Qortora · Search · Indexed page

af.wikipedia.orgFetched 2026-08-17T14:11:25Z

2006 - Wikipedia

2006 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…

Open original source · Full cached text

2006 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan 2006 215 tale Аԥсшәа Alemannisch አማርኛ Aragonés العربية ܐܪܡܝܐ الدارجة مصرى Asturianu Авар Kotava Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Boarisch Žemaitėška Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български भोजपुरी Banjar বাংলা བོད་ཡིག বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Basa Ugi Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Dolnoserbski ދިވެހިބަސް Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge Gagauz 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego گیلکی Avañe'ẽ Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî Hawaiʻi עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Interlingua Bahasa Indonesia Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 La .lojban. Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Kabɩyɛ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Къарачай-малкъар کٲشُر Ripoarisch Kurdî Коми Kernowek Latina Lëtzebuergesch Лезги Luganda Limburgs Ligure Ladin Lombard Lingála ລາວ Lietuvių Latviešu मैथिली Basa Banyumasan Мокшень Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Эрзянь مازِرونی Nāhuatl Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Nouormand Sesotho sa Leboa Occitan Livvinkarjala ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Pangasinan Kapampangan Papiamentu Deitsch Polski Piemontèis پنجابی Português Runa Simi Română Tarandíne Русский Русиньскый Саха тыла Sardu Sicilianu Scots سنڌي Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ ChiShona Soomaaliga Shqip Српски / srpski Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Toki pona Tok Pisin Türkçe Татарча / tatarça Reo tahiti Тыва дыл Удмурт ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt West-Vlams Volapük Walon Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Vahcuengh Zeêuws ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie 2006 ◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 2001 | 2002 | 2003 | 2004 | 2005 | ◄ 2006 ► | 2007 | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | ► | ► ► Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal Sien ook: Kategorie:2006 Kalenders   Pluto in 2015 Gregoriaanse kalender 2006 Ab urbe condita 2759 Armeense kalender 1455 ԹՎ Chinese kalender 4702 – 4703 壬酉 – 癸戌 Ethiopiese kalender 1998 –1999 Hebreeuse kalender 5766 – 5767 Hindoekalenders - Vikram Samvat 2061 – 2062 - Shaka Samvat 1928 – 1929 Irannese kalender 1384 –1385 Islamitiese kalender 1427 –1427 Die jaar 2006 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 6de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Saddam Hoesein word tereggestel. Gebeure [wysig | wysig bron] 1 Januarie – Masedonië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms. 19 Januarie – Die New Horizons ruimtetuig word lanseer om foto's van Pluto en die Kuiper-gordel te neem. 6 Februarie – Stephen Harper (Konserwatiewe Party) lê die ampseed af as die 22ste Eerste Minister van Kanada. 10-26 Februarie – Die 20ste Olimpiese Winterspele word in Turyn, Italië, aangebied. 10-19 Maart – Die negende Paralimpiese Winterspele word in Turyn, Italië, aangebied. 12 Maart – Suid-Afrika teken op die Wanderers in Johannesburg die wêreldrekord vir die hoogste suksesvolle EDI-lopiejaagtog aan, nadat hulle 438/9 behaal in antwoord op Australië se 434/4. Dié wedstryd word as een van die beste EDIs ooit beskou. 4 Mei – Die Israelse Olmert-kabinet word opgerig. 3 Junie – Montenegro verklaar sy onafhanklikheid van Serwië en Montenegro. 8 Junie – Serwië erken die onafhanklikheid van Montenegro. 