2026 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikerspo…
2026 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan 2026 166 tale Аԥсшәа Alemannisch Aragonés العربية الدارجة مصرى অসমীয়া Asturianu Kotava Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Basa Bali Žemaitėška Batak Toba Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Betawi Български Banjar বাংলা བོད་ཡིག বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki ދިވެހިބަސް Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Nordfriisk Furlan Frysk Gaeilge 贛語 Gàidhlig Galego گیلکی Gaelg Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî עברית Hrvatski Hornjoserbsce Magyar Հայերեն Interlingua Jaku Iban Bahasa Indonesia Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Қазақша ភាសាខ្មែរ 한국어 کٲشُر Kurdî Коми Kernowek Кыргызча Latina Lëtzebuergesch Luganda Limburgs Ligure Lietuvių Latviešu Basa Banyumasan Malagasy Māori Македонски മലയാളം Монгол मराठी Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ مازِرونی Nāhuatl Napulitano Nedersaksies नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Occitan Livvinkarjala Ирон ਪੰਜਾਬੀ Papiamentu Polski پنجابی Português Runa Simi Română Русский Русиньскый Sardu Sicilianu سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Српски / srpski Sunda Svenska Kiswahili Ślůnski தமிழ் ತುಳು తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkmençe Tagalog Tolışi Türkçe Татарча / tatarça Тыва дыл ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt West-Vlams Volapük Winaray 吴语 მარგალური Zeêuws ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Abstract Wikipedia Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie 2026 ◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 2021 | 2022 | 2023 | 2024 | 2025 | ◄ 2026 ► | 2027 | 2028 | 2029 | 2030 | 2031 | ► | ► ► Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal Sien ook: Kategorie:2026 Kalenders Die Irannese opperleier Ali Chamenei is in gekoördineerde Amerikaans-Israeliese lugaanvalle dood Gregoriaanse kalender 2026 Ab urbe condita 2779 Armeense kalender 1475 ԹՎ Chinese kalender 4722 – 4723 壬巳 – 癸午 Ethiopiese kalender 2018 –2019 Hebreeuse kalender 5786 – 5787 Hindoekalenders - Vikram Samvat 2081 – 2082 - Shaka Samvat 1948 – 1949 Irannese kalender 1404 –1405 Islamitiese kalender 1448 –1448 Die jaar 2026 is 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dis is die 26ste jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae. Gebeure [wysig | wysig bron] 1 Januarie – Siprus neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Denemarke oor. 1 Januarie – Bulgarye skakel na die euro oor en word die 21ste land in die Eurosone. 3 Januarie – Die Verenigde State loods lugaanvalle op verskeie plekke in Noord-Venezuela, waartydens die Venezolaanse president Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores gevange geneem en uit die land gevlieg is. 15 Januarie – Wikipedia vier sy 25ste verjaarsdag. 22 Januarie – Die ondertekeningseremonie vir die stigtingshandves van die Vredesraad vind plaas op die kantlyn van die 56ste Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. 6 Februarie – Die 25ste Olimpiese Winterspele begin in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië. 7 Februarie–8 Maart – Die 10de T20I-wêreldbeker word in Indië en Sri Lanka aangebied en deur Indië gewen. 10 Februarie – 'n Massaskietery vind plaas in Tumbler Ridge, Brits-Columbië, Kanada, met 36 totale ongevalle (9 dood en 27 beseer). 20 Februarie – Afsluitingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2026. 23 Februarie – Die Nederlandse Jetten-kabinet word saamgestel. 28 Februarie – Israel en die Verenigde State loods grootskaalse lugaanvalle op Iran wat onder andere tot die dood van die Irannese opperleier Ali Chamenei lei. 4 Maart–13 Maart – Die 14de Paralimpiese Winterspele is in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou. 25 Maart – Sarah Mullally word die eerste vroulike aartsbiskop van Kantelberg en daarmee van die Kerk van Engeland. 25 April – 'n Aanvaller trek skote af naby die hoofsekuriteitsondersoekarea tydens die jaarlikse ete vir Withuiskorrespondente by die Washington Hilton in Washington, D.C., wat deur president Donald Trump, Eerste Dame Melania Trump, Visepresident J.D. Vance en lede van die kabinet bygewoon is. 14 Mei – Hemelvaartsdag. 