse Muur om ontsnappings deur die Ystergordyn te keer. 23 Augustus – Ranger 1, 'n onbemande Amerikaanse ruimtetuig, word lanseer. September tot Desember [wysig | wysig bron] 9 September – USS Long Beach, die eerste kernaangedrewe skip word in diens gestel. 18 September – Die Konfederasie vir Noord-, Sentraal-Amerikaanse en Karibbiese Sokker word in Meksikostad, Meksiko, deur lidlande van die NAFC en die CCCF gestig. 17 Oktober – Witrenosters word hervestig in die Krugerwildtuin. 30 Oktober – Tsaar Bomba, ’n Sowjet-waterstofbom, word ontplof oor Nowaja Zemlja-eiland in die Arktiese Oseaan; dit is die grootste kernwapen wat ooit ontplof is. 18 November – Ranger 2, 'n onbemande Amerikaanse ruimtetuig, word lanseer. 28 November – 'n Tornado saai verwoesting in Nelspruit, veral die oostelike gedeelte.[2] 3 Desember – Die Verenigde State van Amerika ontplooi 'n peloton troepe op die grens tussen oos- en wes-Berlyn toe Oos-Duitsland die Berlynse Muur begin versterk. 9 Desember – Tanganjika word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 13 Desember – Ten minste 15 mense verdrink in Potchefstroom na 'n hewige reën- en haelstorm. 15 Desember – 'n Israeli-oorlogsmisdaadtribune vonnis Adolf Eichmann met die doodstraf vir sy aandeel in die Joodse volksmoord. Geboortes [wysig | wysig bron] 19 Januarie – Soli Philander, Suid-Afrikaanse akteur, komediant, regisseur en televisie-aanbieder († 2026). 20 Januarie – Elzabé Zietsman, Suid-Afrikaanse aktrise en kabaretster. 22 Januarie – Markus Jooste, Suid-Afrikaanse sakeman († 2024). 28 Januarie – Arnaldur Indriðason, Yslandse skrywer. 17 Februarie – Meir Kessler, Israelse rabbi. 17 Februarie – Andrey Korotayev, Russiese antropoloog, historikus en ekonoom. 24 Februarie – Erna Solberg, Noorse politikus. 25 Februarie – Anneli van Rooyen, Afrikaanse sangeres. 7 Maart – Sanae Takaichi, Japannese politikus. 12 Maart – Marianne Thamm, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en komediant. 20 Maart – Carol Thomas, Suid-Afrikaanse ginekoloog († 2019). 24 Maart – Yanis Varoufakis, Griekse ekonoom en politikus. 25 Maart – John Stockwell, Amerikaanse akteur. 3 April – Eddie Murphy, akteur en komediant. 11 April – Vincent Gallo, Amerikaanse akteur en regisseur. 26 April – Joan Chen, Chinees-Amerikaanse aktrise. 6 Mei – Frans Timmermans, Nederlandse politikus van die PvdA. 12 Mei – Zandile Gumede, politikus en voorheen burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. 17 Mei – Enya (Eithne Patricia Ní Bhraonáin), Ierse sangeres. 20 Mei – Peter Diamandis, 'n Amerikaanse futuris en entrepreneur. 3 Junie – Jothan Msibi, Suid-Afrikaanse taxibedryfleier en sakeman († 2024). 12 Junie – Pierre Coetzer, voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokser. 1 Julie – Prinses Diana, Prinses van Wallis († 31 Augustus 1997). 17 Julie – Zbigniew Zamachowski, Poolse akteur. 25 Julie – Katherine Kelly Lang, Amerikaanse aktrise. 2 Augustus – Tom Gouws, Afrikaanse skrywer en akademikus († 2018). 4 Augustus – Barack Obama, 44ste President van die Verenigde State van Amerika. 9 …