9 Junie-9 Julie – Die 18de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Duitsland gespeel, wat deur Italië gewen word. 24 Augustus – Die Internasionale Astronomiese Unie besluit finaal dat Pluto nie aan die nuwe definisie van 'n planeet voldoen nie en nou as 'n dwergplaneet beskou word. 31 Augustus–17 September – Die 5de Vrouerugbywêreldbeker word in Kanada aangebied en deur Nieu-Seeland gewen. 7 Oktober–5 November – Die 5de Kampioenetrofee word in Indië aangebied en deur Australië gewen. 5 November – Die voormalige Irakese diktator, Saddam Hoesein, word ter dood veroordeel om gehang te word, ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom. 11 Desember – Die Dwelmoorlog in Meksiko begin nadat president Felipe Calderón lede van die Meksikaanse polisie en weermag ná die deelstaat Michoacán stuur. Geboortes [wysig | wysig bron] 25 Junie – Mckenna Grace, Amerikaanse aktrise. 28 Junie – Laurel Griggs, Amerikaanse kinderaktrise († 2019). 25 Augustus – Kimi Antonelli, Italiaanse Formule Een-motorrenjaer. 6 September – Prins Hisahito van Akishino, Japannese prins. 5 Oktober – Jacob Tremblay, Kanadese akteur. Sterftes [wysig | wysig bron] 1 Januarie – Haas Schoeman, Springbokflank (* 1940). 18 Januarie – Anton Rupert, Afrikaanse entrepreneur, sakeleier en omgewingsbewaarder (* 1916). 27 Januarie – Chris Heunis, Suid-Afrikaanse regter, politikus, lid van die Nasionale Party (* 1927). 27 Januarie – Johannes Rau, Duitse politikus, president van Duitsland vanaf Julie 1999 tot 2004 (* 1931). 1 Maart – Jack Wild, Britse akteur en sanger (* 1952). 7 Mei – Stella Sigcau, Suid-Afrikaanse politikus van Transkeise herkoms (* 1937). 18 Junie – Vincent Sherman, Amerikaanse filmregisseur (* 1906). 1 Julie – Ryutaro Hashimoto, Japannese oud-premier (* 1937). 4 Julie – Frans Claerhout, Belgiesgebore Suid-Afrikaanse skilder (* 1919). 6 Julie – Ds. Cillié Malan, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk(* 1919). 7 Julie – Syd Barrett, Engelse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die rockgroep Pink Floyd in 1965 gestig het (* 1946). 11 Julie – Barnard Hughes, Amerikaanse akteur (* 1915). 19 Julie – Jack Warden, Amerikaanse akteur (* 1920). 3 Augustus – Elisabeth Schwarzkopf, Duits-Britse sopraan en operasangeres (* 1915). 9 Augustus – James van Allen, Amerikaanse ruimtewetenskaplike (* 1914). 30 Augustus – Glenn Ford, Kanadese akteur (* 1916). 4 September – Steve Irwin, Australiese wildkenner, TV-persoonlikheid en omgewingsbewaarder (* 1962). 9 September – Eghard van der Hoven, Suid-Afrikaanse akteur en hoof van Truk (* 1922). 15 September – Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skryfster (* 1929). 14 Oktober – Klaas Runia, Nederlandse joernalis, dominee en teoloog (* 1926). 21 Oktober – Ronnie Belcher, Afrikaanse digter en lektor (* 1932). 31 Oktober – Pieter Willem Botha, Suid-Afrikaanse politikus, agste Eerste Minister van Suid-Afrika (1978–1984) en sesde Staatspresident van Suid-Afrika (1984–1989) (* 1916). 1 November – Adrienne Shelly, Amerikaanse aktrise (* 1966). 21 November – Pierre Amine Gemayel, Libanese politikus (* 1972). 23 November – Alexander Litvinenko, Russiese voormalige FSB-lid (* 1962). 23 November – Philippe Noiret, Franse akteur (* 1930). 24 November – Hercules von Molendorff, Bolandse rugby- en krieketspeler (* 1941). 6 Desember – Mavis Pugh, Britse aktrise (* 1914). 10 Desember – Augusto Pinochet, Chileense generaal en politikus (* 1915). 15 Desember – Clay Regazzoni, Switserse motorrenjaer (* 1939). 16 Desember – Taliep Petersen, Suid-Afrikaanse sanger, komponis en regisseur (* 1950). 18 Desember – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder (* 1943). 25 Desember – James Brown, Amerikaanse musikant, sanger en liedjieskrywer sanger (* 1933) 26 Desember – Gerald Ford, 38ste President van die Verenigde State (* 1913). 30 Desember – Saddam Hussein, president en diktator van Irak (* 1937). Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=2006&oldid=2912144" Kategorieë: 2006 21ste eeu Die bladsy is laas op 18 Junie 2026 om 08:20 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek 2006 215 tale Nuwe onderwerp