Apollo 11 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruik…
Apollo 11 - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Verloop van die sending 2 Feite 3 Trivia 4 Notas Wissel die inhoudsopgawe Apollo 11 104 tale አማርኛ Aragonés العربية অসমীয়া Asturianu Azərbaycanca تۆرکجه Basa Bali Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Български বাংলা Brezhoneg Bosanski Català Cebuano کوردی Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Français Frysk Gaeilge Galego ગુજરાતી Gaelg Hausa עברית हिन्दी Hrvatski Magyar Հայերեն Bahasa Indonesia Ido Íslenska Italiano 日本語 Jawa ქართული Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 کٲشُر Kurdî Latina Lombard Lietuvių Latviešu Malagasy Minangkabau Македонски മലയാളം मराठी Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Occitan ଓଡ଼ିଆ Polski Piemontèis پنجابی پښتو Português Română Русский Саха тыла Srpskohrvatski / српскохрватски සිංහල Simple English Slovenčina Slovenščina Anarâškielâ Shqip Српски / srpski Seeltersk Svenska Kiswahili தமிழ் ไทย Tagalog Türkçe Xitsonga Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt Winaray 吴语 ייִדיש 粵語 中文 Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Apollo 11 Sendingwapen met uitgestrekte vlerke en 'n olyftakkie<br />op die maan met die aarde in die agtergrond.<br />Die omranding is in blou en goudkleur"}},"i":0}}]}'>Die Apollo 11-wapen bevat 'n arend, met uitgestrekte vlerke en 'n olyftakkie op die maan met die aarde in die agtergrond. Die omranding is in blou en goudkleur Sendingstatistiek Sendingnaam: Apollo 11 Roepteken: Beheermodule: Columbia Maanmodule: Eagle Bemanningslede: 3 Lansering: 16 Julie 1969 om 13:32:00 UTC Kennedy-ruimtesentrum LC 39A Maanlanding: 20 Julie 1969 om 20:17:40 UTC 0.67°N 23.47°O Sea of Tranquility Maanuitstappies: 2 uur 31 min 40 sek Tyd op die maan: 21 uur 30 min Aardlanding: 24 Julie 1969 16:50:35 UTC Noordelike Stille Oseaan 13°19′N 169°9′W / 13.317°N 169.150°W / 13.317; -169.150 (Apollo 11 splashdown) Tydsduur: 8 dae, 3 ure 18,5 minute Die bemanning van Apollo 11, Armstrong, Collins en Aldrin. Apollo 11 was die Amerikaanse ruimtesending waarmee die eerste mense op die maan, die Amerikaners Neil Armstrong en Buzz Aldrin, geland het op 20 Julie 1969 om 20:17:40 UTC. Armstrong was die eerste mens om op die maanoppervlak te loop, ses uur later op 21 Julie 02:56 UTC. Armstrong het ongeveer twee en 'n half ure buite die ruimtetuig vertoef en Aldrin effens minder, en saam het hulle 21,5 kg (47,5 pond) se maanmateriaal ingesamel om terug te neem na die aarde. Die derde lid van die sending, Michael Collins, het alleen in die beheermodule van die ruimtetuig in 'n wentelbaan om die maan gevlieg, totdat Armstrong en Aldrin later na hom teruggekeer het vir hul reis terug na die Aarde. Verloop van die sending [wysig | wysig bron] Die Apollo-ruimtetuig is op 16 Julie 1969 deur 'n Saturn V-vuurpyl vanaf Kennedy-ruimtesentrum op Merritt-eiland, Florida gelanseer. Apollo 11 was die vyfde bemande sending van NASA se Apollo-program. Die Apollo-ruimtetuig het drie dele gehad: 'n bevelmodule met 'n kajuit vir die drie ruimtevaarders, en die enigste deel wat terug op die aarde geland het; 'n diensmodule, wat die bevelmodule van aandrywing, elektriese krag, suurstof en water voorsien; en 'n maanmodule vir die landing op die maan. Nadat dit na die maan gestuur is