Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-13T19:37:55Z

1976 - Wikipedia

1976 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…

Open original source · Full cached text

1976 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan 1976 197 tale Аԥсшәа Alemannisch አማርኛ Aragonés العربية الدارجة مصرى Asturianu Авар Kotava Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български भोजपुरी Banjar বাংলা বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge Gagauz 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego Avañe'ẽ Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Bahasa Indonesia Igbo Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Kabɩyɛ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Къарачай-малкъар Ripoarisch Kurdî Коми Kernowek Latina Lëtzebuergesch Лезги Limburgs Ligure Lombard Lingála Lietuvių Latviešu मैथिली Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Nāhuatl Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial Nouormand Sesotho sa Leboa Occitan Livvinkarjala ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Polski پنجابی Português Runa Simi Română Tarandíne Русский Русиньскый Саха тыла Sicilianu سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Soomaaliga Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça Reo tahiti Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Vahcuengh Zeêuws 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie 1976 ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1971 | 1972 | 1973 | 1974 | 1975 | ◄ 1976 ► | 1977 | 1978 | 1979 | 1980 | 1981 | ► | ► ► Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal Sien ook: Kategorie:1976 Kalenders   Operasie Savannah Gregoriaanse kalender 1976 Ab urbe condita 2729 Armeense kalender 1425 ԹՎ Chinese kalender 4672 – 4673 壬卯 – 癸辰 Ethiopiese kalender 1968 –1969 Hebreeuse kalender 5736 – 5737 Hindoekalenders - Vikram Samvat 2031 – 2032 - Shaka Samvat 1898 – 1899 Irannese kalender 1354 –1355 Islamitiese kalender 1396 –1396 1976 (MCMLXXVI) was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 1976ste jaar van die gangbare jaartelling (Anno Domini), die 976ste jaar van die 2de millennium, die 76ste jaar van die 20ste eeu, en die 7de jaar van die 1970's. Gebeure [wysig | wysig bron] Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se televisiediens begin in Julie uitsaai. Die Mediese Universiteit van Suider-Afrika (MEDUNSA) word naby Pretoria gestig. 21 Januarie – Concorde se kommersiële vlugte word die eerste keer tegelykertyd op twee roetes onderneem. 4-15 Februarie – Die twaalfde Olimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. 21-28 Februarie – Die eerste Paralimpiese Winterspele word in Örnsköldsvik, Swede, aangebied. 27 Februarie – Die Polisario verklaar in Tindouf die onafhanklikheid van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara met Laâyoune as hoofstad. 18 Maart – Die Suid-Afrikaanse Vloot neem sy eerste duikboot, die SAS Maria van Riebeeck, in gebruik. 24 Maart – President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep. 26 Maart – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk stuur die eerste koninklike e-pos. 1 April – Die rekenaarmaatskappy Apple Computer word gestig deur Steve Jobs en Steve Wozniak. 5 April – James Callaghan word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. 18 April - Drie Suid-Afrikaanse toeriste word doodgeskiet op die hoofweg tussen Beitbrug en Fort Victoria in Rhodesië. 9 Mei – Ulrike Meinhof van die terroriste-organisasie "RAF" (Rote Armee Fraktion) word dood aangetref in haar sel in die gevangenis in Stuttgart-Stammheim. 21 Mei – Sewe mense, onder andere die Suid-Afrikaanse popster Gwynneth Ashley-Robin, sterf in 'n ligte vliegtuigongeluk naby Penge, Oos-Transvaal. Ashley-Robin was veral bekend vir haar Maart 1974 treffer, 'Little Jimmy'. 16 Junie – Die Soweto-opstand begin in Suid-Afrika. 22 Junie – Die Kanadese laerhuis skaf die doodstraf af. 26 Junie – Die CN-toring in Toronto, die wêreld se hoogste vrystaande gebou op daardie stadium, word geopen. 29 Junie – Die Republiek van Seychelle word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 2 Julie – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam as Viëtnam. Saigon word na Ho Chi Minh-stad hernoem. 4 Julie – Israeliese valskermsoldate bevry 103 gyselaars wat deur Palestynse vliegtuigkapers in Entebbe, Uganda, aangehou is tydens Operasie Entebbe. 17 Julie-1 Augustus – Die 21ste Olimpiese Somerspele word in Montreal, Kanada, aangebied. 20 Julie – Viking 1 land op Mars, en teken die eerste besoek vanaf die Aarde aan die planeet aan. 3-11 Augustus – Die vyfde Paralimpiese Somerspele word in Toronto, Kanada, aangebied. 