Taal - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…
Taal - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Definisies Wissel Definisies subafdeling 1.1 Verstandelike vermoë, orgaan of instink 1.2 Formele simbolestelsel 1.3 Gereedskap vir kommunikasie 1.4 Die unieke status van menslike taal 2 Oorsprong 3 Die studie van taal Wissel Die studie van taal subafdeling 3.1 Onderafdelings 3.2 Vroeë geskiedenis 3.3 Kontemporêre taalkunde 4 Fisiologiese en neutrale argitektuur van taal en spraak Wissel Fisiologiese en neutrale argitektuur van taal en spraak subafdeling 4.1 Die verstand en taal 4.2 Anatomie van spraak 5 Struktuur Wissel Struktuur subafdeling 5.1 Semantiek 5.2 Klanke en simbole 5.3 Grammatika 5.3.1 Grammatikale kategorieë 5.3.2 Woordklasse 5.3.3 Morfologie 5.3.4 Sintaksis 5.4 Tipologie en universalia 6 Sosiale konteks van gebruik en oordrag Wissel Sosiale konteks van gebruik en oordrag subafdeling 6.1 Gebruik en betekenis 6.2 Taalverwerwing 6.3 Taal en kultuur 6.4 Skryfkuns, geletterdheid en tegnologie 6.5 Taalverandering 6.6 Taalkontak 7 Linguistieke diversiteit Wissel Linguistieke diversiteit subafdeling 7.1 Tale en dialekte 7.2 Taalfamilies van die Wêreld 7.3 Taalbedreiging 8 Sien ook 9 Aantekeninge 10 Bibliografie 11 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Taal 276 tale Аԥсшәа Acèh Alemannisch Алтай тил አማርኛ Pangcah Aragonés Ænglisc अंगिका العربية ܐܪܡܝܐ الدارجة مصرى অসমীয়া Asturianu Авар अवधी Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Batak Toba Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Betawi Български भोजपुरी Bislama Banjar ပအိုဝ်ႏဘာႏသာႏ Bamanankan বাংলা བོད་ཡིག Brezhoneg Bosanski Batak Mandailing Буряад Català Chavacano de Zamboanga 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano Chamoru ᏣᎳᎩ کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ Чӑвашла Cymraeg Dansk Dagbanli Deutsch Zazaki डोटेली ދިވެހިބަސް ཇོང་ཁ Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Mfantse Fulfulde Suomi Võro Na Vosa Vakaviti Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego گیلکی Avañe'ẽ गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni Bahasa Hulontalo 𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺 ગુજરાતી Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Jaku Iban Bahasa Indonesia Interlingue Igbo Iñupiatun Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Medžuslovjansky Italiano 日本語 Patois La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Taqbaylit Tyap Kongo Kumoring Gĩkũyũ Қазақша ភាសាខ្មែរ ಕನ್ನಡ Yerwa Kanuri 한국어 Перем коми Къарачай-малкъар کٲشُر Ripoarisch Kurdî Коми Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Лакку Лезги Lingua Franca Nova Limburgs Ligure Ladin Lombard Lingála ລາວ Lietuvių Latgaļu Latviešu Madhurâ मैथिली Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Олык марий Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол ꯃꯤꯇꯩ ꯂꯣꯟ मराठी Bahasa Melayu Malti မြန်မာဘာသာ مازِرونی Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाली नेपाल भाषा Li Niha Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Novial ߒߞߏ Nouormand Occitan ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Kapampangan Papiamentu Picard Deitsch पालि Polski Piemontèis پنجابی پښتو Português Pinayuanan Runa Simi Rumantsch Romani čhib Română Armãneashti Русский Русиньскый संस्कृतम् Саха тыла ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ Sardu Sicilianu Scots سنڌي Davvisámegiella Sängö Srpskohrvatski / српскохрватски Taclḥit සිංහල Simple English Slovenčina سرائیکی Slovenščina Gagana Samoa Anarâškielâ ChiShona Soomaaliga Shqip Српски / srpski Sranantongo Sesotho Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski Sakizaya தமிழ் ತುಳು తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Toki pona Tok Pisin Türkçe Seediq Xitsonga Татарча / tatarça Twi ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Tshivenda Vèneto Vepsän kel’ Tiếng Việt Volapük Walon Winaray Wolof 吴语 IsiXhosa მარგალური ייִדיש Yorùbá Vahcuengh Zeêuws ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 IsiZulu Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Teotihuacán</a>, <a rel=\"mw:WikiLink\" href=\"./Meksiko\" title=\"Meksiko\" id=\"mwBA\">Meksiko</a> (ca. 200 n.C.) wat 'n persoon uitbeeld met 'n banderol uit sy mond, wat spraak simboliseer."}'> 'n Muurskildery in Teotihuacán, Meksiko (ca. 200 n.C.) wat 'n persoon uitbeeld met 'n banderol uit sy mond, wat spraak simboliseer. Wigskrif</a> is die eerste bekende vorm van geskrewe taal, maar gesproke taal loop skryfkuns vooruit met ten minste tienduisende jare."