deur die Saturn V se boonste stadium het die ruimtevaarders die ruimtetuig geskei daarvan en vir drie dae gereis totdat hulle in 'n wentelbaan om die maan geplaas is. Armstrong en Aldrin het hulself toe verskuif na die maanmodule en in die Mare Tranquillitatis geland. Hulle het vir ongeveer 21½ uur op die maanoppervlak vertoef. Na die opstyg van die boonste deel van die maanmodule en herkoppeling met Collins in die bevelmodule, het hulle teruggekeer na die aarde en op 24 Julie 1969 in die Stille Oseaan neergeplons. Die bemanning is deur die vliegdekskip USS Hornet opgepik. Feite [wysig | wysig bron] Gelanseer: 16 Julie 1969 vanaf Kennedy platform 39A. Terugkeer: 24 Julie 1969. Bemanningslede: Neil Armstrong, bevelvoerder; Michael Collins, beheermodule-vlieënier; Buzz Aldrin, maanmodule-vlieënier. Bevelmodule: Columbia. Maanmodule: Eagle. Beoogde maanlandingsarea: Mare Tranquillitatis. Voorafgegaan deur: Apollo 10 Apollo-program Gevolg deur: Apollo 12 Trivia [wysig | wysig bron] Pratley Putty is gebruik om sekere dele van die Eagle-maanlandingstuig van die Apollo 11-sending aan mekaar te hou. Notas [wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. Hierdie lugvaartartikel is 'n saadjie. U kan die Afrikaanse Wikipedia help deur dit uit te brei. l b w Apollo-program Lys van sendings Lys van Apollo ruimtemanne Lanseerkompleks Lanseerkompleks 34 Lanseerkompleks 37 Lanseerkompleks 39 Grondfasiliteite Sendingbeheersentrum Kaap Kennedy-lugmagstasie Kruipvervoerder Kennedy-ruimtesentrum Lanseertuie Little Joe II Saturn I Saturn IB Saturn V Ruimtetuie en karretjie Apollo-ruimtetuig Beheer en diensmodule Maanmodule Maankarretjie Vlugte Onbeman AS-101 AS-102 AS-201 AS-202 Apollo 4 Apollo 5 Apollo 6† Beman Apollo 1† Apollo 7 Apollo 8 Apollo 9 Apollo 10 Apollo 11 Apollo 12 Apollo 13† Apollo 14 Apollo 15 Apollo 16 Apollo 17 Saturn- ontwikkeling Saturn-Apollo 1 SA-2 SA-3 SA-4 SA-5 AS-203 Apollo 4 Apollo 6† Aborteertoetse QTV Pad Abort Test-1 A-001 A-002 A-003 Pad Abort Test-2 A-004 Pegasusvlugte AS-103 AS-104 AS-105 Apollo 8 spesifiek Aardopkoms Lees Genesis Apollo 11 spesifiek Beheermodule ''Columbia'' Maanmodule ''Eagle'' Tranquility Base Anniversaries Apollo 12 spesifiek Statio Cognitum Surveyor 3 Bench Crater meteorite J002E3 Maanmuseum Apollo 13 spesifiek "Houston, we have a problem" Apollo 14 spesifiek Modular Equipment Transporter Fra Mauro formation Big Bertha Moon tree Apollo 15 spesifiek Journey Lunar operations Solo operations Return to Earth Hadley–Apennine Fallen Astronaut Genesis Rock Great Scott Hadley Rille meteorite Seatbelt basalt Postal covers incident Apollo 16 spesifiek Big Muley Apollo 17 spesifiek The Blue Marble Taurus–Littrow Tracy's Rock Nansen-Apollo crater Shorty crater Lunar sample display Lunar basalt 70017 Troctolite 76535 Apollo Lunar Sounder Experiment Fe, Fi, Fo, Fum, and Phooey Post-Apollo kapsule gebruik Skylab 2 3 4 Apollo–Soyuz Simbool † dui mislukking of gedeeltelike mislukking aan Normdata Internasionaal ISNI VIAF Nasionaal Duitsland Apollo 11 (Spacecraft)</span>"}]]}'>Verenigde State Frankryk BnF-data Israel Ander SNAC Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Apollo_11&oldid=2833321" Kategorie: Apollo-program Die bladsy is laas op 25 Augustus 2025 om 19:58 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe Apollo 11 104 tale Nuwe onderwerp