21 Desember - By 'n teeplantasie in die Honde-vallei in Rhodesië, word 27 plaaswerkers vermoor deur terroriste. Geboortes [wysig | wysig bron] Onbekend – Saskia de Coster, Vlaamse skryfster. 9 Januarie – Elena en Olesya Nurgalieva, Russiese identiese tweeling maratonatlete wat in die jare 2003 tot 2014 die Comrades-maraton vir vroue totaal oorheers het. 4 Februarie – Yuval Noah Harari Israeliese geskiedkundige en skrywer. 29 Februarie – Chadwick Boseman, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer († 2020). 8 Maart – Freddie Prinze Jr., Amerikaanse akteur. 13 Maart – Danny Masterson, Amerikaanse akteur. 22 Maart – Reese Witherspoon, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 24 Maart – Peyton Manning, Amerikaanse NFL-ster. 1 April − John Elkann, Italiaans-Amerikaanse nyweraar. 13 April – Jonathan Brandis, Amerikaanse akteur († 2003). 16 April – Lukas Haas, Amerikaanse akteur. 20 April – Joey Lawrence, Amerikaanse akteur. 27 April – Sally Hawkins, Engelse aktrise en skryfster. 30 April – Victor J. Glover, Amerikaanse ruimtevaarder. 7 Mei – Ayelet Shaked, Israelse politikus. 30 Mei – Omri Katz, Amerikaanse akteur. 4 Junie – Aleksei Nawalni, Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis († 2024). 3 Julie – Bob Skinstad, Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein. 3 Julie – Fei-Fei Li, Chinees-Amerikaanse rekenaarwetenskaplike bekend vir haar baanbrekerswerk in kunsmatige intelligensie (KI). 15 Julie – Diane Kruger, Duitse aktrise en model. 24 Julie – Chiang Peng-lung, Taiwannese professionele manstafeltennisspeler. 2 Augustus – Lianie May, Afrikaanse ligte sangeres. 6 Augustus – Soleil Moon Frye, Amerikaanse aktrise en skryfster. 15 Augustus – Abiy Ahmed, Ethiopiese politikus en 12de premier van Ethiopië. 24 Augustus – Alex O'Loughlin, Australiese akteur. 27 Augustus – Mark Webber, Australiese Formule Een-renjaer. 3 Oktober – Carl Beukes, Suid-Afrikaanse akteur. 4 Oktober – Alicia Silverstone, Amerikaanse aktrise. 19 Oktober – Pro Legoete, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter. 27 November – Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. 3 Desember – Mark Boucher, Suid-Afrikaanse beroepskrieketspeler. 23 Desember – Kyle Kinane, Amerikaanse akteur, skrywer en vervaardiger. Onbekend – Annanias Mathe, gevonnisde reeksverkragter en gewapende rower van Mosambiek († 2016). Sterftes [wysig | wysig bron] 12 Januarie – Agatha Christie, Britse skryfster (* 1890). 23 Januarie – Paul Robeson, Amerikaanse sanger, akteur, advokaat en aktivis (* 1898). 13 Februarie – Lily Pons, Amerikaanse operasopraan (* 1898). 20 Februarie – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige (* 1886). 24 Maart – Bernard Montgomery, Britse veldmaarskalk (* 1887). 1 April – Max Ernst, Duitse skilder (* 1891). 5 April – Howard Hughes, Amerikaanse lugvaartpionier en filmregisseur (* 1905). 11 Mei – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper (* 1898). 12 Mei – Rudolf Kempe, Duitse dirigent (* 1910). 30 Mei – Mitsuo Fuchida, 'n Japannese kaptein in die Japannese Keiserlike Vlootlugmag (* 1902). 6 Junie – Victor Varconi, Amerikaanse filmakteur (* 1891). 9 Junie − Paul Rodenko, Nederlandse digter, kritikus, essayis en vertaler (* 1920). 8 Junie ? – Allan G.B. Fisher, Nieu-Seelandse ekonoom (* 1895). 9 Junie – Ivan Mitford-Barberton, Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer (* 1896). 16 Junie – Hastings Ndlovu, eerste persoon wat tydens die Soweto-opstand geskiet is (* 1961). 16 Junie – Hector Pieterson en vele ander jeugdiges tydens die Soweto-opstand van 1976 (* 1964). 28 Julie– Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) (* 1903). 5 Augustus – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter (* 1888). 22 Augustus – Juscelino Kubitschek, Brasiliaanse geneeskundige en politikus (* 1902). 9 September – Mao Zedong, Kommunistiese Chinese politikus en partyleier (* 1893). 15 Oktober – Carlo Gambino, berugte Italiaans-Amerikaanse bendeleier en baas van die Gambino-mafia-familie (* 1902). 12 November – Walter Piston, Amerikaanse komponis (* 1894). 18 November – Man Ray, Amerikaanse fotograaf (* 1890). 4 Desember – Benjamin Britten, Engelse komponis, dirigent en pianis (* 1913). 20 Desember – Walter Fitzgerald Engelse akteur (* 1896). Onbekend – Anna Enslin, Afrikaanse skrywer, stadsraadslid en onderburgemeester van Bloemfontein (* 1887). Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=1976&oldid=2851327" Kategorieë: 1976 20ste eeu Die bladsy is laas op 14 November 2025 om 17:58 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek 1976 197 tale Nuwe onderwerp