}'> Wigskrif is die eerste bekende vorm van geskrewe taal, maar gesproke taal loop skryfkuns vooruit met ten minste tienduisende jare. Twee meisies wat Amerikaanse gebaretaal leer. Braille-skrif verteenwoordig taal in 'n tasbare vorm. Taal is die menslike vermoë vir die aanleer en gebruik van ingewikkelde stelsels van kommunikasie, en 'n taal is enige spesifieke voorbeeld van so 'n stelsel. Die wetenskaplike bestudering van taal word linguistiek of taalkunde genoem. Ramings oor die aantal tale in die wêreld wissel tussen 6 000 en 7 000. Enige akkurate raming steun egter op 'n gedeeltelik arbitrêre onderskeiding tussen tale en dialekte. Natuurlike tale word gepraat of gewys, maar enige taal kan gekodeer word na sekondêre media met behulp van hoorbare of tasbare stimuli, byvoorbeeld skrif, braille of fluit. Dit is moontlik omrede menslike taal modaliteit-onafhanklik is. Met gebruik as algemene konsep, kan "taal" verwys na die kognitiewe vermoë om komplekse kommunikasiestelsels aan te leer en te gebruik, of om die stel reëls wat hierdie stelsels opmaak te beskryf, of die stel uitsprake wat gelewer kan word vanuit die reëls. Alle tale steun op die proses van semiose, om tekens in verband te bring met spesifieke betekenisse. Mondelingse en gebaretale bevat 'n fonologiese stelsel wat beheer hoe simbole gebruik word om reekse bekend as woorde of morfeme te vorm, en 'n sintaktiese stelsel wat weer beheer hoe woorde en morfeme saamgevoeg word om uitdrukkings en sinsdele te vorm. Menslike taal is uniek aangesien dit die eienskappe van produktiwiteit, rekursie en verplasing, besit en omdat dit totaal afhanklik is van sosiale konvensie en aangeleer moet word. Die ingewikkelde struktuur leen homself tot 'n heelwat wyer reeks van moontlike uitdrukkings en gebruike as enige bekende stelsel van dierkommunikasie. Taal, word vermoed, het ontstaan nadat vroeë hominine begin het om geleidelik hulle primaat-kommunikasiestelsels te verander en die vermoë bekom het om 'n teorie te vorm van 'n ander se gedagtes en 'n gedeelde intensionaliteit. Hierdie ontwikkeling, word soms bespiegel, het saamgeval met die vergroting in breinvolume, en heelwat taalkundiges beskou die evolusie van die strukture van taal as spesifiek vir kommunikatiewe en sosiale doeleindes. Taal word op verskeie plekke in die menslike verstand verwerk, maar veral in Broca en Wernicke se sentrum. Mense leer taal van vroeg af aan deur sosiale interaksie in hul kinderjare, en kinders praat gewoonlik al vlot rondom driejarige ouderdom. Die gebruik van taal is diep gewortel in die menslike kultuur. Daarom, bykomend tot sy streng kommunikatiewe gebruike, het taal ook verskeie sosiale en kulturele gebruike, soos die aandui van groepsidentiteit, sosiale stratifikasie asook sosiale versorging en vermaak. Tale ontwikkel en diversifiseer met tyd, en die geskiedenis van hul evolusie kan gerekonstrueer word deur moderne tale te vergelyk om vas te stel watter eienskappe hulle erftale moes besit vir die latere stadiums om te kan voorkom. 'n Groep tale wat afstam van 'n gesamentlike voorganger staan bekend as 'n taalfamilie. Die mees gesproke tale in die wêreld vandag behoort aan die Indo-Europese familie, wat tale insluit soos Engels, Spaans, Portugees, Russies en Hindi; die Sino-Tibettaanse tale, wat Mandaryns, Kantonees en nog heelwat ander insluit; die Afro-Asiatiese familie wat uit Arabies, Amharies, Somalies en Hebreeus bestaan; en die Bantoetale wat Swahili, Zoeloe, Shona en honderde ander tale insluit wat regdeur Afrika gepraat word. Die konsensus is dat tussen 50% en 90% van die tale wat tans gepraat word uitgesterf sal wees teen 2100.[1][2] Definisies [wysig | wysig bron] </span>relarticle mainarticle"}]]}'>Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Taalfilosofie. Die Afrikaanse/Nederlandse woord "taal" stam oorspronklik van die Indo-Europese *"dol-" af wat in Germaans "talō" geword het, wat beide "om te tel" en "vertel" of "spreek" beteken. Die Engelse woord "tale" het sy oorsprong ook van hier af. "Tel/tal" en "taal" deel 'n oorsprong in betekenis hoewel die eersgenoemde verander het om syferwerk te beteken. Die woord "vertel" dui nog op die ou gesamentlike betekenis.[3] Die woord word soms gebruik om te verwys na kodes, geheime skrifte en ander tipes kunsmatig saamgestelde kommunikasiestelsels soos in die gebruik vir rekenaarprogrammering. 'n Taal in hierdie opsig is 'n stelsel van tekens, vir enkodering en dekodering van inligting. Hierdie artikel is spesifiek gemoeid met die eienskappe van natuurlike menslike taal soos dit bestudeer word in die vakgebied taalwetenskappe of taalkunde (linguistiek). As 'n voorwerp van taalkundige studie, het "taal" twee vername betekenisse: 'n abstrakte konsep, en 'n spesifieke taalkundige stelsel, byvoorbeeld "Frans". Die Switserse taalkundige Ferdinand de Saussure, wat die moderne vakgebied van taalkunde gedefinieer het, het eerstens eksplisiet hierdie onderskeiding geformuleer deur gebruik te maak van die Franse woord langage vir taal as 'n konsep, langue as 'n bepaalde instansie van 'n taalstelsel, en parole vir die konkrete gebruik van spraak in 'n bepaalde taal.[4] Wanneer daar van taal gepraat word as 'n algemene konsep kan definisies gebruik word wat die verskillende aspekte van die verskynsel uitlig.[5] Die definisies bring ook verskillende benaderings en begrippe van taal mee, en hulle belig weer verskeie en soms teenstrydige skole van taalkundige teorie.[6] Verstandelike vermoë, orgaan of instink [wysig | wysig bron] Een definisie beskou taal vernaam as die verstandelike vermoë wat mense in staat stel om linguistiese gedrag te onderneem: om tale aan te leer en uitinge te v…