16 Mei – Die Kakkerlak Volksparty, word in Indië gestig na 'n uitlating van die hoofregter van Indië, Surya Kant waarin hy werklose jeug met "kakkerlakke" en "parasiete van die samelewing" vergelyk het. Binne dae het die beweging honderduisende ondersteuners gekry en aanlyn en vanlyn protesoptogte en gemeenskapsdiensaktiwiteite georganiseer. 10 Junie – Antoni Gaudí is 100 jaar gelede oorlede. 11 Junie–19 Julie – Die 23ste Sokker-Wêreldkampioenskap word in Kanada, Meksiko en die Verenigde State aangebied en deur Spanje gewen. 12 Junie–5 Julie – Die 10de T20I-vrouewêreldbeker word in Engeland aangebied en deur Australië gewen. 1 Julie – Ierland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Siprus oor. 4 Julie – Presies 250 jaar gelede word die Verenigde State van Amerika onafhanklik deur hulle Onafhanklikheidsverklaring. 16 November – Die Afrikaanse Wikipedia vier sy 25ste verjaarsdag. Sterftes [wysig | wysig bron] Januarie tot April [wysig | wysig bron] 18 Januarie – Patsy King, Australiese aktrise (* 1930). 30 Januarie – Diana Ferrus, Afrikaanse digter en skrywer (* 1953). 11 Februarie – James van der Beek, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1977). 15 Februarie – Robert Duvall, Amerikaanse akteur (* 1931). 17 Februarie – Jesse Jackson sr., Amerikaanse burgerregte-aktivis (* 1941). 18 Februarie – Clem Sunter, Suid-Afrikaanse toekomskundige, scenario-beplanner, sakeleier en skrywer (* 1944). 19 Februarie – Eric Dane, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1972). 4 Maart – Mosiuoa Lekota, Suid-Afrikaanse politikus (* 1948). 4 Maart – Soli Philander, Suid-Afrikaanse akteur, komediant, regisseur en televisie-aanbieder (* 1961). 8 Maart – Walid Khalidi, Palestynse historikus (* 1925). 14 Maart – Jürgen Habermas, Duitse filosoof en sosioloog (* 1929). 17 Maart – Ali Larijani, Iranse politikus, militêre offisier en filosoof (* 1958). 19 Maart – Chuck Norris, Amerikaanse akteur en vegkunstenaar (* 1940). 19 Maart – Nicholas Haysom, Suid-Afrikaanse prokureur, anti-apartheidsaktivis en diplomaat (* 1952). 3 April – Ruan Fourie, Afrikaanse digter (* 1994). 7 April – J.C.M.D. du Plessis, Suid-Afrikaanse leksikograaf en akademikus (* 1940). 7 April – Mircea Lucescu, Roemeense sokkerspeler en afrigter (* 1945). 19 April – Jan Wilkens, Suid-Afrikaanse professionele stoeier (* 1942). 27 April – Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse koloratuursopraan (* 1932). 29 April – Craig Venter, Amerikaanse molekulêre bioloog en sakeman (* 1946). Mei tot Augustus [wysig | wysig bron] 8 Mei – Festus Mogae, politikus en derde president van Botswana (1998–2008) (* 1939). 12 Junie – Portchie, Suid-Afrikaanse skilder en entrepreneur (* 1963). 15 Junie – Abdullah Ibrahim, Suid-Afrikaanse pianis en komponis (* 1934). 22 Junie – Alan Greenspan, Amerikaanse ekonoom (* 1926). 24 Junie – Ann Blyth, Amerikaanse aktrise en Oscar-pryswenner (* 1928). 29 Junie – Penelope Keith, Engelse aktrise (* 1940). 7 Julie – Joanna Pettet, Engelse aktrise (* 1942). 8 Julie – Bonnie Tyler, Walliese sanger-liedjieskrywer (* 1951). 8 Julie – Dieter Gerhardt, kommodoor in die Suid-Afrikaanse Vloot en Sowjetspioen (* 1935). 13 Julie – Sam Neill, Nieu-Seelandse akteur (* 1947). 15 Julie – Guy Scott, Zambiese politikus en waarnemende president (* 1944). 16 Julie – Tersia Marshall, Suid-Afrikaanse politikus (* 1980). 22 Julie – Chuck Russell, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1952). 23 Julie – Hope Clarke, Amerikaanse aktrise (* 1941). 24 Julie – Bettina Wyngaard, Suid-Afrikaanse skryfster (* 1971). 24 Julie – Gillian van Houten, Suid-Afrkaanse TV-nuusleser en natuurliefhebber (* 1954). 24 Julie – Gunther von Hagens, Duitse ontleedkundige (* 1945). 5 Augustus – Jean Lodge, Engelse aktrise (* 1927). 8 Augustus – Cass Abrahams, Suid-Afrikaanse Maleiersjef, restaurateur, kookboekskrywer (* 1944). 13 Augustus – Mark Rydell, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1934). 14 Augustus – Jason Arday kontroversiële Britse akademikus en skrywer (* 1985). 16 Augustus – Hayden Panettiere, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1989). Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=2026&oldid=2925821" Kategorieë: 2026 21ste eeu Die bladsy is laas op 17 Augustus 2026 om 12:55 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Legal & safety contacts Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek 2026 166 tale Nuwe onderwerp